Gaan na inhoud

Abuja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Abuja in Nigerië

Abuja is sedert 1991 die hoofstad van die Wes-Afrika-land Nigerië toe dit Lagos vervang het. Dit is geleë in die Federale Hoofstadgebied en in 1976 beplan om die druk op die infrastruktuur van die indertydse hoofstad te verlig. Die stad is gebou in die geografiese middelpunt van die land. In die dekade ná 1980 het regeringskantore hierheen begin verskuif uit Lagos. Die Federale Hoofstadgebied se inwonertal volgens die sensus van 2006 was 778 567.