Gaan na inhoud

Suid-Korea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Korea
대한민국 / 大韓民國 (Koreaans)
Daehanminguk
Vlag van Suid-Korea Wapen van Suid-Korea
Vlag Wapen
Nasionale leuse: 홍익인간/弘益人間[1]
(Koreaans vir: "Bring voordeel vir die mensdom")
Volkslied: Aegukga
애국가
(Koreaans vir: "Die Patriotiese Lied")
Ligging van Suid-Korea
Hoofstad Seoel

37°33′N 126°58′O / 37.550°N 126.967°O / 37.550; 126.967

Grootste stad Seoel
Amptelike tale Koreaans en gebaretaal[2]
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Yoon Suk-yeol
Han Duck-soo
Onafhanklikheid
Vorming
• Gojoseon (mitologies)
Drie Koninkryke
• Balhae- en Silla-koninkryke
• Goryeo-dinastie
• Joseon-dinastie
• Keiserryk
• Japannese anneksasie
• Onafhanklikheidsverklaring
• Japannese oorgawe
• Amerikaanse administrasie
• Eerste republiek
• Huidige grondwet


2333 v.C.
57 v.C.
668
918
17 Julie 1392
12 Oktober 1897
22 Augustus 1910
1 Maart 1919
2 September 1945
8 September 1945
15 Augustus 1948
25 Februarie 1988
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
99 720[3] km2  (109de)
38 502 myl2
2,7 (2015)[4]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
52 081 799[3] (28ste)
48 580 000
522,3 / km2 (15de)
1 352,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$3 058 miljard[5] (14de)
$59 330[5] (28ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1 761 miljard[5] (14de)
$34 165[5] (33ste)

MOI (2022) 0,929[6] (19de)  –  baie hoog
Gini (2016) 31,4[7](93ste) –  medium
Geldeenheid Won (simbool: ) (KRW)
Tydsone
 - Somertyd
KST (UTC+9)
nie toegepas nie (UTC+9)
Internet-TLD .kr, .한국
Skakelkode +82

Suid-Korea (Koreaans: 한국, Hanja: 韓國, Hanguk), amptelik die Republiek Korea (Koreaans: 대한민국, Hanja: 大韓民國, Daehanminguk, , letterlik: "Groot Han-Republiek" of "Groot Koreaanse Republiek"), is 'n grondwetlike republiek in Oos-Asië wat die suidelike helfte van die Koreaanse Skiereiland en eilande langs die kus beslaan. Jeju, die grootste eiland, is ongeveer 82 km suid van die vasteland geleë.

Seoel, Suid-Korea se hoofstad en grootste stad
Nasa-Satellietbeeld van Suid-Korea
Korea staan tradisioneel as die "Land van die Oggendstilte" bekend
Lotte World Tower in Seoel in Augustus 2015 – een van die wêreld se hoogste wolkekrabbers

Die land word in die noorde begrens deur die Demokratiese Volksrepubliek Korea (Noord-Korea), in die ooste deur die See van Japan (wat in Suid-Korea egter Oossee genoem word), die Oos-Chinese See in die suide en die Geelsee in die weste. Die land word in die suidooste deur die Straat van Korea van die Japannese eiland Tsushima geskei. Die Volksrepubliek China is oorkant die Geelsee geleë.

Die hoofstad en grootste metropolitaanse gebied is Seoel aan die Hanrivier waar byna die helfte van die Suid-Koreaanse bevolking saamgetrek is. Seoel is die ekonomiese spilpunt van dié land en het sentraal gestaan in die sogenoemde "Wonder aan die Hanrivier", die vinnige industrialisering en verstedeliking van Suid-Korea ná die Korea-oorlog (1950–1953) wat van die republiek – oorspronklik 'n arm agrariese samelewing – binne enkele dekades een van die vernaamste en tegnologies gevorderdste nywerheidslande ter wêreld gemaak het.[8] Multinasionale ondernemings en konglomerate soos Samsung, LG, Hyundai en Kia het tot globale rolspelers ontwikkel.

Suid-Korea het, net soos sy buurland Japan, 'n etnies uiters homogene bevolking van meer as 51 miljoen. Koreane se nasionale identiteit en selfbeskouing as lotgemeenskap spruit voort uit hierdie eendersheid en 'n geskiedenis as onafhanklike nasie wat tot in die 7de eeu n.C. terugstrek. So word die politieke verdeling van Korea ná die Tweede Wêreldoorlog volgens 'n ooreenkoms tussen die Verenigde State en die Sowjetunie steeds as 'n traumatiese en smartvolle gebeurtenis ervaar. Die stigting van Suid-Korea in 1948 is voorafgegaan deur die Japannese besetting van Korea vanaf 1910.

Nadat die kommunistiese Noord-Korea op 25 Junie 1950 die suide binnegeval het, het die Korea-oorlog as internasionale konflik, waarby ook Suid-Afrika militêr betrokke was, drie jaar lank op die skiereiland gewoed. Die oorlogshandelinge is in 1953 met 'n wapenstilstandsooreenkoms beëindig waarvolgens Noord- en Suid-Korea deur 'n gedemilitariseerde sone met 'n wydte van vier kilometer van mekaar geskei word. Dié sone, wat oor 'n afstand van 240 km loop en ongeveer die 38ste noordelike breedtegraad vanaf die monding van die Hanrivier aan die weskus van die Koreaanse Skiereiland tot 'n punt aan die ooskus, net suid van die Noord-Koreaanse nedersetting Kosŏng, volg, kom grootliks ooreen met die wapenstilstandslyn van 1953. Sedert republiekwording het Suid-Korea vyf groot grondwetlike veranderinge ondergaan wat dié land van outokrasieë en militêre diktature tot 'n volwaardige veelpartydemokrasie gelei het.

Etimologie

[wysig | wysig bron]
Die naam Korea is ontleen aan die verkorte vorm van Goguryeo: Goryeo (Koryŏ)

Die naam Korea is 'n eksoniem, hoewel dit ontleen is aan die naam van 'n historiese koninkryk, Goryeo (hersiene romanisering) of Koryŏ (McCune-Reischauer-transkripsie). Goryeo is die verkorte naam wat deur Goguryeo in die vyfde eeu amptelik in gebruik geneem is[9][10][11] en die naam van sy 10de-eeuse opvolgerstaat Goryeo.[12][13] Besoekende Arabiese en Persiese handelaars het die naam uitgespreek as "Korea".[14] Die moderne naam Korea het in 1568 vir die eerste keer verskyn op die eerste Portugese kaart deur João vaz Dourado as Conrai[15] en later in die laat 16de eeu en vroeë 17de eeu as Korea (Corea) op die kaarte deur Teixeira Albernaz in 1630.[16]

Die Koninkryk Goryeo het vir die eerste keer aan westerlinge bekend geword, toe Afonso de Albuquerque in 1511 Malacca verower en die mense beskryf het wat met dié wêrelddeel handel gedryf het, wat deur die Portugese die Gores genoem is.[17] Ondanks die naasbestaan van die spellings Corea en Korea in 19de-eeuse publikasies meen sommige Koreane, dat die Japannese Keiserryk tydens die Japannese besetting doelbewus die spelling na Korea gestandaardiseer het, waarvolgens Japan in die alfabet eerste verskyn.[18][19]

Nadat Goryeo in 1392 deur Joseon vervang is, het Joseon die amptelike naam vir die hele gebied geword, hoewel dit nie algemeen aanvaar is nie. Die nuwe amptelike naam het sy oorsprong in die antieke koninkryk Gojoseon (2333 v.C.). In 1897 het die Joseon-dinastie die land se amptelike naam verander van Joseon na Daehan Jeguk (Koreaanse Keiserryk). Die naam Daehan ("Groot Han") is afgelei van Samhan ("Drie Han") en verwys na die Drie koninkryke van Korea, maar nie na die antieke konfederasie in die Suidelike Koreaanse Skiereiland nie.[20][21] Hoewel dit nie meer die amptelike naam was nie, is die naam Joseon egter steeds gebruik deur die meeste Koreane om na hul land te verwys. Tydens die Japannese heerskap is die twee name Han en Joseon langs mekaar gebruik.

Ná die oorgawe deur Japan in 1945 is Republiek Korea (Koreaans: 대한민국/大韓民國, Daehan Minguk, ) goedgekeur as die amptelike Afrikaanse naam vir die nuwe land. Dit is egter nie 'n regstreekse vertaling van die Koreaanse naam nie.[22] Vervolgens word soms die Koreaanse naam "Daehan Minguk" deur Suid-Koreane as 'n metoniem gebruik om na die Koreaanse etniese groep (of "ras") in sy geheel te verwys pleks vir slegs die Suid-Koreaanse staat.[23][22]

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Prehistoriese Korea

[wysig | wysig bron]

Paleolitikum

[wysig | wysig bron]
'n Ou Paleolitiese handbyl uit die Imjin-Hantan-gebied by die grens tussen Noord- en Suid-Korea

Die Koreaanse Skiereiland is vermoedelik in die Ou Paleolitiese vir die eerste keer deur mense bevolk. Daarop dui sowat 30 vondsplekke uit die Paleolitikum wat oor die hele Koreaanse Skiereiland en die meeste van Noordoos-China versprei is. 'n Groot deel van dié vondse bestaan uit steen-, horing- en beengereedskap, met die gepoleerde klipgereedskap wat domineer.

