Gaan na inhoud

Republiek China

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die land wat algemeen as Taiwan bekend staan. Vir die eiland wat die grootste deel van hierdie land uitmaak, sien Taiwan (eiland).
Republiek China
中華民國 (Chinees)
Zhōnghuá Mínguó (Mandaryns)
Tiong-hûa Bîn-kok (Taiwannees)
Cunghua Minkuo (Formosaans)
Chûng-fà Mìn-koet (Hakka)
Vlag van die Republiek China Embleem van die Republiek China
Vlag Embleem
Volkslied: 中華民國國歌 (Chinees)
Zhōnghuá Míngúo gúogē (Mandaryns)
Tiong-hôa Bîn-kok Kok-koa (Taiwannees)
Chûng-fà Mìn-koet Koet-kô (Hakka)
(Afrikaans: "Nasionale volkslied van die Republiek China")

Vlagvolkslied: 中華民國國旗歌 (Chinees)
Zhōnghuá Míngúo Gúoqígē (Mandaryns)
Tiong-hôa Bîn-kok Kok-kî-koa (Taiwannees)
Chûng-fà Mìn-koet Koet-khì-kô (Hakka)
(Afrikaans: "Nasionale vlaglied van die Republiek China")
Ligging van die Republiek China
Hoofstad Taipei[1][2]

25°04′N 121°31′O / 25.067°N 121.517°O / 25.067; 121.517

Grootste stad Nieu-Taipei

25°01′N 121°28′O / 25.017°N 121.467°O / 25.017; 121.467

Amptelike tale Chinees-Mandaryns (de facto),[3] Formosaans,[4] Taiwannees[5] en Hakka[6]
Regering

President
• Adjunkpresident
Eerste minister
• Adjunkpremier
Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Lai Ching-te
Hsiao Bi-khim
Cho Jung-tai
Cheng Li-chun
Onafhanklikheid
Vorming
• Wuchang-opstand
• Xinhai-rewolusie
• Stigting van
die Republiek
• Huidige grondwet
• Verskuiwing na
die eiland Taiwan


10 Oktober 1911
10 November 1911

1 Januarie 1912
25 Desember 1947

7 Desember 1949
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
35 980[7] km2  (138ste)
13 892 myl2
10,34
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
23 595 274[7] (58ste)
23 123 866[8]
642,7 / km2 (17de)
1 698,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$1 792 miljard[9] (20ste)
$76 858[9] (15de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$802,958 miljard[9] (21ste)
$34 432[9] (30ste)

MOI (2021) 0,926[10] (19de)  –  baie hoog
Gini (2017) 34,1[11] –  medium
Geldeenheid Dollar (NT$) (TWD)
Tydsone
 - Somertyd
NST (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .tw, .台灣, .台湾[12]
Skakelkode +886

Die Republiek China (Chinees: 中華民國, pinyin: Zhōnghuá Mínguó, [ʈ͡ʂʊ́ŋxu̯ɑ̌ mǐnku̯ɔ̌]; wat soms ook Republiek China op Taiwan, Nasionaal-China of dikwels net Taiwan genoem word) is een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van China is (die ander een is die Volksrepubliek China). Naas die hoofeiland Taiwan sluit die Republiek China se de facto-staatsgebied 'n reeks kleiner eilande soos Penghu, Kinmen, Matsu, Dongsha, Zhongsha en Nansha in.

Die Nasionale Chiang Kai-shek-Gedenksaal se naam is in laat 2007 gewysig tot Nasionale Gedenksaal van die Taiwan-demokrasie
Konfusius-tempel in Kaohsiung
Ingangspoort tot die Chiang Kai-shek-gedenksaal in Taipei

