Gaan na inhoud

Astrologie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Addbot (besprekings | bydraes) op 01:26, 9 Maart 2013 (Verplasing van 94 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q34362)
’n Handgetekende horoskoop.

Astrologie of sterrewiggelary is ’n versamelnaam vir idees oor die verband tussen die lot van mense en gebeurtenisse op aarde en die stand van die hemelliggame. Die naam "astrologie" is afgelei van die Griekse αστρολογια, "astrologia", ’n samestelling van άστρον (astron, ster of sterrebeeld) en λογος (logos, wat onder meer teorie beteken). Dit gaan veral om die samehang tussen die beweging van die son, maan en planete, wat in die oudheid ook as sterre beskou is.

Die beweging van ligpunte soos die son, maan, planete en sterre aan die hemelruim het mense nog altyd betower. Die mens het reëlmaat in hierdie bewegings ontdek en probeer om dit te beskryf, waardeur nie net die ligpunte name gekry het nie, maar ook skynbare samestellings daarvan – die sterrebeelde en sterretekens. Naas die beskrywing van die hemelliggame en hul bewegings, die astronomie, het mense in Babilonië en later ook Egipte, Sjina en ander plekke betekenis aan hul posisies aan die hemelruim toegeken om byvoorbeeld die toekoms van die staat, die grootte van die oes, die styging van die Nyl of die lot van ’n heerser te voorspel. So het die astrologie ontstaan.

Die bekendste element van die astrologie is die geboortehoroskoop. Van die posisie van die son in die diereriem en van die planete tydens iemand se geboorte word sy karaktertrekke en toekoms afgelei. Die meeste wetenskaplikes beskou astrologie as ’n skynwetenskap of bygeloof.

Sien ook

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]


Verdere leesstof

  • Richard Tarnas. Cosmos and Psyche: Intimations of a New World View, Viking, New York, 2006
  • Arthur Dione. Jungian Birth charts
  • William Lilly. Christian Astrology, Book I, II, III, Astrology Classics (2004)
  • Dane Rudhyar. The Astrology of Personality: A Reformulation of Astrological Concepts and Ideals, in Terms of Contemporary Psychology and Philosophy, Lucis Publishing, New York, 1936
  • Drs. Karen Hamaker-Zondag. De astrologische duiding uitgeverij Schors, Amsterdam, 1979

Eksterne skakels