Ander vondse behels klipdierefigure of in klip gegraveerde dierefigure wat op kunssinnige of magies-religieuse handelinge dui. Daarbenewens is bene van Homo erectus opgegrawe, waaronder twee volledige kinderskelette. Volgens die radiokoolstofdatering is die vondse sowat 400 000 tot 500 000 jaar oud.[24][25]

Die Koreaanse Skiereiland se vroeë bewoners het gebly in grotte of hutte wat hulle self dikwels op sonnige plekke naby waterbronne opgerig het. Hulle het vuur gebruik vir verhitting en kook en staat gemaak op jag, visvang en die versameling van vrugte, bessies en eetbare wortels. Die Koreane van deesdae is egter geen etniese nakomelinge van hierdie vroeë bewoners nie.[24]

Meso- en Neolitikum

[wysig | wysig bron]

Argeologiese vondse dui daarop dat die skiereiland sowat 18 000 tot 12 000 jaar gelede bevolk was. Die skiereiland se ou bevolking het volgens huidige kennis bestaan uit nomadestamme uit die Siberies-Noordoos-Asiatiese gebied in die noorde en Proto-Austronesiese volke in die suide van die Koreaanse Skiereiland. Sogenoemde Kamkeramiek met visgraatpatrone is in al die landsdele gevind. Die Jeulmun-kultuur van 6000 tot 1500 v.C. toon 'n sterk ooreenkoms met die gelyktydige Japannese kultuur, maar duidelike verskille teenoor die Noordoos-Chinese kulture.[26] Die mense van die Jeulmun-kultuur het manna, gars en sorghum verbou.[27]

Die Jeulmun-Kultur is tussen 1500 v.C. en 700 v.C. deur migrante uit die noorde (Mantsjoerye) verdring. Gedurende die Neolitikum en die Bronstydperk het 'n redelik homogene volk gevorm en die Mumun-kultuur ontwikkel. Hulle het koudbestande droë rys verbou, rondom die 4de eeu v.C. is die tegniek van die verbouing van nat rys uit China oorgeneem.[27] Die vervaardiging van sy, spin en weef dateer uit die eerste eeu v.C.[28] Opvallend is die groot aantal Megalietvondse in Korea, wat sowat 60% van al die megaliete wêreldwyd uitmaak, waarvolgens na Korea ook as die "Koninkryk van die Dolmen" verwys word. In hierdie dolmen is brons- en jadejuweliersware gevind. 'n Genetiese studie deur Siska et al. (2017) dui daarop dat moderne Koreane 'n baie sterk verwantskap met beenvondse in die Devil’s Gate in Rusland, naby Noord-Korea toon, saam met die Oeltsje, Oroqe, Nanai en gedeeltelik ook met die Japannese.[29] Volgens hul genetika is die Koreane die nouste verwant aan die genoemde Oeltsje, 'n Toengoesiese volk. Daar was vermoedelik verskeie, afwisselende migrasiegolwe eers van die noorde na die suide en daarna van die suide na die noorde.[30]

Die invoering van die verbouing van nat rys in Japan hou verband met die Yayoi-migrasies van Korea na Japan.[27] Dié migrante het die inheemse Jomon verdring en is die belangrikste voorvaders van die meeste hedendaagse Japannese en Koreane.[31] Volgens 'n taalkundige perspektief het hierdie rysverbouende Yayoi 'n Proto-Japannese taal gebesig, wat van die 6de tot die 3de eeu v.C. deur Proto-Koreane uit die noorde onderwerp en geassimileer is.[32]

Gojoseon

[wysig | wysig bron]
'n Kaart van Korea in 108 v.C.

Volgens die klassieke verhaal in Korea is die eerste koninkryk Gojoseon in 2333 v.C. deur die halfgod Dangun gestig. In kontras daarmee was daar 'n histories geverifiëerde (Go-)Joseon in die eerste eeue v.C. in die noordweste van Korea en die suidelike van Mantsjoerye geleë. Sy hoofstad was Asadal wat volgens historici êrens by Pjöngjang geleë was. Andersins kon dit ook die term gewes het vir die hoofstad wat gereeld verskuif is. Die naam Asadal kom in teenstelling met dié van Wiman Joseon se hoofstad Wanggeomseong etimologies uit Oud-Koreaans en nie uit die Vroeë Middel-Chinese geskrewe taal nie. Dit bestaan uit die twee dele *(s)asa "opkomende (oggend-)son" (vergelyk die moderne 'acchim' en Middel-Koreaans 'acchóm') en *tal wat "groot veld" beteken.

In die moderne geskiedskrywing word Gojoseon dikwels met die opkoms van die Bronshandwerk in Noordoos-Asië verbind.[33] Soos dit uit 'n vonds van 'n bronsskild met 'n uitbeelding van 'n sjamanistiese paal blyk was daar teen 300 v.C. in Korea sogenoemde sottae met drie voëls bo-op wat tot vandag toe op die eerste volmaandag van die jaar talle dorpsingange versier. Die oorspronklike skild bevind hom vandag in die Nasionale Museum in Seoel. Die voëls was gunstige draers van graansaad.

Die voorvoegsel Go- ("oud") word gebruik ter onderskeiding van die antieke staat van dié Goseon uit die 14 tot 19de eeu. Die eintlike naam was Joseon (of die ou Koreaanse uitspraak daarvan).

Wiman Joseon

[wysig | wysig bron]
'n Kaart van Korea in 1 n.C.

Nadat Wei Man (Koreaans Wiman), 'n generaal uit die Noordoos-Chinese Yan wat op sy eie opgetree het, in 194 v.C. na Gojoseon gekom en daar bewind oorgeneem het, is na die land onder hom en sy opvolgers as Wiman Joseon verwys. Dit het vir 'n rukkie langs die China onder die Han-dinastie bestaan, maar is uiteindelik deur dit verower en onder beheer van vier militêre kommandanture geplaas. Teen die einde van sy bestaan het 'n aantal deelstate weggebreek, waaronder Goguryeo in die noorde, Buyeo in Mantsjoerye asook Okjeo en Dongye in die noordooste van Korea, wat een na die ander by Goguryeo ingelyf is.

Die Taoïsme was vermoedelik die eerste van die Oosterse filosofieë wat Korea bereik het. Daarteenoor bestaan vir Gija Joseon uit die 11de eeu v.C. geen historiese bronne nie en dit het in Joseon eers in die 16de eeu in Nieu-konfusianistiese geskrifte verskyn. Die Gija-verhaal is vermoedelik bedink om 'n niebestaande teenwoordigheid van die Konfusianisme te skep en sodoende 'n voorrang teenoor die ouer Koreaanse Boeddhisme te genereer.

Jinguk en die Proto-Drie Koninkryke-tydperk

[wysig | wysig bron]

Jinguk

[wysig | wysig bron]

Wiman Joseon het dele van die noordweste van Korea beheer; in die suide was daar die ryk Jin (辰), waaroor min bekend is, omdat dit nie oor 'n skryfstelsel beskik het nie of geen skriftelike optekeninge vervat is nie (nie verwant met die 金 van die Chinese Jin-dinastieë nie). Die konfederasie het kort na die val van Gojoseon ontbind en saam met migrante uit Gojoseon die lande van die Samhan-tydperk gevorm. Voordat die groot aantal state tot Mahan, Jinhan en Byeonhan saamgesluit het, het daar volgens die Dongyi (oostelike barbare) hoofstuk van Sanguo zhi 70 state op die Koreaanse Skiereiland bestaan.[33]

Die vier Han-kommandanture

[wysig | wysig bron]
Die Han-kommandanture (Lelang, Zhenfan, Lintun, Xuantu)

Die Han-kommandanture (Lelang, Zhenfan, Lintun, Xuantu en later die van Zhenfan afgestigte Daifang)[33] is in die jare ná die verowering van Gojoseon in sy invloedryk deur Han Wudi gestig. In die noorde van die Koreaanse Skiereiland is die Koreaanse opvolgerstaat Buyeo gestig, wat wesentlik was in die vorming van Goguryeo in 'n koninkryk. Lelang het die regstreeks deur Wiman Joseon beheerde gebied gekontroleer, terwyl Zhenfan en Lintun twee van Gojoseon afhanklike satellietstate vervang het. Xuantu is op die Yemaek se stamgebied gestig. Daifang is op die plek van die in 75 v.C. vernielde Zhenfan-kommandantur opgerig.

Die Han-kommandanture is deur goewerneurs beheer wat deur die sentrale mag in China ontplooi is. Die goewerneurs het op hul beurt ondergeskikte burokrate uit die inheemse bevolking benoem.

Samhan

[wysig | wysig bron]

Uit Mahan en Jinhan het veral twee state voortgespruit, naamlik Saro/Seora/Seorabeol (Silla) en Soburi/Sabi (Baekje), wat hul grondgebied plek-plek uitgebrei en uiteindelik met onderskeidelik Mahan en Jinhan verenig het. Byeonhan het by die Gaya-stadstatebond aangesluit. Silla is glo in 57 v.c. deur Hyeokgeose naby die huidige Gyeongju gestig en Baekje deur 'n migrant uit Goguryeo in die Han-riviervallei.

Volgens taalkundiges het die bevolkingsmeerderheid in die suide van die Koreaanse Skiereiland 'n soort Proto-Japannees gebesig en tussen die 10de en 3de eeu v.C. hulle gedeeltelik op die Japannese Argipel gevestig, waar hulle die voorsate van die huidige Japannese geword het. Na dié taal word ook as "Skiereilandse Japannees" verwys en dit word as 'n Japannese taal geklassifiseer. Die rede vir die Yayoi-migrasie is onduidelik, vermoedelik was dit die gevolg van 'n verdringing of assimilasie deur Proto-Koreaanse ruiternomades uit Suid-Siberië.[34]

Drie koninkryke van Korea

[wysig | wysig bron]
Die drie koninkryke op die Koreaanse Skiereiland teen die einde van die 5de eeu

In die eerste eeue n.C. kon eindelik die koninkryke Goguryeo, Baekje en Silla hulle vestig – die sogenoemde drie koninkryke van Korea. Die Boeddhisme het in hierdie tydperk in die hele Korea versprei. Aanvanklik was Goguryeo in die noorde die magtigste ryk, maar dit het meer en meer in konflik gekom met China. In 313 het Goguryeo die Chinesese kommandantuur Lelang verower, wat hom ongeveer op die grens tussen die twee Koreas bevind het. Daarmee het dit 'n buurstaat geword van Baekje en Silla, waarmee konflikte met dié twee kleiner ryke ontstaan het, wat oor baie eeue sou streek. Japan en China het in aanmerking gekom vir alliansies.

In 655 het Silla 'n militêre alliansie gesluit met die Chinese Tang-dinastie en in 660 eers Baekje en in 668 ook Goguryeo verslaan. In albei gevalle het dit baat gevind by sy teenstanders se binnelandse meningsverskille.

Verenigde Silla en Balhae

[wysig | wysig bron]
Silla en Balhae in 830

Ná sy oorwinning oor die ander deelryke het Silla tot aan die einde van die 9de eeu die skiereiland beheer. Die kultuur was op sy hoogtepunt. Die hoofstad Seorabeol (letterlik "hoofstad"), ook Gyerim ("hanebos") of Geumseong ("goudstad") was op die plek van die huidige Gyeongju geleë en 'n vir sy rykdom en welvaart bekende metropool. Seorabeol was 'n deel van die Syroetenetwerk en het deelgeneem aan die kulturele uitruil tot in die Islamitiese wêreld en die Sentraal-Asiatiese steppe. In Arabiese geografiese beskrywings oor Silla word daarna as 'n eilandstaat aan die oostelike hoek van die wêreld verwys.[35]

In die verre noorde van die Koreaanse Skiereiland en veral in Mantsjoerye het die koninkryk Balhae ontwikkel, wat die vlugtelinge uit Goguryeo deels opgeneem het. Aangesien Balhae ongeveer in dieselfde tyd as Silla ineengestort het, het baie Koreane vanuit die noorde na die Koreaanse Skiereiland geïmmigreer.