Die Republiek China het sy oorsprong in die Nasionaal-Chinese Republiek wat in 1912 uitgeroep is – as die eerste Asiatiese land met 'n demokratiese regeringstelsel.[13] Tot 1949 het hierdie republiek die hele China ingesluit, vanaf 1945 ook die eiland Taiwan wat tydelik deur Japan beheer is. Nadat die Nasionaal-Chinese regering onder leiding van die Guomindang-party in die Chinese burgeroorlog tussen 1927 en 1949 'n nederlaag teen die Kommunistiese Party van China gely het, het die Guomindang onder leiding van Chiang Kai-shek op 10 Desember na die eiland Taiwan uitgewyk, nadat die Kommuniste op die vasteland onder Mao reeds op 1 Oktober in Beijing die Volksrepubliek China geproklameer het. Na ramings het tussen 1,8 en twee miljoen Nasionaal-Chinese – Guomindang-partylede, soldate, sakelui, grondbesitters en kleinboere, monnike, kunstenaars, intellektueles, maar ook krimineles – hulle binne enkele maande op Taiwan gevestig.[14] Hulle het China se destydse goudreserwes en baie kunsskatte na Taiwan geneem. Ook gedurende die 1950's en 1960's het tienduisende vastelandse Chinese hulle op Taiwan gevestig, meestal vanuit Hongkong en Burma (tans Mianmar).

Die uitbreek van die Korea-oorlog in Junie 1950 het verseker dat Taiwan van groot strategiese belang vir die Verenigde State geword het. Die Amerikaanse president Truman het oorlogskepe na die Seestraat van Taiwan gestuur om die eiland teen 'n moontlike kommunistiese inval te beskerm, terwyl die Nasionaal-Chinese regering ook finansieel deur Washington gesteun is.

Die Republiek China het in die tweede helfte van die 20ste eeu ongekende vooruitgang op politieke en ekonomiese gebied beleef. Vinnige ekonomiese groei en tegnologiese vooruitgang het gepaard gegaan met politieke liberalisering. Die outoritêre polisiestaat het tot 'n veelparty-demokrasie met 'n verkose president as staatshoof en vrye media, gelykheid tussen die geslagte, en respek en agting vir menseregte ontwikkel wat onder die mees gevorderde nywerheidslande gereken word.

Ondanks die groot skade, wat die eiland Taiwan gedurende die Tweede Wêreldoorlog as gevolg van lugaanvalle gely het, en ondanks die moeilike situasie ná die verlore Chinese burgeroorlog op die vasteland, toe 'n nuwe regering in Taipei gevestig moes word, is sy ekonomiese geskiedenis dié van 'n onderontwikkelde land wat sy ekonomie binne enkele dekades herstruktureer en tot een van die welvarendste ter wêreld ontwikkel het. Nog in 1900 was die eiland Taiwan se bevolking slegs twee miljoen, en in 1958 is sowat sestig persent van die land se uitvoerwaarde nog met suiker en rys verdien. Hierdie aandeel het reeds in 1972 tot slegs drie persent gedaal.[15] Die bruto nasionale produk het van slegs VS$200 in die tydperk kort ná die Tweede Wêreldoorlog tot meer as VS$13 000 in 1999 gestyg.[16] Vandag is die land met sy 23,5 miljoen inwoners een van die vernaamste produsente van inligtingstegnologie en ander elektronika.

As eerste demokratiese en vrye Chinese samelewing het die eilandrepubliek nie net die kultuur en tradisies van China bewaar nie, maar ook sy eie nasionale kulturele identiteit ontwikkel waarin Chinese, Japannese, Westerse en inheemse invloede op 'n wonderlike manier versmelt. Taiwan bied eersterangse Chinese kookkuns, sy bevolking vier tradisionele Chinese en inheemse feeste en bewaar 'n ryk erfenis van godsdienstige boukuns met sy groot verskeidenheid tempels.[17]

Etimologie

[wysig | wysig bron]

Eilandname

[wysig | wysig bron]
Die woord "Taiwan" geskryf in Tradisionele Chinese (bo) en Vereenvoudigde Chinese (onder) karakters

In sy boek Daoyi Zhilüe (1349) het Wang Dayuan Liuqiu as 'n naam gebruik vir die eiland of die deel daarvan naby aan Penghu.[18] Elders was die naam gebruik vir die Ryukyu-eilande oor die algemeen of spesifiek die Okinawa-eilande; die naam Ryūkyū is die Japannese variant van Liúqiú. Die naam het ook in die Boek van die Sui (636) en ander vroeë werke verskyn, maar geleerdes kan nie ooreenkom of hierdie verwysings op Ryukyu, Taiwan of selfs Luzon dui nie.[19]

