Gaan na inhoud

Angel-val

Koördinate: 05°58′02″N 62°31′48″W / 5.96722°N 62.53000°W / 5.96722; -62.53000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Angel-val
Angel-val

Die Angel-val[1] of Angel Falls (en) [2] (Spaans: Salto Ángel, soms met die inheemse naam Kerepakupai merú aangedui) is die hoogste vryvallende waterval ter wêreld. Die waterval is 979 meter hoog en is in die suidooste van Venezuela geleë. Dit is na die "ontdekker" daarvan, Jimmie Angel, genoem.

Die waterval is in 'n naamlose sytak van die Caroní-rivier in die Canaima Nasionale Park in Venezuela geleë. In die omgewing is hooggeleë rotsplato's (wat plaaslik tepui's genoem word) met 'n besonder kenmerkende fauna en flora. Die baie reën wat in hierdie tropiese gebied val vloei deur verskeie ondergrondse grotte na die kant van die plato.

Hoewel die val al in die 20ste eeu deur die verkenner Ernesto de Santa Cruz gesien is, word die amptelike ontdekking daarvan in die Westerse Wêreld aan die Amerikaanse avonturier-vlieënier Angel toegeskryf, wat met sy vliegtuig na goud opsoek was, en 'n noodlanding daar naby moes maak. Angel is in 1899 in Springfield in Missouri gebore.

Die hoogte van die waterval is in 1949 deur 'n ekspedisie van die National Geographic Society vasgestel. Hieroor skryf Ruth Robinson die artikel Jungle Journey to the World's Highest Waterfall.

In die boek Angels Four beskryf David Mott die eerste suksesvolle bestyging van Auyan-tepui (Duiwelsberg) na die bokant van die waterval. Die waterval is Venezuela se bekendste toeriste-aantreklikheid.

Sien ook

Verwysings

  1. Geografiese name is dikwels misleidend, Volksblad, 11 Januarie 2008
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

05°58′02″N 62°31′48″W / 5.96722°N 62.53000°W / 5.96722; -62.53000