Dinastieë van rykseenheid

[wysig | wysig bron]

Goryeo

[wysig | wysig bron]
Die latere drie koninkryke van Korea

Die nuut gestigte ryk Goryeo (918–1392), wat aanvanklik die sentrale deel van die huidige Korea beheer het, het die Silla-ryk geannekseer en van 936 tot 1392 bestaan met die nuwe hoofstad van die verenigde Korea, Kaegyeong.

In die 10de en vroeë 11de eeue was Goryeo in drie oorloë betrokke met die para-Mongoolse Liao-dinastie wat Goryeo kon wen. Die daaropvolgende tyd van die 11de en 12de eeu word as Goryeo se bloeitydperk beskou. Die 12de-eeuese politieke balans is deur die Jin-dinastie se invalpogings teen Liao en Song gestuit en het sodoende Goryeo se goue tydperk beëindig.

Die grootste deel van die skiereiland is ná die Mongole se invalle in 1231/32 en 1238 beset, nogtans het die destydse militêre regime (onder beheer van 'n militêre diktator pleks van 'n magtelose heerser) in die daaropvolgende 30 jaar en altesaam nege opeenvolgende invalle kwaai weerstand ontbied. Eers ná die omverwerping van die militêre diktatuur het die aanvanklik gevlugte koninklike familie ná jare se asiel op die eiland Gangwha oorgegee. Vir die daaropvolgende 150 jaar was Korea 'n vasalstaat asook protektoraat van die Mongole wat tribuut moes betaal. Gevolglik was die Goryeo-dinastie ook betrokke by die Mongoolse pogings om Japan te annekseer en het bygedra met skepe en matrose. In 1356 het Goryeo ná 'n verrassingsaanval op die Mongoolse garnisoene by die Amnok sy diplomatieke betrekkinge met die Yuan-dinastie beëindig en sodoende sy volle soewereiniteit herwin.

Joseon

[wysig | wysig bron]
'n Kaart van 1531
'n Kaart van 1891

Nadat die regerende familie van Goryeos in 1392 in die nasleep van binnelandse politieke krisisse asook 'n invalplan op die Liaodong-skiereiland omvergewerp is, het generaal Yi Seong-gye die Koninkryk Joseon gestig. Joseon was betrokke in plaaslike militêre konflikte, waaronder die Oei-invasie op Tsushima om die Seerowery langs die Koreaanse kus te beëindig. In die vroeë jare van Joseon is die noordelike grense tot by die Tumen-rivier verskuif, wat sedertdien die Koreaanse grens vorm.

In 1443 is onder die bewind van koning Sejong die Koreaanse alfabet ontwikkel. In 1592 het die onder Toyotomi Hideyoshi verenigde Japan met 'n groot strydmag Korea binnegeval. Die Imjin-oorlog het geduur van 1592 tot 1595 en van 1596 tot 1598, en is gewen deur Joseon, veral danksy generaal Yi Sun-sin se suksesse ter see.

Sowat 50 jaar later het Joseon in 1637 'n Chinese vasalstaat geword wat tribuut moes betaal. Dit was van toepassing tot op 17 April 1895, toe China as deel van die konflik oor die Koreaanse Skiereiland die Eerste Chinees-Japannese Oorlog teen die Japannese Keiserryk verloor het. In die Verdrag van Shimonoseki het China "volle en omvattende soewereiniteit en outonomie aan Korea" toegestaan. In 1897 het koning Gojong die Koreaanse Keiserryk gestig, waarmee die Koninkryk Joseon amptelik beëindig is.

Koreaanse Keiserryk

[wysig | wysig bron]

Ná die Russies-Japannese Oorlog (1904–1905) het Japan homself as oorheersende mag in Oos-Asië gevestig. In 1905 het Joseon met die Eulsa-verdrag (of Japan-Korea-Anneksasieverdrag van 1910) 'n Japannese protektoraat geword en onder Gojong se seun, keiser Sunjong, is 'n Japannese generaal-resident vir Joseon benoem.

Op 22 Augustus 1910 het die Japannese regering die Koreaanse keiser se abdikasie afgedwing, nadat die vir Japan belangrike vors Ito Hirobumi op 26 Oktober 1909 deur 'n Koreaanse nasionalis vermoor is. Vervolgens het Korea 'n Japannese kolonie geword.

Koloniale Tydperk

[wysig | wysig bron]
'n Kaart uit 1910 met die Japannese Keiserryk se grondgebied (in grys). Dit het die Koreaanse Skiereiland as nuwe provinsie Chosen ingesluit.

Met die Eulsa-verdrag van 1910 het Korea 'n Japannese kolonie met die naam Chosen geword. In hierdie tydperk is Korea ekonomies gemoderniseer. Dit het gepaard gegaan met die onderdrukking van die Koreaanse kultuur en taal. Byvoorbeeld is die infrastruktuur gemoderniseer en uitgebrei, waarvoor soms grond onteien is.

Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog het op 15 Augustus 1945 die Japannese Keiserryk oorgegee. Die Keiserlike Japannese Weermag se soldate in die noorde van Chosen (noord van die 38ste Breedtegraad) moes hulleself aan die Sowjetunie se magte oorgee, dié in die suide aan die Amerikaners.

Die 15 Augustus 1945 word vandag in albei dele van Korea as Onafhanklikheidsdag (광복절, Gwangbokjeol) gevier, hoewel Japan die suide fakties tot en met 9 September 1945 beheer het.

Verdeling in Noord- en Suid-Korea

[wysig | wysig bron]

Nadat die onderhandelinge tussen die Verenigde State en die Sowjetunie oor 'n verenigde Korea tot in 1947 misluk het, het die VSA die Koreavraag by die Verenigde Nasies voorgelê. Die VSA het op 14 November 1947 'n VN-resolusie bereik, wat vrye verkiesings, die onttrekking van al die buitelandse magte en die stigting van 'n VN-kommissie (UNTCOK: UN Temporary Commission on Korea) vir Korea bedoel het. Die VSA het hul troepe uit die suide onttrek en die USSR het tot aan die einde van 1948 volgens die vertrag uit Noord-Korea onttrek.

Op 10 Mei 1948 is in die suide verkiesings gehou wat deur Syngman Rhee gewen is. Dié verkiesings is egter deur die linkse partye geboikot. Op 13 Augustus 1948 het Syngman Rhee amptelik bewind by die Amerikaanse militêre regering oorgeneem. Die Sowjetbeheerde noorde het dit met die stigting van die Demokratiese Volksrepubliek Korea op 9 September 1948 beantwoord, met Kim Il-sung as die eerste president. Albei regerings het hulleself as wettige regering oor die hele Korea beskou en verder aangekondig, dat hulle dié eis ook militêr wou afdwing. Aangemoedig deur 'n verklaring van die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Dean Acheson, wat as sodanig geïnterpreteer kon word, dat die VSA nie vir Korea sou veg nie, het Noord-Korea op 25 Junie 1950 Suid-Korea binnegeval en daarmee die Korea-oorlog geloods.

Republiek Korea

[wysig | wysig bron]
Korea sedert die Korea-oorlog

Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Amerikaanse troepe en troepe uit die Sowjetunie die suidelike en noordelike helftes van die Koreaanse Skiereiland onderskeidelik beset. Die Koreaanse Skiereiland is effektief langs die 38ste breedtelyn in twee verdeel. Ten spyte van beloftes van 'n onafhanklike en verenigde Korea tydens die Kaïro-Deklarasie van 1943 het die Koue Oorlog spoedig gelei tot die vestiging van twee afsonderlike regerings: 'n kapitalistiese Suid-Korea en 'n kommunistiese Noord-Korea. Die Sowjetunie het Kim Il-sung as die Noord-Koreaanse premier aangewys. Terwyl talle Koreane hulle vir 'n nasionale verkiesing beywer het om 'n regeerder vir die hele land te kies, het die Kommuniste geweier om aan die verkiesing deel te neem deur toegang tot Noord-Korea te blokkeer. Gevolglik is demokratiese verkiesings slegs in die Suide gehou en is Syngman Rhee as president verkies en die Republiek Korea as 'n wettige regering deur die Verenigde Nasies erken.

Op 25 Junie 1950 het Noord-Korea die Suide binnegeval met die ondersteuning en goedkeuring van Josef Stalin en Mao Zedong. Dit het gelei tot 'n bloedige oorlog waarin meer as vier miljoen burgerlikes en soldate gesterf het. Die oorlog staan vandag bekend as die Korea-oorlog. Die Verenigde Nasies het ten behoewe van Suid-Korea ingegryp toe dit blyk dat die Kommunistiese magte die oorhand begin kry het. Noord-Korea is deur sy kommunistiese bondgenote gesteun en die Volksrepubliek China het miljoene troepe na Korea gestuur. Die oorlog is deur 'n wapenstilstand in 1953 beëindig en is tegnies gesproke nog aan die gang. Beide Suid- en Noord-Korea word verdeel deur 'n swaar bewapende gedemilitariseerde sone.[36]

In 1960 het 'n studenteopstand gelei tot die bedanking van president Syngman Rhee, wie se regering outokraties en korrup geword het. Dit het verder gelei tot 'n tydperk van burgerlike onrus en politieke onsekerheid. Generaal Park Chung-hee het die daaropvolgende jaar het 'n militêre staatsgreep uitgevoer (die sogenoemde "5.16 staatsgreep") en is in 1961 as president aangestel. Hy het die pos beklee tot en met die sluipmoord op hom in 1979. Sy leierskap is gekenmerk deur die vestiging van 'n snelgroeiende uitvoerekonomie, maar ook politieke onderdrukking.

Die jaar na die sluipmoord op Park is deur politieke onrus gevolg. In 1980 het Generaal Chun Doo-hwan 'n suksesvolle staatsgreep uitgevoer en die oorgangsregering van Choi Gyu Hwa (voormalige premier onder Park) omver gewerp. Chun se magsoorname het 'n nasionale protesaksie en 'n pleidooi vir demokratisering uitgelok. In Gwangju in die Suid-Jeolla provinsie het Chun sy spesiale magte die stad ingestuur om studente en burgerlikes wat onder die vaandel van 'n Burgerlike Weermag betoog het te stuit. 'n Beraamde 207 mense is deur sy magte gedood en 'n verdere duisend is beseer tydens die bekende Gwangju-slagting in Mei 1980.