Die naam Formosa (福爾摩沙) dateer uit 1542, toe Portugese seevaarders dit op hul kaarte opgeteken het as Ilha Formosa (Portugees vir "mooi eiland").[20][21] Die naam Formosa het uiteindelik "al die ander in die Europese letterkunde vervang"[22] en het tot in die 20ste eeu algemeen onder Engelssprekendes gebly.[23][24][25]

In 1603 het 'n Chinese ekspedisievloot geanker by 'n plek in Taiwan genaamd Dayuan, 'n variant van "Taiwan".[26][27][28] In die vroeë 17de eeu het die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie 'n handelspos gestig by Fort Zeelandia (nou Anping) op 'n kussandbank genoem "Tayouan",[29] na hul etnoniem vir 'n nabye Taiwannese inheemse stam, moontlik die Taivoan.[30] Dié naam is ook opgeneem in die Chinese volksmond as die naam vir die sandbank en nabygeleë gebied (Tainan). Die moderne woord "Taiwan" is afgelei van hierdie gebruik en dit is in verskillende transliterasies geskryf (大員,大圓,大灣,臺員,臺圓 of 臺窩灣) in Chinese historiese optekeninge. Die gebied wat deur die hedendaagse Tainan beslaan word, was die eerste permanente nedersetting deur beide Europese koloniste en Chinese immigrante. Die nedersetting het gegroei tot die eiland se belangrikste handelsentrum en was tot in 1887 sy hoofstad.

Die gebruik van die huidige Chinese naam (臺灣 / 台灣) het reeds in 1684 amptelik geword onder die Qing-dinastie met die stigting van die Taiwan-prefektuur met sy setel in die huidige Tainan. Deur sy vinnige ontwikkeling het die hele Taiwannese vasteland uiteindelik as "Taiwan" bekend geword.[31][32][33][34]

Name van die land en regsgebied

[wysig | wysig bron]
Die woord "Republiek China" geskryf in Tradisionele Chinese (bo) en Vereenvoudigde Chinese (onder) karakters

Die amptelike naam van die land in Afrikaans is "Republiek China". Kort ná die Republiek China se stigting in 1912, toe dit nog op die Chinese vasteland geleë was, het die regering om na homself te verwys die kortvorm "China" (Zhōngguó, 中國) gebruik, ontleen aan zhōng ("sentraal" of "middel") en guó ("staat, nasionale staat"). Die term het onder die Zhou-dinastie verander en na sy koninklike landboedels verwys en is onder die Oostelike Zhou toegepas op die gebied rondom Luoyi (nou Luoyang) en later op die Chinese Sentrale Vlakte, voordat dit onder die Qing 'n sinoniem geword het vir die staat.[35] Die naam van die republiek was afkomstig uit die Tongmenghui se partymanifes in 1905, waarvolgens die vier doele van die Chinese rewolusie was "om die Mantsjoe-heersers te verdryf, Chunghwa te laat herleef, 'n republiek te stig en om grond gelykop te verdeel onder die mense." Die rewolusionêre leier Sun Yat-sen het die naam Chunghwa Minkuo voorgestel sodra die rewolusie sou slaag.

Gedurende die 1950's en 1960's, nadat die Republikeinse regering na Taiwan ontwyk het, is daarna algemeen as "Nasionaal-China" (of "Vrye China") verwys om dit te onderskei van die "Kommunistiese China" (of "Rooi China").[36] Oor die daaropvolgende dekades heen het die Republiek China na die hoofeiland algemeen bekend geword as "Taiwan". Om verwarring te voorkom het die Republiek China se regering in 2005 "Taiwan" langs sy amptelike naam begin plaas.[37] In staatspublikasies deur die Republiek China word die naam geskryf as "Republiek China (Taiwan)", "Republiek China/Taiwan" of soms "Taiwan (RC)".[38][39][40]

Die term "Taiwan-gebied" is gebruik om na die eiland Taiwan, Penghu, Kinmen, Matsu en ander gebiede onder beheer van die Republiek China te verwys[41] in kontras met "Vastelandsgebied" wat verwys na Republiek China-gebied buite die Taiwan-gebied en onder Chinese kommunistiese beheer.[42]

Die Republiek China neem onder die naam "Chinese Taipei" deel aan die meeste internasionale forums en organisasies as 'n kompromie met die Volksrepubliek China (VRC). Byvoorbeeld is dit die naam waaronder dit deelneem aan Olimpiese Spele en die APEC.[43] Die term "Taiwan-owerhede" word soms deur die Volksrepubliek China gebruik om na die regering op Taiwan te verwys.[44]

