Gaan na inhoud

Koeweit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur InternetArchiveBot (besprekings | bydraes) op 00:08, 20 Desember 2021 (Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8.5)
Staat Koeweit
Vlag van Koeweit Embleem van Koeweit
Vlag Embleem
Volkslied: النشيد الوطني
Al-Nasheed Al-Watani
Ligging van Koeweit
Hoofstad Koeweitstad

29°22′N 47°58′O / 29.367°N 47.967°O / 29.367; 47.967

Grootste stad Koeweitstad
Amptelike tale Arabies[1]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Nawaf al-Sabah
Sabah al-Sabah
Onafhanklikheid
Vorming
• Onafhanklikheid van die
Emiraat Al Hasa
• Anglo-Ottomaanse ooreenkoms
• Einde van verdrae
met die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet



1752
1913

19 Junie 1961
11 November 1962
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
17 818 km2  (152ste)
6 880 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2005-sensus
 - Digtheid
 
4 420 110[2] (127ste)
2 213 403[3]
200,2 / km2 (61ste)
518,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$312,100 miljard[4] (58ste)
$66 387[4] (5de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$137,591 miljard[4] (55ste)
$29 267[4] (8ste)

MOI (2018) 0,808[5] (57ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Dinar (KWD)
Tydsone
 - Somertyd
AST / KSA (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .kw
Skakelkode +965

Koeweit (Arabies: الكويت, al-Kuwait, [ɪl‿ɪkweːt] of [lɪkweːt]), amptelik die Staat Koeweit (دولة الكويت, Dawlat al-Kuwait, ), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is aan die spits van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) net suid van die Sjatt al-Arab (saamvloei van beide die Eufraat en Tigrisrivier) se monding, geleë. Dit lê noordoos van Saoedi-Arabië, suidoos van Irak en suidwes van Iran. Koeweit beslaan 'n oppervlakte van 17 818 km² en het 'n bevolking van 4 621 638 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Koeweitstad, met die Al Hamra-toring. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Koeweit beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 69% van die land se bevolking vorm.[6]

Nasa-Satellietbeeld van Koeweit
Kaart van Koeweit

In 1938 is ruoliereserwes in kommersiële hoeveelhede ontdek. Vanaf 1946 tot 1982 het die land 'n grootskaalse opknapping ondergaan. In die 1980's het Koeweit 'n tydperk van geopolitieke instabiliteit en ekonomiese krisis as gevolg van die ineenstorting van die aandelemark beleef. In 1990 is Koeweit deur sy buurland Irak onder Saddam Hoesein binnegeval en toe geannekseer. Die Irakse besetting is in 1991 deur 'n militêre koalisie onder leiding van die Verenigde State tydens die Golfoorlog beëindig. Koeweit is 'n belangrike nie-NAVO bondgenoot van die Verenigde State.[7] Dit is ook 'n vername bondgenoot van ASEAN en handhaaf ook sterk bande met die Volksrepubliek China.[8][9] Koeweit is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande.

Koeweit is 'n grondwetlike monargie met 'n semi-demokratiese politieke stelsel. Die land beskik oor 'n hoë-inkomste ekonomie, geborg deur die wêreld se sesde grootste ruoliereserwes. Die Koeweitse dinar is die geldeenheid met die hoogste waarde wêreldwyd.[10] Volgens die Wêreldbank het die land die vierde hoogste inkomste per capita. Die grondwet is in 1962 afgekondig.[11][12][13] Kuwait Airways is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Koeweit Internasionale Lughawe in Koeweitstad.

Verwysings

  1. (en) "Kuwait's Constitution of 1962, Reinstated in 1992" (PDF). Constitute Project. Besoek op 1 Oktober 2020.
  2. (en) "Nationality by Religion in Kuwait 2018". Statistic PACI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2014. Besoek op 1 Oktober 2020.
  3. (en) "Population of Kuwait". Kuwait Government Online. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2015. Besoek op 9 Augustus 2014.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Kuwait". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 1 Oktober 2020.
  5. (en) "2019 Human Development Index Ranking". United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 1 Oktober 2020.
  6. (en) "Kuwait". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 1 Oktober 2020.
  7. (en) Associated Press. "U.S. tightens military relationship with Kuwait". nl.newsbank.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2018. Besoek op 1 Oktober 2020.
  8. (en) Times, Global. "KUNA : Kuwait calls for stronger GCC-ASEAN partnership – Politics – 28/09/2017". www.kuna.net.kw. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2020.
  9. (en) "China and Kuwait agree to establish strategic partnership". GBTIMES. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019.
  10. (en) "10 Most Valuable Currencies in the World". Silicon India. 21 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2020.
  11. (en) Ibrahim Ahmed Elbadawi, Atif Abdallah Kubursi. "Kuwaiti Democracy: Illusive or Resilient?" (PDF). American University of Beirut. p. 7. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Oktober 2017. Besoek op 12 Maart 2016.{{cite web}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  12. (en) "Kuwait". Reporters without Borders. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 12 Maart 2016.
  13. (en) "Kuwait's Democracy Faces Turbulence". Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 12 Maart 2016.

Bronnelys

Eksterne skakels