Hierdie slagting het 'n langtermyn demokratiese era vir Suid-Korea ingelei. Die regering het later formeel verskoning aangebied vir die slagting en 'n nasionale begraafplaas vir die slagoffers opgerig. Chun het hom daarna tot 'n enkele leierskapstermyn verbind en in 1988 weens druk van landwye opstand die eerste direkte presidensiële verkiesings toegelaat. In dieselfde jaar het Seoel as gasheer van die XXIVste Olimpiese Somerspele en die VIIIste Paralimpiese Somerspele opgetree.

In 2001 het Suid-Korea saam met Japan die 3de FIFA Sokker-Konfederasiebeker aangebied en in 2002 saam met Japan die 17de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi. In 2018 is die XXIIIste Olimpiese Winterspele en die XIIde Paralimpiese Winterspele in die Suid-Koreaanse stad Pyeongchang aangebied.

Regering en politiek

[wysig | wysig bron]
Yoon Suk-yeol, die huidige Suid-Koreaanse president
Die Nasionale Vergadering (국회, Gukhoe) in Seoel
Die hoofkonferensiekamer van die nasionale vergadering
Han Duck-soo, die huidige eerste minister van Suid-Korea

Suid-Korea is 'n grondwetlike republiek en die grondwet definieer die land as 'n demokratiese republiek met 'n regering bestaande uit drie takke: wetgewende gesag, uitvoerende gesag en regsprekende gesag. Die uitvoerende gesag en wetgewing werk veral op nasionale vlak, hoewel baie departemente in die uitvoerende gesag ook plaaslike funksies waarneem. Die regsprekende gesag werk op beide nasionale en plaaslike vlak. Plaaslike regerings is halfoutonoom en beskik oor hul eie uitvoerende gesag en wetgewers.

Suid-Korea se wetgewende orgaan is die Gukhoe of Nasionale Vergadering, 'n eenkamerparlement. Die Nasionale Vergadering bestaan uit die hoofkonferensiekamer, met 300 setels, wat verkies word deur algemene verkiesings elke vier jaar of wanneer dit ontbind word. Die President van Suid-Korea is die regeringshoof, terwyl die eerste minister as sy adjunk dien.

Die staatshoof van die Republiek Korea is die regstreeks deur die volk verkose president. Die president word vir 'n termyn van vyf jaar verkies en kan nie herkies word nie. Hy is die hoogste verteenwoordiger van die republiek en verteenwoordig dit binne en buite. Onder andere verwelkom hy buitelandse diplomate, ken medaljes toe en kan kwytskelding gee. Hy is ook die hoof van die administrasie en implementeer in hierdie hoedanigheid wette wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is. Hy is die Weermag se Bevelvoerder en kan oorlog verklaar.

Suid-Korea se wetgewende orgaan is die Gukhoe of Nasionale Vergadering, 'n eenkamerparlement. Die Nasionale Vergadering bestaan uit die hoofkonferensiekamer, met 300 setels, wat verkies word deur algemene verkiesings elke vier jaar of wanneer dit ontbind word. Die President van Suid-Korea is die regeringshoof, terwyl die eerste minister as sy adjunk dien en deur hom benoem word. Die kabinet bestaan uit tussen 15 en 30 lede, dit word ook deur die president saamgestel. Sowel die eerste minister asook die kabinetslede moet deur die parlement bevestig word. Die mees onlangse verkiesings is op 10 April 2024 gehou. Die regerende sosiaalliberale Demokratiese Party het 170 van die 300 setels gewen, terwyl die opposisie, konserwatiewe Volksmagparty 108 setels gewen het.[37]

'n Ander belangrike politieke liggaam in die Suid-Koreaanse stelsel is die Grondwetlike Hof. Dit hou toesig oor die Regeringswerk en beslis in gevalle van mosies van wantroue en dies meer. Die hof bestaan uit nege Hoofregters: Die President benoem drie regters, die parlement benoem ook drie regters wat deur die president bekragtig moet word en die oorblywende drie regters word deur die Grondwetlike Hof se Voorsitter benoem.

Buitelandse betrekkinge

[wysig | wysig bron]

Suid-Korea se buitelandse betrekkinge weerspieël sy 20ste-eeuse geskiedenis. Sedert die stigting van die Republiek Korea en veral ná die Korea-oorlog het Suid-Korea noue bande aangeknoop met Westerse liberale demokrasieë wat dié land ook in die oorlog bygestaan het, waaronder veral die Verenigde State.

Sedert die Korea-oorlog en die veredeling van die Koreaanse Skiereiland maak beide Suid- en Noord-Korea aanspraak op die hele Korea en erken mekaar nie aan nie. Die verhouding met die noordelike aartsvyand wissel van hoogtepunte met noue besprekings oor 'n moontlike Koreaanse hereniging tussen albei leiers en 'n gesamentlike Koreaanse span op Olimpiese Spele onder die vlag van Koreaanse hereniging tot laagtepunte met voortgesette oorlogsdreigemente en Noord-Koreaanse kerntoetse, waarop Suid-Korea saam met sy nouste bondgenoot, die Verenigde State, met grootskaalse militêre oefeninge antwoord.[38]

Hoewel beide Suid-Korea en Japan die vorste liberale demokrasieë met 'n belangrike en wêreldwyd invloedryke ekonomie is, is die betrekkinge tussen albei lande ook wisselvallig. Dit het sy oorsprong veral in die Japannese kolonisering van Korea, die plundering van Koreaanse grondstowwe vir die Japannese oorlogsekonomie tydens die Tweede Wêreldoorlog, die onderdrukking van die Koreaanse taal en kultuur en die vergryping aan vroue as sogenoemde "troosvroue". Daarbenewens is Suid-Korea betrokke in 'n gebiedsgeskil met Japan oor die Liancourtrotse. Daar is egter ook baie ooreenkomste in albei lande se buitelandse beleid, aangesien albei lande die nouste bondgenote van die Verenigde State in die streek is en hulle dieselfde dreigemente deur Noord-Korea, die Volksrepubliek China en Rusland in die gesig staar.[39][40]

Administratiewe streke

[wysig | wysig bron]

Die belangrikste administratiewe afdelings in Suid-Korea is die elf provinsies, drie spesiale selfregerende provinsies, ses metropolitaanse stede (selfregerende stede wat nie deel is van enige provinsie nie), een spesiale stad en een spesiale selfregerende stad.

Kaart Stad Hangeul Hanja Bevolkingc
Spesiale stad (Teukbyeol-si)a
Seoel 서울특별시 서울特別市b 9 830 452
Metropolitaanse stad (Gwangyeok-si)a
Busan 부산광역시 釜山廣域市 3 460 707
Daegu 대구광역시 大邱廣域市 2 471 136
Incheon 인천광역시 仁川廣域市 2 952 476
Gwangju 광주광역시 光州廣域市 1 460 972
Daejeon 대전광역시 大田廣域市 1 496 123
Ulsan 울산광역시 蔚山廣域市 1 161 303
Spesiale selfregerende stad (Teukbyeol-jachi-si)a
Sejong 세종특별자치시 世宗特別自治市 295 041
Provinsie (Do)a
Gyeonggi 경기도 京畿道 12 941 604
Noord-Chungcheong 충청북도 忠淸北道 1 595 164
Suid-Chungcheong 충청남도 忠淸南道 2 120 666
Suid-Jeolla 전라남도 全羅南道 1 890 412
Noord-Gyeongsang 경상북도 慶尙北道 2 682 897
Suid-Gyeongsang 경상남도 慶尙南道 3 377 126
Spesiale selfregerende provinsie (Teukbyeol-jachi-do)a
Jeju 제주특별자치도 濟州特別自治道 661 511
Gangwon 강원특별자치도 江原特別自治道 1 545 452
Jeonbuk 전북특별자치도 全北特別自治道 1 847 089
Opgeëiste maar onbeheerde provinsie (Noord-Korea)
Noord-Hamgyeong 함경북도 咸鏡北道
Suid-Hamgyeong 함경남도 咸鏡南道
Noord-Pyeongan 평안북도 平安北道
Suid-Pyeongan 평안남도 平安南道
Hwanghae 황해도 黃海道

a hersiene romanisering; b Name van Seoel; c Teen Mei 2018;[41] d Gebiede wat volgens die Grondwet van die Republiek Korea tot sy grondgebied behoort, maar nog nie herwin is nie.

Geografie

[wysig | wysig bron]
Kaart van Suid-Korea

Suid-Korea beslaan die suidelike deel van die Koreaanse Skiereiland, wat oor sowat 1 100 km van die Asiatiese hoofkontinent strek. Die bergagtige skiereiland word aan die westelike kant deur die Geelsee (wes) en aan die oostelike kant deur die See van Japan (Koreaans: Oossee) omring. Die suidelike punte van Korea is aan die Straat van Korea en die Oos-Chinese See geleë. Suid-Korea beslaan 'n oppervlakte van 99 720 vierkante kilometer. Jeju is verreweg die grootste eiland van Suid-Korea en bevind hom in die suide van die land, sowat 80 km van die kus af. Op dié eiland is ook Suid-Korea se hoogste berg, Hallasan, geleë, 'n skildvulkaan met 'n hoogte van 1 947 m. In die ooste is die Rotse van Liancourt geleë, wat deur Suid-Korea beset en ook deur Japan opgeëis word.[42]

Suid-Korea kan in vier algemene streke verdeel word: 'n oosterse streek met hoë bergreekse en nou kuslaagtes; 'n heuwelagtige westelike streek met breë kuslaagtes en rivierbekkens; 'n suidwestelike streek met berge en valleie en 'n suidoostelike streek waar die Nakdongrivier uitloop.

Volgens die Suid-Koreaanse grondwet streek die grondgebied ook oor die noordelike deel van die Koreaanse Skiereiland tot by die grens met die Volksrepubliek China in die noorde en Rusland in die noordooste. Vervolgens vorm die Yalu- en Tumen-riviere volgens die siening van die regering in Seoel die noordelike grens van Suid-Korea. Tussen albei riviere se brongebiede en op die grens met die Volksrepubliek China is die hoogste berg van Korea, Paektusan, geleë met 'n hoogte van 2 744 m.