Geografie

[wysig | wysig bron]

Ligging en topografie

[wysig | wysig bron]
Nasa-Satellietbeeld van Taiwan

Die Republiek China beslaan sedert 1949, toe op die Chinese vasteland 'n kommunistiese volksrepubliek uitgeroep is, 'n totale oppervlakte van 36 197 vierkante kilometer. Die hoofeiland Taiwan, geleë in die Stille Oseaan, het 'n oppervlakte van 35 801 vierkante kilometer, 'n maksimale lengte van 394 kilometer en 'n maksimale wydte van 144 kilometer. Sy vorm herinner aan 'n tabakblaar. Die Republiek China op Taiwan behels daarnaas die eilandgroepe Pescadores (Penghu), Matsu (Mazu) en Quemoy (Jinmen) in die Straat van Taiwan asook 'n aantal kleiner eilande wat onder meer in die Suid-Chinese See lê.

Die kleiner eilande het ongerepte natuur. Die vulkaniese Groen Eiland, Ludao, staan bekend vir sy weelderige plantegroei en warm soutwaterbronne, maar word histories ook verbind as die eiland waar politieke gevangenes en ballinge gedurende die sogenaamde "Wit Terreur" van die 1950's aangehou is. Die Orgideë-eiland, ook bekend onder sy Chinese naam Lanyu, het 'n klein inheemse bevolking van 3 000. Die plaaslike Tao is een van die mees geïsoleerde etniese groepe in die Republiek China wat eers in 1945 in aanraking gekom het met die moderne beskawing. Die Penghu-argipel, vroeër bekend as Pescadores-eilandgroep, bestaan uit 64 eilandjies.

Taiwan word in die weste deur die Seestraat van Taiwan van die Chinese vasteland se suidooskus geskei en in die suide deur die Seestraat van Luzon van die Filippyne. In die ooste word Taiwan deur die Filippynse Bekken begrens. Die eiland grens in die noorde aan die Japannese eilandgroep Ryūkyū en die Oos-Chinese See. Sy ligging tussen Korea en Japan in die noorde en Hongkong en die Filippyne in die suide maak van Taiwan 'n belangrike tussenstop vir reise na en in Asië.

Taiwan is 'n bergagtige eiland – byna twee derdes van sy oppervlakte word deur beboste berggebiede beslaan, en net een derde is geskik vir landbou. Die Sentraalgebergte, wat oor 'n afstand van 270 kilometer in noord-suidelike rigting strek, verdeel die eiland in twee hoofkuslandskappe met uitlopers van die groter bergreekse, terrasvormige vlaktes en kusvlaktes en -bekkens. Meer as eenhondert pieke met hoogtes van meer as 3 000 m maak deel uit van die sentrale bergreeks. Die hoogste hiervan is die Jadeberg op 3 952 m bo seevlak. Taiwan se ooskus is betreklik steil, die noordkus word oorheers deur vulkaniese pieke met hoogtes van meer as 1 000 m, terwyl die suidkus deur talle sandstrande gekenmerk word. Die relatief plat weskusgebied is dig bevolk.

Natuurwonders en tektoniek

[wysig | wysig bron]
Die sterrehemel oor die bergpiek Hehuanshan in Sentraal-Taiwan

Danksy sy groot verskeidenheid landskappe word na die eiland Taiwan dikwels verwys as die "Juweel van Asië".[45] Besienswaardighede langs die ooskus aan die Stille Oseaan sluit kranse met reënwoud, steil berge wat bo-oor die kuslyn verrys en ongerepte natuur in. 'n Gewilde toeristetrekpleister is die Taroko-ravyn wat sowat 19 km van die kus af in die bergwêreld ingekerf lê. Hier het die Liwu-rivier diep in marmergesteente gesny waarvan die ouderdom op tot vier miljoen jaar geraam word. Taroko is een van min marmerravyne op aarde en 'n eersterangse toonvenster vir Taiwan se geologie. Dit maak tans deel uit van die gelyknamige nasionale park.

