Gaan na inhoud

Meksikostad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Meksikostad, Federale Distrik
Ciudad de México, Distrito Federal

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Meksiko Meksiko
 Deelstaat Distrito Federal
 Koördinate 19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W / 19.433; -99.133
 Stigting van México-Tenochtitlan 13 Maart 1325[1]
 Stigting van Meksikostad 13 Augustus 1521[2]
 Stigting van die Federale Distrik 18 November 1824[3]
 Oppervlakte:  
 - Totaal 1 485 vk km[4]
 Hoogte bo seevlak 2 240-3 930 m[5]
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 8 851 080
 - Bevolkingsdigtheid 5 862/vk km
 - Metropolitaanse gebied 21 200 000
 Tydsone CST (UTC -6)
 Somertyd CDT (UTC -5)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 13 / 19,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 832 mm
 Burgemeester Miguel Ángel Mancera
 Amptelike Webwerf df.gob.mx
Kaart van die Texcocomeer in 1519 in die vallei van Meksiko op die gebied van die huidige Meksikostad.
Kaart van die metropolitaanse gebied van Meksikostad. 'n groot deel van die stadsgebied is geleë in die deelstaat México.
Satellietbeeld van Meksikostad.
Lêer:MexicoCity1.JPG
Rookmis in Meksikostad, veroorsaak deur die stad se ligging in die vallei van Meksiko met hoë bergreekse in die weste, suide en ooste.
Die Onafhanklikheidsengel (El Ángel de la Independencia) op die Paseo de la Reforma.

Meksikostad of Mexikostad (Spaans: Ciudad de México [sjuˈðað ðe ˈmexiko], ook bekend as México D.F. of kort D.F.), amptelik Meksikostad, Federale Distrik (Ciudad de México, Distrito Federal), is die hoofstad en grootste stad van Meksiko, wat nie deel uitmaak van een van die 31 Meksikaanse deelstate nie, maar in die Federale Distrik geleë is. Die stad is die setel van die federale magte van Meksiko[6] en dié land se belangrikste politiese, kulturele, opvoedkundige en finansiële sentrum. Die bynaam is La Ciudad de los Palacios (“die stad van paleise”), soos genoem deur die Duitse natuurvorser Alexander von Humboldt, wat die stad in die 19de eeu besoek het.

As 'n alfa-wêreldstad[7] is Meksikostad een van Noord-Amerika se belangrikste finansiële sentrums.[8] Dit is geleë in die vallei van Meksiko (Valle de México), 'n groot vallei in die hoë plato by die sentrum van Meksiko, op 'n hoogte van 2240 meter bo seevlak. Die stad bestaan ​​uit 16 stadsdele (delegaciones).

Die stad het in 2012 'n bevolking van 8 851 080 en sowat 21 200 000 in die metropolitaanse gebied gehad en het 'n oppervlakte van 1 485 km².[9] Meksikostad is aldus die vyfde grootste agglomerasie ter wêreld, die grootste metropolitaanse gebied in die westelike halfrond en die grootste Spaanssprekende stad ter wêreld.[10]

Die metropolitaanse gebied het 'n bruto binnelandse produk (BBP) van 390 miljard VSA-dollar in 2008 gehad en is dus die agtste rykste metropolitaanse gebied ter wêreld.[11] Die stad is verantwoordelik vir die opwekking van 21% van Meksiko se bruto binnelandse produk en die metropolitaanse gebied is verantwoordelik vir 34% van die totale bruto nasionale produk (BNP) van die land.[12]

México-Tenochtitlan is op 13 Maart 1325 deur Asteke onder Ténoch gestig en het sedertdien as die hoofstad van die Asteekse Ryk gedien. Die huidige stad is op 13 Augustus 1521 deur Spanjaarde onder Hernán Cortés op die ruïnes van Tenochtitlan as México Tenochtitlán, sedert 1585 La Ciudad de México (Meksikostad), gestig. Vanaf 1521 tot 1821 het Meksikostad as hoofstad van die Vise-Koninkryk Nieu-Spanje gedien en was een van die belangrikste politiese, administratiewe en finansiële sentrums van die Spaanse Ryk.[13] Die stad is sedert 1821 die hoofstad van Meksiko en die Federale Distrik (Distrito Federal) is ná die Meksikaanse Onafhanklikheid van 1821 op 18 November 1824 gestig.