Klimaat

[wysig | wysig bron]
'n Wintertoneel op die Bukhan-bergpiek (Bukhansan)
Klimaatsones in Suid-Korea volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Suid-Korea maak deel uit van die Suid-Asiatiese monsoensone en het 'n gematigde klimaat met vier verskillende seisoene. Kontinentale lugmassas, wat uit die noorde na die Koreaanse Skiereiland beweeg, oefen 'n groter invloed op Suid-Korea se weer uit as mariene lugmassas vanuit die Stille Oseaan.

Koreaanse winters is gewoonlik lank en koud, met droë weer, terwyl die kort somers neig om warm en bedompig te wees, met baie neerslae. Lente- en herfsmaande word deur aangename temperature gekenmerk, maar is betreklik kort.

Die gemiddelde temperature in Seoel wissel van tussen -5,0 en -2,5 °C in Januarie tot tussen 22,5 en 25 °C in Julie. Die eiland Jeju het 'n meer gematigde klimaat as ander landsdele vanweë sy suidelike ligging temidde van die see. Hier beweeg die gemiddelde temperature tussen 2,5 °C in Januarie en 25 °C in Julie.

Omgewing

[wysig | wysig bron]
Die Cheonggyecheon-rivier is 'n moderne openbare ontspanningsruimte in die middestad van Seoel

Gedurende die eerste 20 jaar van Suid-Korea se ekonomiese opbloeiing is min moeite gedoem om die omgewing te beskerm.[43] Onbeheerste industrialisasie en stedelike ontwikkeling het gelei tot ontbossing en die voortdurende vernietiging van vleilande soos die Songdo-getyvlakte.[44] Daar is egter onlangse pogings om hierdie probleme te balanseer, insluitende 'n regeringsbestuurde vyfjaar groengroeiprojekt ter waarde van $84 miljard wat daarop mik om energiedoeltreffendheid en groen tegnologieë te bevorder.[45]

Die groengebaseerde ekonomiese strategie is 'n omvattende hersiening van Suid-Korea se ekonomie wat sowat twee persent van die nasionale BBP bestee. Die vergroeningsinisiatief sluit voornemens in soos 'n landswye fietsnetwerk, son- en windenergie, die vermindering van olie-afhanklike vaartuie, die handhawing van dagligbesparingstyd en die uitgebreide gebruik van omgewingsvriendelike tegnologieë soos ligdiodes in elektronika en beligting. Die land — een van die mees bedrade ter wêreld — beplan ter vermindering van energiegebruik om 'n landwye volgende generasie netwerk te bou wat tien keer vinniger as breëbandfasiliteite sal wees.[46]

In 2017 was Suid-Korea die wêreld se sewende grootste vrysteller van kweekhuisgasse en die vyfde grootste vrysteller per inwoner. President Moon Jae-in het belowe om kweekhuisgasvrystelling teen 2050 tot nul te verminder.[47][48]

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

Ekonomiese ontwikkeling

[wysig | wysig bron]
Suid-Korea se ekonomiese groei van 1911 tot 2008, waarna dikwels as die "Wonder aan die Hanrivier" verwys word

Vanaf die 1960's het Suid-Korea 'n ekonomiese en tegnologiese transformasieproses deurloop wat van dié land – nog in die 1950's een van die armste samelewings ter wêreld – een van die tien gevorderdste nywerheidslande gemaak het. Hierdie ontwikkeling is ongeëwenaar en teen 'n asemberowende snelheid voltrek.[49] Dié ekonomiese opswaai het van Suid-Korea een van die vier sogenoemde Vier Asiatiese Tiere gemaak, saam met Hongkong, die Republiek China en Singapoer.[50] In die 1950's was die ekonomie in Korea gekenmerk deur die Japannese kolonisasie se nalatenskap. Destyds het die ekonomie in die vrugbare Suid-Korea hom veral op landbou toegespits, terwyl die nywerhede veral in die ryk aan mineraalbronne Noord-Korea gekonsentreer was. Vandag is Suid-Koreaanse nywerhede wêreldmarkleiers met skeepsbou, halfgeleiers, geïntegreerde stroombane, platskerms en rekenaars.

Vervoer

[wysig | wysig bron]
Die Korea Train Express
Die Metro van Gwangju

Vervoer in Suid-Korea bestaan uit 'n uitgebreide netwerk van spoorweë, snelweë, skeeps-, bus- en lugroetes.

Alle stede het plaaslike busdienste en word verder deur tussenstedelike busdienste met mekaar verbind.

Suid-Korea se 3 000 kilometer lange netwerk van snelweë bestaan uit snelweë (expressways/motorways), nasionale snelweë en ander sekondêre roetes. Die Koreaanse Snelwegkorporasie bedryf dié land se tolweë en belangrikste diensroetes.

"Korail" bedryf treindienste met gereelde dienste na al Suid-Korea se groot stede. 'n Spoorverbinding met Noord-Korea deur die Gyeongui- en Donghae Bukbu-lyne is in die herstelproses. Suid-Korea spog sedert 2004 met 'n hoëspoedtrein. Die KTX (Korea Train Express) bedryf gereelde sneldienste teen ongeveer 300 km per uur via die Honam en Gyeongby-lyne na Suid-Korea se vernaamste stede, te wete Daejeon, Gwangju, Mokpo, Daegu en Busan.

Seoel, Busan, Daegu, Incheon, Gwangju en Daejoen het ondergrondse treine. Die "Seoel Metropolitan Subway" is een van die besigstes ter wêreld, bestaan uit tien lyne en 117 stasies en bedien 3,9 miljoen passasiers per dag. Die treine word deur Korail en die Seoul Metropolitan Rapid Transit Corporation (SMRT) bedryf.

Die internasionale hooflughawe staan bekend as die Incheon Internasionale Lughawe. Suid-Korea het 'n verdere agt internasionale en sewe plaaslike lughawens. Korean Air en Asiana Airlines is Suid-Korea se vernaamste lugrederye.

Handelsvennote

[wysig | wysig bron]
Die eksklusiewe ekonomiese sone van Suid-Korea

Suid-Korea se hoofuitvoervennote is die Volksrepubliek China 21%, die Verenigde State 16%, Viëtnam 9%, Japan 4% en Hongkong 4% (in 2022). Suid-Korea se hoofuitvoere is geïntegreerde stroombane, geraffineerde petroleum, motors, uitsaaitoerusting en skepe. Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun Suid-Korea op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoof-invoervennote is die Volksrepubliek China 23%, die VSA 11%, Japan 8%, Australië 6% en Saoedi-Arabië 5% (ook in 2022). Suid-Korea se hoof invoere is ruolie, geïntegreerde stroombane, aardgas, steenkool en geraffineerde petroleum en ander grondstowwe vir sy industrieë. Suid-Korea se algehele grootste handelsvennote is die Volksrepubliek China en die Verenigde State.[3]

Wetenskap en tegnologie

[wysig | wysig bron]
'n Replika van Naro-1
Albert HUBO

Suid-Korea het in 2014 4,3% van sy BBP vir navorsing en ontwikkeling spandeer en en daarmee meer as enige ander land.[51] In 2006 het die Suid-Koreaanse regering 'n regulasie geïmplementeer, waarvolgens skrywers van vakartikels in vername tydskrifte soos Science, Nature en Cell drie miljoen won ontvang.[52][53] Ter ondersteuning van die navorsing is die Institute for Basic Science gestig, vergelykbaar, soortgelyk aan RIKEN in Japan en die Max Planck-geselskap in Duitsland.[54]

Suid-Korea is die OESO-lid met die hoogste graag aan gegradueerdes in natuurwetenskap en ingenieurswese.[55] Die land is ook eerste in die Bloomberg-Innovasie-indeks.[56] Daarbenewens plaas Suid-Korea min perke op nuwe tegnologie en is derhalwe ook 'n toetsmark, veral vir slimfoon-tegniek. Talle uitvindings van nuwe media en toepassings, asook 4G- en 5G-infrastruktuur word in Suid-Korea opgerig.[57]

Japan, die Verenigde State en Duitsland het Suid-Korea die vierde meeste industriële robotte wêreldwyd. Die aantal het van 2011 tot 2014 met sowat 59% gegroei op 'n totaal van 150 505 industriële robotte.[58] Wat diensrobotte aanbetref is Suid-Korea saam met Japan die leier.[59] In 2005 het navorsers van die Koreaanse Gevorderde Instituut vir Wetenskap en Tegnologie (Korea Advanced Institute of Science and Technology, KAIST) die wêreld se tweede lopende humanoïde robot, HUBO, ontwikkel. 'n Span van die Koreaanse Instituut vir Nywerheidstegnologie (Korea Institute of Industrial Technology, KITECH) het in Mei 2006 die eerste Koreaanse Androïde, Ever-1, ontwikkel.[60]

Sedert 1992 het Suid-Korea meer as 15 satelliete in die ruimte gelanseer, waaronder as deel van die KOMPSat-program van 1999 af in samewerking met Rusland ook vier afstandswaarnemingsatelliete.[61] Die eerste van hierdie satelliete, Arirang-1, het in 2008 ná nege jaar se gebruikstyd in die ruimte verlore gegaan.

In April 2008 het Yi So-yeon die eerste Koreaanse ruimtevaarder geword wat aan boord van 'n Russiese Sojoes TMA-12 die ruimte ingevlieg het.[62] In Junie 2009 is Suid-Korea se eerste ruimtehawe, die Naro-Ruimtesentrum, in Goheung (Jeollanam-do) in ingewy.[63] Die lansering van die Naro-1-vuurpyl in August 2009 het misluk.[64] In Junie 2010 het ook die tweede poging misluk. Die derde lansering in Januarie 2013 het eindelik geslaag.[65]

Demografie

[wysig | wysig bron]

Etnogenese en samestelling

[wysig | wysig bron]
'n Tradisionele Koreaanse koninklike troue

Navorsers neem aan dat die Koreaanse volk oorspronklik 'n historiese verbintenis met etniese groepe in Sentraal-Asië, die Baikalmeergebied in Siberië, Mongolië en die kusgebiede van die Geelsee gehad het. So toon werktuie uit die Paleolitiese tydperk wat in Sokchang naby Kongju ontdek is, baie ooreenkomste met soortgelyke argeologiese vondse in die Baikalmeergebied en in Mongolië.