Weens Taiwan se ligging teen die rand van die Filippynse tektoniese plaat – die eiland maak deel uit van die geologiese "Ring van Vuur" wat die Stille Oseaan-bekken omsluit – word orals op die eiland spore van vulkaniese aktiwiteit uit die verlede soos 'n honderdtal warmbronne aangetref. Die bekendste warmbronne is in Yangmingshan en in die streek rondom Wulal naby Taipei geleë. Gedurende die blomtyd in die lente spog die digte reënwoud hier met 'n oordaad bloeisels, terwyl die lug met swawelgeur deurtrek is. Taiwan word weens die eiland se tektoniek net soos Japan dikwels deur aardbewings getref sodat geboue en infrastruktuur aan hoë veiligheidsstandaarde moet voldoen.

Alishan, 'n landskap geleë by die noordelike keerkring, word onder Asië se mees asemberowende natuurwonders gereken, onder meer danksy die sonsopgang oor 'n meer van wolke, wat in die oggendure gaandeweg in die warm sonstrale begin oplos om 'n uitsig oor die streek se groen bergpieke te bied. Alishan is ook die vertrekpunt vir toere na die Jadeberg (Yushan), die hoogste bergpiek in Noordoos-Asië wat 'n uitsig oor Taiwan se sentrale bergreeks bied. Noord van Alishan, in die Nantou-distrik, is Taiwan se bekende Son-maan-meer geleë, 'n gewilde fotomotief danksy die bergpieke van die omgewing wat op sy stille water weerkaats.

Klimaat

[wysig | wysig bron]
Die Qingshui-kranse in die noorde van die Nasionale Taroko-park, naby Hualien, in die laat somer

Noord-Taiwan maak deel uit van die subtropiese klimaatsone, terwyl die suide 'n tropiese klimaat het, met gemiddelde temperature tussen 28 °C in Julie en 14 °C in Januarie. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur varieer tussen 22 °C in die noorde en 24 °C in Suid-Taiwan.

Die somermaande tussen Mei en September is gewoonlik baie warm en bedompig, met gemiddelde maksimale temperature tussen 27 en 35 °C. Die winterseisoen tussen Desember en Februarie is betreklik kort met gematigde temperature – die kwik daal gewoonlik nie laer as tussen 12 en 16 °C nie. Sneeuval bly beperk tot hoër geleë bergstreke.

Neerslae varieer grootliks, afhangende van die seisoen, plek en hoogte bo seevlak. Taiwan kry baie reën, met 'n jaarlikse gemiddeld van 2 500 mm. Jaarliks beweeg tussen drie en vier tifone – tropiese siklone – oor Taiwan, meestal tussen Junie en Augustus. Die hooftoeristeseisoene met aangename weer is die lente (tussen Maart en Mei) en die najaar (tussen September en November). Oktober met sy stabiele weerstoestande – warm, winderige en droë weer – is die beste tyd om 'n besoek aan die noorde van Taiwan te bring.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Vroeë geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Baxiandong: Grotte van Changbin
Penghu 1 (nou in die Nasionale Museum vir Natuurwetenskappe in Taichung)
Vermoedelike kuslyn tydens die Pleistoseen[46]

Taiwan het sowat vyf miljoen jaar gelede ontstaan as gevolg van die Eurasiese Plaat se botsing met die Filippynse Plaat. Tydens die laaste glasiale tyd (110 000 tot ca. 10 000 jaar gelede) in die Laat Pleistoseen was die seevlak soms ietwat meer as 100 m benede die huidige vlak, waardeur die eiland 'n landverbinding met die Asiatiese vasteland gehad het. Oor dié landverbinding het sowat 20 000 jaar gelede die eerste anatomies moderne mense (Homo sapiens) Taiwan bereik. Ook ander Hominini het tydens die Laat Pleistoseen vermoedelik oop die eiland voorgekom. In 2015 is 'n menslike onderkakebeen wetenskaplik beskryf, wat naby die Penghu-eiland gevind is. Dié fossiel, Penghu 1, is tot dusver slegs onakkuraat gedateer – dit is glo tussen 10 000 tot 190 000 jaar oud – en is óf van 'n Homo sapiens óf 'n Homo erectus.[47] In 1972 is in die distrik Zuozhen (左鎮區) van Tainan menslike beenfragmente gevind, wat volgens datering sowat 20 000 tot 30 000 jaar oud is.[48]