Ná jare se eise vir groter politieke selfbeskikking, is inwoners die reg gegee om die regeringshoof en die verteenwoordigers van die eenkamerparlement deur 'n burgerstemming in 1997 direk te verkies. Sedertdien het die linkse Party van die Demokratiese Rewolusie (PRD) beide beheers.[14] In onlangse jare het die plaaslike regering 'n rits van liberale beleid ingevoer, soos aborsie-op-aanvraag, 'n beperkte vorm van genadedood, egskeidings en selfdegeslaghuwelike.

Die historiese stadsentrum en die watertuine van Xochimilco is in 1987 en die sentrale kampus van die Nasionale Outonome Universiteit van Meksiko in 2007 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Zócalo (Plein van die Grondwet) met die Katedraal van Meksikostad, die Nasionale Paleis en die regeringsgeboue van die Distrito Federal (Stadsregering).

Verwysings

  1. (es) "Secretaría de Relaciones Exteriores – México". Sre.gob.mx. Besoek op 23 Januarie 2014.
  2. (es) "De la Colonia / 13 agosto de 1521: rendición de México-Tenochtitlan". Redescolar.ilce.edu.mx. Besoek op 23 Januarie 2014.
  3. (es) "Conmemora la SecretarĂ­a de Cultura el 185 Aniversario del Decreto de CreaciĂłn del Distrito Federal". Cultura.df.gob.mx. Besoek op 23 Januarie 2014. {{cite web}}: soft hyphen character in |title= at position 23 (hulp)
  4. (es) "Resumen". Cuentame INEGI. Besoek op 23 Januarie 2014.
  5. (es) "Relieve". Cuentame INEGI. Besoek op 23 Januarie 2014.
  6. (es) "Artículo 44" (PDF). Constitución Política de los Estados Unidos Mexicanos. Besoek op 23 Januarie 2014.
  7. (en) Foreign Policy (2008). "The 2008 Global Cities Index". Besoek op 23 Januarie 2014. {{cite web}}: |author= has generic name (hulp)
  8. (en) "WFE – Member Exchanges". World-exchanges.org. 8 April 2003. Besoek op 23 Januarie 2014.
  9. (en) Brian W. Blouet, Olwyn M. Blouet. OECD Reviews of Regional Innovation OECD Reviews of Regional Innovation: 15 Mexican States 2009. OECD Publishing, 2009. bl. 418 (bl. 299). ISBN 978-92-64-06012-8.
  10. (en) Verenigde Nasies (2007). "World Urbanization Prospects". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2007. Besoek op 23 Januarie 2014.
  11. (en) PricewaterhouseCoopers (11 Februarie 2009). "Emerging market city economies set to rise rapidly in global GDP rankings says PricewaterhouseCoopers LLP". UK Media Centre. Besoek op 23 Januarie 2014.
  12. (en) "Mexico City GDP as compared with national GDP". Besoek op 23 Januarie 2014.
  13. (en) Verenigde Nasies. "Mexico City, Mexico". Besoek op 23 Januarie 2014.
  14. (en) Daniel C. Schechter, Josephine Quintero. Lonely Planet Mexico City, City Guide [With Pullout Map]. Third Edition. Lonely Planet, 2008. bl. 288 (bl. 20-21). ISBN 978-1-74059-182-9.

Eksterne skakels

Sjabloon:Link FA Sjabloon:Link GA Sjabloon:Link GA