Vandag het Suid-Korea 'n uiters homogene bevolking van etniese Koreane, met klein minderhede Han-Chinese. Weens Suid-Korea se militêre en ekonomiese bande met ander wêrelddele vestig steeds meer buitelanders hulle in stedelike gebiede, veral Amerikaners (waaronder lede van die Amerikaanse Gewapende Magte wat hier gestasioneer is), Japannese en Han-Chinese. Enkele tienduisend Chinese en Suidoos-Asiate het hulle as buitelandse werknemers in Suid-Korea gevestig. Die Chinese gemeenskap in Suid-Korea besig onder andere tale soos Wu.

Wat geloofsoortuiging betref, is sowat 60% van die bevolking ongebonde, terwyl die oorblywende helfte uit Christene (Protestante 17% en Rooms-Katolieke 6%) en Boeddhiste (16%) bestaan.[3]

Demografiese ontwikkeling

[wysig | wysig bron]
Kleurryke lentefeesviering in Insadong, Seoel
Seoel het ná die Korea-oorlog tot een van die grootste metropolitaanse gebiede ter wêreld gegroei. Die grootskaalse oprigting van woonstelblokke soos dié in 'n voorstad van Seoel het in die afgelope dekades die woningsnood verlig, maar intussen val die klemtoon op die verhoging van lewenskwaliteit en -waarde

Suid-Korea se bevolking het in die tweede helfte van die 20ste eeu meer as verdubbel, maar intussen toon dié land se demografiese patrone baie ooreenkomste met dié van ander ontwikkelde lande van die Westerse wêreld. So het die geboortekoers vanaf 1960 drasties begin daal en die natuurlike bevolkingsgroei in die vroeë 21ste eeu feitlik tot stilstand gekom. Steftesyfers het in dieselfde periode eweneens afgeneem – 'n tendens wat die algemene verhoging van lewenstandaarde in Suid-Korea weerspieël.

Die vinnig groeiende stedelike bevolking en ontvolking van groot dele van die Suid-Koreaanse platteland is tans die belangrikste demografiese vraagstukke. Meer as vier vyfdes van die huidige bevolking is verstedelik, en ongeveer die helfte van alle Suid-Koreane is in die sewe grootste stedelike nedersettings saamgetrek. Al is die natuurlike bevolkingsaanwas intussen laag, is Suid-Korea nogtans een van die digbevolkste lande op aarde. Sy bevolkingsdigtheid is twee en 'n half keer hoër as dié van Noord-Korea.

Nóg 'n belangrike faktor in Suid-Korea se demografiese ontwikkeling was migrasie. Voor die Tweede Wêreldoorlog het groot getalle Koreane geëmigreer, waarby Mantsjoerye in Noordoos-China die belangrikste bestemming vir Noord- en Japan die vernaamste immigrasieland vir Suid-Koreane was. Daar word beraam dat die Koreaanse bevolking in Mantsjoerye en Siberië in 1945 op sowat twee miljoen gestaan het. Rofweg dieselfde aantal Koreane het hulle in Japan gevestig, waarvan sowat die helfte ná 1945 na Suid-Korea teruggekeer het.

Die belangrikste migrasiepatroon was egter die vestiging van twee miljoen Noord-Koreane in die suide, hoofsaaklik gedurende en kort na die Korea-oorlog. Die meeste binnelandse migrante het hulle in die metropolitaanse gebiede van Suid-Korea gevestig. Groot gemeenskappe Koreaanse immigrante word daarnaas ook in die Verenigde State (veral in Kalifornië) en in Kanada aangetref.

Hangeul in Koreaans

Koreaans is 'n lid van die Koreaanse taalfamilie saam met die Jeju-taal of -dialek. Sommige taalkundiges het dit by die Altaïese familie ingesluit, maar die Altaïese voorstel het die meeste van sy vorige steun verloor.[66] Koreaanse streekdialekte is onderling verstaanbaar, met die uitsondering van die dialek wat op die eiland Jeju gebesig word.[67] Die ontwikkeling van 'n eie alfabet, wat die klanke van Koreaans stelselmatig weergee, Hangeul, is een van die grootste kulturele prestasies van Korea. Dié alfabet behels tien eenvoudige klinkers en veertien medeklinkers as fonetiese simbole.

Koreaans word in Suid-Korea nogtans dikwels as 'n kombinasie van Chinese ideogramme en Hangeul-letters, waarby die gebruik van Chinese skriftekens tendensieel afneem. Die aanwesigheid van honderdduisende Amerikaanse troepe, sakemanne, Peace Corps-vrywilligers en sendelinge sedert die einde van die Korea-oorlog word deur 'n groot aantal Engelse leenwoorde en uitdrukkings weerspieël wat óf regstreeks en onveranderd oorgeneem is óf by Koreaanse taalgebruik en uitspraakgewoontes aangepas is. Hulle bly onverstaanbaar vir Noord-Koreane.

Hangeul is danksy die inisiatief van koning Sejong in 1443 deur 'n span geleerdes ontwikkel. Hunminjeongeum, 'n historiese dokument met aanwysings vir die onderrig van Hangeul, is as kulturele Unesco-wêrelderfenis gelys. Unesco ken ter herdenking van die uitvinders van Hangeul jaarliks die Koning Sejong-literatuurprys toe.

Onderwys en gesondheid

[wysig | wysig bron]

Vanweë Konfusianisme se groet invloed geniet opvoeding in Korea 'n baie groot reputasie. Opvoeding het 'n wesentlike invloed op 'n mens se latere sosiale status. Die hoë vlak aan entoesiasme vir onderwys word as 'n sleutelfaktor in die sterk ekonomiese opbloei beskou. Moderne skole is in die 1880's in Korea ingestel. Aan die begin van die 20ste eeu is moderne voorskoolse onderwys ingevoer. Met die stigting van Suid-Korea het die regering 'n moderne skoolstelsel volgens die Westerse model gevestig. Dit het 'n belangrike rol gespeel tydens die land se modernisering in die 1970's. Dit is sedert die 2000's hervorm en verder uitgebrei. Sowat 97% van 'n jaargroep voltooi hoërskool suksesvol, daarmee is Suid-Korea se onderwysstelsel die beste in die wêreld.[68]

Suid-Korea beskik oor een van die vorste gesondheidsstelsel wêreldwyd. In 2022 het die land sowat 9,7% van by BBP vir gesondheid spandeer.[69] In 2019 was daar 24,8 dokters per 10 000 inwoners in Suid-Korea.[70] Vir elke lewende geboortes was daar in 2022 drie sterftes by onder vyfjariges.[71]

Kuns en kultuur

[wysig | wysig bron]
K-pop-aanhangers by die Koreaanse Kultuursentrum in Warskou, Pole, 2011
Psy tydens 'n optrede in Sydney, Australië, 2013
'n Tipiese Koreaanse maaltyd

Suid-Korea deel 'n tradisionele kultuur met Noord-Korea, maar sedert die Korea-oorlog word dit veral deur die buurlande China en Japan beïnvloed, asook die Verenigde State. Nogtans het die land daarin geslaag om sy eie, onafhanklike kultuur te ontwikkel wat veral sedert die begin van die 21ste 'n ongekende wêreldwye gewildheid beleef, waarna dikwels as "K-golf" (K-wave) of Hallyu (한류) verwys word. Van die bekendste voorbeelde sluit in "K-dramas", wat na Suid-Koreaanse televisiedramas verwys en waarmee die Koreaanse golf sy aanvang geneem het. "K-pop" of gayo (가요) is 'n sambreelterm vir kontemporêre Suid-Koreaanse popmusiek, veral musiekgroepe, maar ook solokunstenaars soos Psy met sy treffer Gangnam Style, wat 'n wêreldwye gewildheid geniet. 'n Ander bestanddeel is televisiedramas en rolprente soos Squid Game en Parasite; laasgenoemde kon 'n Oscar wen. Hierdie fenomeen het van Suid-Korea 'n "sagte mag" gemaak en genereer intussen 'n belangrike bydrae tot die Suid-Koreaanse ekonomie met die uitvoer van goedere en toeriste wat Suid-Korea besoek.[72] Die K-golf betrek intussen ook ander dele van die Suid-Koreaanse kultuur en samelewing wat wêreldwyd bekend is soos die Koreaanse taal, kookkuns (Kimchi), sportsoorte soos taekwondo, maar ook maatskappye soos Samsung.

Die Suid-Koreaanse kontemporêre letterkunde word veral deur drie hooftemas beïnvloed: Die verdeling van Korea, die Korea-oorlog en die industrialisasie van die land sedert die 1960's. Verder vind die vervreemding van die individu plaas in 'n kapitalistiese en verstedelikte samelewing wat worstel met sy tradisionele waardes. Na die generasie skrywers ná 1945 word ook verwys as die Hangul-generasie omdat hulle nie meer in die Japannese taal geskryf het nie.[73]

Suid-Koreaanse strokiesverhale word Manhwa (만화) genoem en geniet 'n groeiende belangstelling wêreldwyd. In Suid-Korea is daar talle sogenoemde Manhwabangs (만화방), waar Manhwas gelees en geleen kan woord. Deur Webtoons (웹툰) en toepassings soos Daum Webtoon en Line Webtoon kry Suid-Koreaanse strokiesverhale internasionale aandag.[74]

Die term vir Suid-Koreaanse tradisionele volkskuns is Minhwa (민화), waarin veral die strewe na 'n gelukkige lewe uitgedruk word. In die Suid-Koreaanse kontemporêre kuns tree die tradisionele Koreaanse vormtaal in 'n dialoog met die Westerse moderne. Suid-Koreaanse kontemporêre kuns geniet die onlangse jare 'n toenemende belangstelling en genereer ook hoë pryse op groot kunsveilings, nadat dit vir 'n lang tydperk deur Chinese kuns oorskadu is.[75]

Aanlynspeletjies en die tradisionele bordspeletjie Baduk (Japannees: Go) het 'n belangrike deel van die Suid-Koreaanse kultuur geword. Onder andere word Baduk-wedstryde op televisie gebeeldsend en vir feitelike ontleding herhaal.

Die Suid-Koreaanse nasionale gereg is Kimchi (김치), bestaande uit veral gefermenteerde geurige groente. Saam met die Koreaanse golf het ook die tradisionele Koreaanse braai wêreldwye bekendheid verwerf. Onder die Suid-Koreaanse hoofgeregte het Bulgogi (불고기, gebraaide beesvleisrepies) 'n besondere plek. Die repies vleis wat in 'n mengsel van sojasous, sesam en speserye gemarineer is, word op 'n koolvuur gebraai. Galbi (갈비) is sagte stukkies ribbetjies, wat soos Bulgogi gemarineer en gebraai of gerooster word. In Suid-Korea is egter nie die vleis die hoofbestanddeel van die maaltyd nie, dit is steeds rys soos in die kookkunste van China, Japan en Viëtnam. In teenstelling met dié Asiatiese kookkunste speel soepe in die Koreaanse kookkuns 'n heelwat groter rol.