Die oudste menslike artefakte is in grotte langs die ooskus gevind. Van besondere belang is die vondsplek Baxiandong (八仙洞遺址) in die landelike gemeente Changbin. Die artefakte wat daar gevind is, is tot sowat 10 000 jaar oud. Die kultuur wat daarmee verbind word, word ook "Changbin-kultuur" (長濱文化) genoem. Daaruit het later die Dabenkeng-kultuur ontwikkel. Dié kultuur is vermoedelik uit Suidoos-Asië afkomstig, miskien die in Viëtnam opgespoorde Hoa-Binh-kultuur wat langs die Chinese kus versprei het.

Neolitikum

[wysig | wysig bron]
Geografiese ligging van Neolitiese kulture in China

Die Neolitikum is gekenmerk deur landbou en 'n megalietkultuur, wat menhirs opgerig het en steenkiste as grafte gebruik het. Dié mense was oorspronklik afkomstig uit die verder noord geleë Liangzhu- of Hemudu-kultuur wat van die 7de tot die 2de millenium in die Zhejiang-provinsie opgespoor is en neolities as besonder gevorderd beskou word, hoewel daar geen oorblyfsels van skrif ontdek is nie. Hul ekonomie was gebaseer op rys, asook varke en honde as voedselbronne. Veral hul intensiewe hondeteling het die hele Stille Oseaan en die inheemse Amerika sterk beïnvloed. Deesdae is dié A2-lyn in China baie skaars en het soos die Austronesiese tale van die vasteland verdwyn wat op vermenging dui.[49][50]

Die hele A2-lyn se basale voorouer (waarna in die studie nog as A1b verwys is) is 'n sowat 7 000 jaar oue hond van die vroegste Hemudu-kultuur, wie sy afstammelinge oor Taiwan tot die Australiese dingo's en die Polinesiërs se talle uitgestorwe honde insluit, wat 'n verspreiding van Taiwan tot Nieu-Guinee en saam met die Lapita-kultuur na die Stille Oseaan se eilande staaf. Teen 3250 v.C. het dingo's saam met mense van Nieu-Guinee af Australië bereik. Onlangse navorsings dui daarop, dat Taiwan die oorspronklike tuisland was van die Austronesiërs, wat ook die Polinesiërs insluit.[51] Besonder noemenswaardig is die Polinesiërs se taalwetenskaplike en genetiese verwantskap met die inheemse volke van Taiwan. Miskien is die uitwyking van die Polinesiërs se voorsate veroorsaak deur die migrasie vanuit die Chinese vasteland – wat chronologies konsekwent sou wees.

Daar was egter ook 'n noordwaartse verspreiding van die daaropvolgende Majiabang-kultuur, wat tot die Tsjoekotka-skiereiland en selfs so ver as Groenland gestrek het en 'n verspreiding oor die Ryukyu-eilande, die Japannese Argipel, die Russiese eiland Sachalin asook die Koerile na die Kamtsjatka-skiereiland en met die Inuïete in 'n oostelike rigting na Noord-Kanada is ook deur vondse bewys.

Vroeë geometriese figure, asook jadeverwerking en rysverbouing het hierdie kultuur gekenmerk, wat oënskynlik ook verreikende betrekkinge met kulture langs die Geelrivier gehad het. Dit is dus een van China se belangrikste kulture wat met die verowering deur die Zhou-dinastie beëindig is. Die daaropvolgende sogenoemde "geometriese" tydperk het op die vasteland reeds teen 1500 v.C. verskyn, maar op Taiwan eers teen 500 v.C. Die "geometriese kultuur" is op die vasteland rondom 700 v.C. deur die uit 'n oostelike rigting invallende Zhou-Chinese verdring en het die ysterverwerking na Taiwan saamgebring. In die jare van 200 v.C. tot omtrent 200 n.C. het in talle golwe mense wat deur die Han-dinastie verdring is hulle op die eiland gevestig.

Nog in die eerste helfte van die 1ste millenium het die kulture op die Chinese vasteland en dié op die aflandige eilande kulturele en taalkundige verwantskappe getoon. Ná die Sinifikasie van hierdie gebiede deur die Han-dinastie was daar vir 'n lang tydperk geen kulturele verbindings tussen China en Taiwan nie. Die Taiwannese inheemse volke het egter handelsbetrekkinge in 'n suidelike rigting onderhou, byvoorbeeld met die Filippyne.

Vroeë kontakte met die Chinese Keiserryk

[wysig | wysig bron]

Oor Taiwan se kontakte met die Chinese vasteland voor die aankoms van die Europeërs is daar skaars bronne. Die geskiedkundige werk Sui Shu ("Geskiedenis van die Sui-dinastie") beskryf 'n Chinese ekspedisie na 'n Liuqiu (琉球) genoemde eilandryk aan die begin van die 7de eeu. Party mense vermoed dat die genoemde plek Taiwan is, maar wetenskaplikes is dit nie eens nie, aangesien daar ook leidrade is, dat Liuqiu ook na die Ryukyu-eilande kon verwys het.[52]

Tydens die Song- en Yuan-dinastieë is die Penghu-eilande wes van Taiwan by die Chinese Keiserryk ingelyf en het deel geword van die Fujian-provinsie.

In die aan die begin van die 18de eeu gepubliseerde werk "臺灣府志 Táiwānfǔ zhì ("Beskrywing van die Taiwan-prefektuur") word 'n 15de-eeuse reis deur die admiraal Zheng He as eerste Chinese ekspedisie na Taiwan genoem, oor wie se historiese korrektheid wetenskaplikes egter oneens is.

Hoewel dit veronderstel kan word, dat oor die tyd heen telkens Chinese vissermanne, handelaars of seerowers op Taiwan gebly het, het die eerste groot migrasiegolf en permanente vestiging vanuit China eers aan die begin van die 17de eeu onder die Nederlandse heerskappy plaasgevind.[53]

Europese magte op Taiwan

[wysig | wysig bron]
Gebiede in die 17de eeu (vandag se gebiedsgrense word ook aangedui)
Johannes Vingboons (1616/1617–1670): 'n Kaart van Formosa, ca. 1640
Fort Zeelandia, ca. 1635

In 1517 het die Portugese die eiland vir Europa ontdek en dit Ilha Formosa genoem – die "mooi eiland". In 1624 het Nederlandse seevaarders en die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie die eiland se suide beset en hul hoofstad het Tainan geword. In 1626 het Spanjaarde die noorde van die eiland verower en nedersettings by Keelung en Tamsui gestig, maar hulle is in 1641 deur die Nederlanders weer verdryf.

Die Nederlandse koloniale administrasie se invloed op die inheemse volke se kultuur was aansienlik: Deur die implementering van hoofmanne by kulture met min of geen administrasie is die stamstrukture verander, deur die Christelike kerstening is die mitologiese verbeeldings en tradisionele lewensvorms omgekeer. Daar het nuwe gedrags- en dinknorme, nuwe dorps- en magstrukture ontwikkel. Tussen 1624 en 1644 was daar nog migrasiegolwe deur Han-Chinese.

Koninkryk Dongning

[wysig | wysig bron]

Toe die Mantsjoe op die Chinese vasteland al hoe meer veld gewen en die Ming-dinastie se einde nader gekom het, het in 1661 die Ming-lojalis Zheng Chenggong met 35 000 soldate in 400 jonke na Taiwan gevlug. Daar het hy gehoop om 'n nuwe basis vir die herowering van China op te rig. Sy troepe het vir nege maande die Nederlandse hoofbasis Fort Zeelandia beleër. Hulle het in 1662 oorgegee, waardeur die Nederlandse koloniale bewind in Taiwan beëindig is. Die feodale staatstelsel wat daarna deur Zheng en sy volgelinge opgerig is, het die naam "Koninkryk Tungning" (of Dongning) verkry.

Taiwan onder die Qing-dinastie

[wysig | wysig bron]

In 1682 is die Ming-lojaliste egter deur die Mantsjoe onderwerp. Hulle het die eiland vir die eerste keer onder gesag van die vastelandse China gebring en in 1684 is aan die eiland die status van 'n prefektuur binne die Fujian-provinsie gegee. Die aan die rand van die keiserryk geleë Taiwan was vir 'n lang tyd 'n minder belangrike besitting aan die buitewyke van China.