Sport en ontspanning

[wysig | wysig bron]
Taekwondo, die nasionale sportsoort van Suid-Korea
Die Suid-Koreaanse nasionale sokkerspan in 2012
Die Koreaanse nasionale rugbyspan teen Japan tydens die Asiatiese Rugbykampioenskap in 2016

Taekwondo is die nasionale sport van Suid-Korea[76] en het in 2000 'n Olimpiese sportsoort geword.[77] Ander Koreaanse vegkunste sluit in taekkyeon, hapkido, Tang Soo Do, Kuk Sool Won, kumdo en subak. Ná onafhanklikheidwording is talle Westerse sportsoorte na Suid-Korea ingevoer en het dit deur die onderwysstelsel versprei. Gelyktydig het die Koreaanse vegkunste in Westerse lande gewild geword en word nou wêreldwyd beoefen.

Sokker en bofbal word tradisioneel as die gewildste sportsoorte in Suid-Korea beskou.[78] Die Suid-Koreaanse nasionale sokkerspan is een van die suksesvolste spanne in Asië en het die Asiatiese Beker al twee keer gewen (in 1956 en 1960). Suid-Korea en Japan het die eerste Asiatiese lande geword wat 'n FIFA Sokker-Wêreldbeker gehuisves het en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 gemeenskaplik aangebied. Tydens dié toernooi het Suid-Korea die eerste nasionale sokkerspan van die Asiatiese Sokkerkonfederasie geword om die halfeindrondte van 'n Sokker-Wêreldbeker te haal. Hulle kon tot dusver vir elke Sokker-Wêreldbeker sedert 1986 kwalifiseer en het drie keer tot die uitklopfase deurgedring: in 2002, 2010 en 2022, waar hulle die agtste eindrondte gehaal het. Daarbenewens het hulle een keer aan die FIFA Sokker-Konfederasiebeker deelgeneem, maar hulle is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2001 in die groepfase uitgeskakel.

Bofbal is in 1905 deur Amerikaanse sendelinge ná Korea gebring en dit het sedertdien 'n sterk groei getoon, ook tydens die Japannese besetting. Die Koreaanse Bofbal-kampioenskap is in 1982 gestig en is een van die gewildste bofballigas wêreldwyd. Die Suid-Koreaanse nasionale bofbalspan het tydens die 2006 World Baseball Classic derde geëindig en tydens die 2009-toernooi tweede. Die span se 2009-eindstryd teen Japan is wyd gekyk in Suid-Korea.

Basketbal is ook 'n gewilde sport in Suid-Korea. Suid-Korea word tradisioneel as een van die top-basketbalspanne in Asië beskou en het een van die sterkste basketbalafdelings op die vasteland.

Rugby word ook in Suid-Korea gespeel, maar die Koreaanse nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle is tans Asië se derde sterkste span ná Japan en Hongkong[79] en ding in die Asiatiese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. Hulle het dié toernooi al vyf keer gewen (in 1982, 1986, 1988, 1990 en 2002), 17-keer in die derde en agt keer in die vierde plek geëindig.

Ander ontspanningsaktiwiteite sluit ook die bordspeletjies Go en Janggi in. Go word deur tussen vyf en tien persent van die Suid-Koreaanse bevolking beoefen.[80] Sowat 1,2 miljoen Koreane speel Janggi, waarvan 124 op professionele vlak.[81][82]

Suid-Korea is een van drie Asiatiese lande waar tot dusver Olimpiese Spele en Paralimpiese Spele gehuisves is. In Seoel is die Olimpiese Somerspele 1988 en die Paralimpiese Somerspele 1988 aangebied, die laaste tydens die Koue Oorlog. In Pyeongchang is die Olimpiese Winterspele 2018 en daarna die Paralimpiese Winterspele 2018 beslis.

Die Koreaanse Grand Prix is vanaf 2010 tot 2013 as deel van die Formule Een-wêreldkampioenskap op die Koreaanse Internasionale renbaan van Yeongam beslis, maar dit het nie 'n breë ondersteuning geniet nie en is toe weer gekanselleer.[83]

Korea en Suid-Afrika

[wysig | wysig bron]
Oorlogsgedenkteken in Korea wat die Korea-oorlog (1950–1953) herdenk (let op die Suid-Afrikaanse vlag regs)
Gedenkteken vir Suid-Afrikaners wat gesneuwel het in die Korea-oorlog. Die gedenkteken kan gevind word op 'n muur in die tuine van die Uniegebou in Pretoria

Weens Suid-Afrika se destydse militêre alliansie met Westerse lande het 'n eskader van die Suid-Afrikaanse Lugmag aan die Korea-oorlog (1950–1953) deelgeneem.[84]

Volgens die webtuiste van die Suid-Afrikaanse ambassade in Suid-Korea het die twee lande in 1992 formele diplomatieke betrekkinge aangeknoop. In Julie 1995 en April 1998 het die eertydse President Nelson Mandela en Thabo Mbeki in sy hoedanigheid as adjunkpresident onderskeidelik besoeke aan Suid-Korea afgelê en daarmee ekonomiese bilaterale handelsbande verstewig. Suid-Afrika is Suid-Korea se grootste handelsvennoot in Afrika en Suid-Korea is Suid-Afrika se vierde grootste handelsvennoot in Asië. Suid-Afrika voer veral onverwerkte minerale soos ferrochroom of platinum, halfverwerkte goedere soos staal en voedsel soos suiker uit.[85] Twee groeiende gebiede van moderne uitruiling sluit in groen energie, waar Suid-Koreaanse en Suid-Afrikaanse maatskappye sonenergie en seldsame aardelemente uitruil,[86] en bilaterale beleggings.

Vandag is daar heelwat gegradueerde Suid-Afrikaners wat Engels in Suid-Koreaanse privaat- en regeringskole onderrig.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "A New Way of Seeing Country Social Responsibility" (PDF). Faculty of Philosophy and Social-Political Sciences. Alexandru Ioan Cuza University: 6. Besoek op 4 Augustus 2024.
  2. (ko) "[시행 2016.8.4.] [법률 제13978호, 2016.2.3., 제정] (Handhawing 2016.8.4. Wet No 13978, uitgevaardig op 3 Februarie 2016". 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2016. Besoek op 11 Maart 2016.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Korea, South". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 Augustus 2024.
  4. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 4 Augustus 2024.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Korea". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 4 Augustus 2024.
  6. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 4 Augustus 2024.
  7. (en) "Gini Index – Korea, Rep". Wêreldbank. Besoek op 4 Augustus 2024.
  8. (en) "South Korea". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 Augustus 2024.
  9. (en) Roberts, John Morris; Westad, Odd Arne (2013). The History of the World. Oxford University Press. p. 443. ISBN 978-0-19-993676-2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2023. Besoek op 15 Julie 2016.
  10. (en) Gardner, Hall (27 November 2007). Averting Global War: Regional Challenges, Overextension, and Options for American Strategy. Palgrave Macmillan. pp. 158–159. ISBN 978-0-230-60873-3. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2021. Besoek op 15 Julie 2016.
  11. (en) Laet, Sigfried J. de (1994). History of Humanity: From the seventh to the sixteenth century. UNESCO. p. 1133. ISBN 978-92-3-102813-7. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2023. Besoek op 8 November 2016.
  12. (en) Rossabi, Morris (20 Mei 1983). China Among Equals: The Middle Kingdom and Its Neighbors, 10th–14th Centuries. University of California Press. p. 323. ISBN 978-0-520-04562-0. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2023. Besoek op 8 November 2016.
  13. (en) Yi, Ki-baek (1984). A New History of Korea. Harvard University Press. p. 103. ISBN 978-0-674-61576-2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2023. Besoek op 8 November 2016.
  14. (en) Yunn, Seung-Yong (1996), "Muslims earlier contact with Korea", Religious culture of Korea, Hollym International, p. 99 
  15. (pt) Dourado, Fernão. "Atlas de Fernão Vaz Dourado". Arquivo nacional da Torre do Tombo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Junie 2020. Besoek op 13 Augustus 2020.
  16. (es) "1369MAPAS E ICONOGRAFIA DOS SÉCS. XVI E XVII" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2021. Besoek op 13 Augustus 2020.
  17. (pt) pato, Raymundo. "Cartas de Afonso de Albuquerque, vol. 1". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2021. Besoek op 13 Augustus 2020.
  18. (zh) "Korea原名Corea? 美國改的名". United Daily News. 5 Julie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 28 Maart 2014.
  19. (en) Barbara Demick (15 September 2003). "A 'C' Change in Spelling Sought for the Koreas". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2016. Besoek op 28 Maart 2016.
  20. (ko) 이기환 (30 Augustus 2017). "[이기환의 흔적의 역사]국호논쟁의 전말…대한민국이냐 고려공화국이냐". 경향신문. Kyunghyang Shinmun. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 2 Julie 2018.
  21. (ko) 이덕일. "[이덕일 사랑] 대~한민국". 조선닷컴. The Chosun Ilbo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 2 Julie 2018.
  22. 22,0 22,1 (en) Myers, Brian Reynolds (28 Desember 2016). "Still the Unloved Republic". Sthele Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 10 Junie 2019.
  23. (en) Myers, Brian Reynolds (20 Mei 2018). "North Korea's state-loyalty advantage". Free Online Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2018. Besoek op 26 Mei 2018.
  24. 24,0 24,1 (de) Hiyoul Kim (2004). Koreanische Geschichte. Einführung in die Koreanische Geschichte von der Vorgeschichte bis zur Moderne. Bonn: Asgard-Verlag. pp. 1–3. ISBN 3-537-82040-2.
  25. (de) Dieter Kuhn (2014). Neue Fischer-Weltgeschichte: Ostasien bis 1800. Frankfurt am Main: Fischer. p. 68. ISBN 978-3-10-010843-2.
  26. (de) Dieter Kuhn (2014). Ostasien bis 1800. Frankfurt am Main: Fischer. p. 71.
  27. 27,0 27,1 27,2 (de) Dieter Kuhn (2014). Ostasien bis 1800. Frankfurt am Main: Fischer. p. 79.
  28. (de) Dieter Kuhn (2014). Ostasien bis 1800. Frankfurt am Main: Fischer. p. 78.
  29. (en) Veronika Siska (2017). Genome-wide data from two early Neolithic East Asian individuals dating to 7700 years ago. doi:10.1126/sciadv.1601877. Besoek op 21 Maart 2017. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  30. (en) Jungeun Kim, Sungwon Jeon, Jae-Pil Choi, Asta Blazyte, Yeonsu Jeon (27 Maart 2020). The Origin and Composition of Korean Ethnicity Analyzed by Ancient and Present-Day Genome Sequences. pp. 553–565. doi:10.1093/gbe/evaa062. ISSN 1759-6653. PMC 7250502. PMID 32219389. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  31. (en) Takashi Gakuhari, Shigeki Nakagome, Simon Rasmussen, Morten E. Allentoft, Takehiro Sato (25 Augustus 2020). "Ancient Jomon genome sequence analysis sheds light on migration patterns of early East Asian populations". Communications Biology. 1 (3 uitg.). pp. 1–10. doi:10.1038/s42003-020-01162-2. ISSN 2399-3642. Besoek op 6 Oktober 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  32. (en) Alexander Vovin. "Origins of the Japanese Language". Besoek op 4 Augustus 2024.
  33. 33,0 33,1 33,2 (en) Michael D. Shin, Injae Lee (2014). Korean History in Maps: From Prehistory to the Twenty-First Century. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-1-107-09846-6.
  34. (en) Vovin, Alexander. (2013). From Kogury to T’amna: Slowly riding to the South with speakers of Proto-Korean. Korean Linguistics. doi:10.1075/kl.15.2.03vov.
  35. (en) Hee-soo Lee. Early Korea-Arabic Maritime Relations Based on Muslim Sources. Republiek Korea: Silk Road Programme, Knowledge Bank.
  36. (en) "Koreas agree to military hotline". CNN. 4 Junie 2004. Besoek op 4 Augustus 2024.
  37. (en) Hyunsu Yim en Jack Kim (11 April 2024). "Opposition win in South Korea election to deepen policy stalemate for Yoon". Reuters. Besoek op 4 Augustus 2024.
  38. (en) Justin McCurry (16 Januarie 2024). "Unification with South Korea no longer possible, says Kim Jong-un". The Guardian. Besoek op 4 Augustus 2024.
  39. (en) Sang-Hun Choe (7 Mei 2023). "The Forces Behind South Korea's and Japan's Thaw". The New York Times. Besoek op 4 Augustus 2024.
  40. (en) "Japan and South Korea hold first strategic dialogue in nine years". The Japan Times. 6 Oktober 2023. Besoek op 4 Augustus 2024.
  41. (ko) "행정안전부> 정책자료> 통계> 주민등록 인구통계". Departement van Binnelandse Sake en Veiligheid. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2018. Besoek op 20 April 2018.
  42. (en) Charles Scanlon (18 Maart 2005). "South Koreans vent fury at Japan". BBC. Besoek op 4 Augustus 2024.
  43. (en) "Korea Air Pollution Problems". Amerikaanse Universiteit van Washington. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2010. Besoek op 9 Maart 2010.
  44. (en) Randolph T. Hester (28 Augustus 2009). "Letter to Lee administration: Save the Songdo Tidal Flat". The Hankyoreh. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2011. Besoek op 11 Mei 2011.
  45. (en) Ucilla Wang (28 Julie 2008). "South Korea Boosts Renewable-Energy Investments by 60%". Greentechmedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2008. Besoek op 21 Desember 2008.
  46. (en) "South Korea's green new deal". CNN. 18 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2010. Besoek op 31 Augustus 2010.
  47. (en) Josh Smith en Sangmi Cha (8 Junie 2020). "Jobs come first in South Korea's ambitious 'Green New Deal' climate plan". Reuters. Besoek op 4 Augustus 2024.
  48. (en) Ko Jun-tae (8 September 2020). "Moon vows to shut down 30 more coal plants to bring cleaner air and battle climate change". The Korea Herald. Besoek op 4 Augustus 2024.
  49. (de) Werner Pascha: Von der Agrargesellschaft zum IT-Staat: Der Aufstieg Südkoreas zur Wirtschaftsmacht. In: Lee Eun-Jeung/Hannes B. Mosler (reds.): Länderbericht Korea. Bonn: Bundeszentrale für politische Bildung 2015, bl. 231
  50. (en) Day, Dong-Ching (2021). "Four Asian Tigers' Political and Economic Development Revisited 1998-2017: From the Perspective of National Identity". Asian Journal of Interdisciplinary Research. 4 (4): 54–61. doi:10.54392/ajir2147.
  51. (en) Mark Zastrow (3 Junie 2016). "Why South Korea is the world's biggest investor in research". Nature. Besoek op 4 Augustus 2024.
  52. (en) Chiara Franzoni, Giuseppe Scellato, Paula E. Stephan (2011). "Changing Incentives to Publish" (PDF). 6043 (333 uitg.). Science: 702. doi:10.1126/science.1197286. Besoek op 4 Augustus 2024. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  53. (en) Paula E. Stephan (2012). How Economics Shapes Science. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press. p. 44. ISBN 978-0-674-04971-0.
  54. (en) Soo Bin Park (17 Mei 2012). "South Korean research centre seeks place at the top". Nature. Besoek op 4 Augustus 2024.
  55. (en) "OECD Science, Technology and Industry Scoreboard 2015. Innovation for growth and society". OESO. 2015. Besoek op 4 Augustus 2024.
  56. (en) Michelle Jamrisko, Wei Lu (17 Januarie 2017). "These Are the World's Most Innovative Economies". Bloomberg. Besoek op 4 Augustus 2024.
  57. (en) Martin Pasquier (17 Mei 2016). "Can South Korean startups (and the government) save its flailing giant tech conglomerates?". TechCrunch. Besoek op 4 Augustus 2024.
  58. (de) Gutachten zu Forschung, Innovation und technologischer Leistungsfähigkeit Deutschlands 2016 (PDF). Berlyn: Expertenkommission Forschung und Innovation. 2016. p. 52. ISBN 978-3-00-051948-2. Besoek op 4 Augustus 2024.
  59. (de) Gutachten zu Forschung, Innovation und technologischer Leistungsfähigkeit Deutschlands 2016 (PDF). Berlyn: Expertenkommission Forschung und Innovation. 2016. p. 53. ISBN 978-3-00-051948-2. Besoek op 4 Augustus 2024.
  60. (en) Victoria Gilman (15 Mei 2006). "Photo in the News: Female Android Debuts in S. Korea". National Geographic. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2014. Besoek op 14 Augustus 2014.
  61. (en) "Korea, Russia Enter Full-Fledged Space Partnership". Defence Talk. 5 Julie 2007. Besoek op 4 Augustus 2024.
  62. (en) "First S Korean astronaut launches". BBC. 8 April 2008. Besoek op 4 Augustus 2024.
  63. (en) "S. Korea Completes Work on Naro Space Center". The Korea Times. 10 Junie 2009. Besoek op 4 Augustus 2024.
  64. (en) "(3rd LD) S. Korean satellite lost shortly after launch: gov't". Yonhap. 26 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Oktober 2018. Besoek op 1 Oktober 2018.
  65. (en) Chris Bergin (30 Januarie 2013). "South Korea launch STSAT-2C via KSLV-1". NASASpaceflight.com. Besoek op 4 Augustus 2024.
  66. Cho & Whitman (2020), pp. 11–12.
  67. (en) Andrea Matles Savada en William Shaw: South Korea: A Country Study. Vierde uitgawe. Washington, DC: Federal Research Division / Library of Congress 1992, bl. xvi
  68. (en) "South Korea's education success". BBC. 13 September 2005. Besoek op 4 Augustus 2024.
  69. (en) "Current health expenditure (% of GDP)". Wêreldbank. 2022. Besoek op 4 Augustus 2024.
  70. (en) "Global Health Workforce statistics database". Wêreldgesondheidsorganisasie. 2022. Besoek op 4 Augustus 2024.
  71. (en) "Mortality rate, under-5 (per 1,000 live births)". Wêreldbank. 2022. Besoek op 4 Augustus 2024.
  72. (en) John Walsh (20 Februarie 2014). "Hallyu as a Government Construct: The Korean Wave in the Context of Economic and Social Development". In Yasue Kuwahara (red.). The Korean Wave: Korean Popular Culture in Global Context. New York: Palgrave Macmillan. pp. 13–31. doi:10.1057/9781137350282_2. ISBN 978-1-137-35027-5.
  73. (de) Claudia Kramatschek (28 Oktober 2002). "Koreanische Literatur. Ein Radio-Essay". Deutschlandfunk. Besoek op 4 Augustus 2024.
  74. (en) Park Hyong-ki (31 Desember 2015). "'It's time for webtoons to go global in 2016'. Korean digital comic platforms zero in on overseas forays, cross-media deals". The Korea Herald. Besoek op 4 Augustus 2024.
  75. (en) Sonia Kolesnikov-Jessop (10 Oktober 2008). "Korean art emerges from China's shadow". The New York Times. Besoek op 4 Augustus 2024.
  76. (en) "Taekwondo designated as South Korea's flagbearing national sport". insidethegames. 4 April 2018. Besoek op 4 Augustus 2024.
  77. (en) "Tae kwon do". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 Augustus 2024.
  78. (ko) "프로스포츠, 흥행 봄날 오나…야구·축구 인기몰이 중". EBN. 17 Maart 2015. Besoek op 4 Augustus 2024.
  79. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 4 Augustus 2024.
  80. (en) "History of Go". British Go Association. 4 Mei 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 30 Mei 2014.
  81. (ko) "Koreaanse Janggivereniging". Koreaanse Janggivereniging. Besoek op 4 Augustus 2024.
  82. (ko) "프로기사 정보 ( 총 124 명 )". Koreaanse Janggivereniging. Besoek op 4 Augustus 2024.
  83. (en) Andrew Benson (4 Desember 2013). "New Jersey, Mexico, and Korea dropped from 2014 F1 calendar". BBC. Besoek op 4 Augustus 2024.
  84. (en) Jack D. Walker. "A Brief Account of the Korean War". Information. Korean War Veterans Association. Besoek op 4 Augustus 2024.
  85. (en) "South African Embassy, Seoul". Besoek op 4 Augustus 2024.
  86. (en) "Opening remarks at the seminar commemorating the 30th anniversary of the relations between South Korea and South Africa" (PDF). Besoek op 4 Augustus 2024.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen
Korea en Suid-Afrika

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]