Die "beskawing" van die inheemse volke wat deur die Europeërs begin is, is deur die Chinese voortgesit. In 1734 is 50 skole gestig, waar die kinders onderrig ontvang het in die Chinese taal en kultuur. In 1758 is 'n wet goedgekeur, waarvolgens die Taiwannese bevolking gedwing is om Mantsjoe-haarstyle en Chinese kleredrag te dra en Chinese name aan te neem. Die Han het veral die volke in die eiland se plattelandse gebiede gesiniseer, die as aggressief beskoude bergstamme met hul tradisionele koppesnellery-kultuur het onder die Chinese bewind min of meer onaangetas gebly. Onder die Chinese is Boeddhisme en Konfusianisme ingevoer, wat die deur die Nederlanders verspreide Christendom meerendeels verdring het.

In die laaste dekades van die Qing-dinastie se heerskappy oor Taiwan in die tweede helfte van die 19de eeu het die eiland meer en meer aantreklik geword vir Europese koloniale magte en Japan. Die Pruisiese Oos-Asië-ekspedisie van 1859 tot 1862 het ook die moontlikheid ondersoek om Formosa as 'n kolonie in besit te neem, maar weens 'n gebrek aan hulpbronne is dit nie werklik probeer nie.[54] In onderskeidelik 1867 en 1874 is Amerikaanse en Japannese strafekspedisies na Formosa onderneem, nadat plaaslike inheemses gestrande skipbreukelinge vermoor het, sonder dat China iets teen die skending van sy grondgebied kon onderneem. Tydens die Chinees-Franse oorlog in 1884/1885 het Franse mariniers naby Keelung voet aan val gesit en dele van die eiland beset. Frankryk het dit ook oorweeg, om die hele eiland as 'n Franse kolonie te verower. Dit het egter nooit gebeur nie, omdat die Franse militêre operasies slegs beperkte sukses behaal het. In 1885 het die eerste Taiwannese koerant verskyn, Tâi-oân-hú-siâⁿ Kàu-hōe-pò, uitgegee deur die Presbiteriaanse sendeling Thomas Barclay, in Taiwannees in die Pe̍h-ōe-jī-transliterasie.[55] Dit word vandag nog gepubliseer.

Op 19 Januarie 1886 is Taiwan van die Fujian-provinsie afgestig en het amptelik 'n Chinese provinsie op sy eie geword. Administratief is die provinsie in drie prefekture (Taipei, Taiwan en Tainan) ingedeel, wat op hul beurt uit elf wyke en ses distrikte bestaan het, wat direk aan die provinsiale administrasie ondergeskik was.[56]

Taiwan as 'n Japannese kolonie

[wysig | wysig bron]
Vlag van die Republiek van Formosa
Die Rukai-hoofman tydens 'n besoek aan die Antropologiese Afdeling van die Keiserlike Universiteit van Tokio

Ná die Eerste Chinees-Japannese Oorlog in 1894/95 moes die Chinese Keiserryk die eiland volgens die Verdrag van Shimonoseki aan die Japannese Keiserryk oorhandig. Die inheemse bevolking het teen dié verdrag protes aangeteken en die "Demokratiese Nasie Taiwan" gestig, 'n onafhanklike en Qing-lojale republiek. Die Japannese het dié eerste republiek ná 184 dae onderwerp en 50 jaar se koloniale heerskap begin (1895–1945). Hulle het Taiwan sistematies ekonomies ontwikkel.

Die Japannese koloniale administrasie het ook die bergstamme onder sy beheer gebring en skole en polisiestasies is in hul dorpies opgerig. Hoewel die Japannese die inheemses etnologies en antropologies ondersoek het, het hulle hul koppesnellery en Sjamanisme verbied en ook met hervestigings hierdie stamme se kulture aan 'n diepgaande verandering onderwerp en daarmee hul kulturele praktyk verander. Die Japannese koloniale administrasie het op hul beurt probeer om Sjintoïsme in te voer. Hulle het die verowerde volke 'n "behoorlike leefwyse" opgedwing. Paaie en spoorweë is gebou om die land beter te ontwikkel. Ondanks al hierdie pogings het in 1930 die Wushe-insident plaasgevind, 'n bloedige opstand deur die Seediq-stam, waarop die Japannese met slagtings geantwoord het. Daarna het die koloniale administrasie 'n stelsel doringdraadomheinde reservate geïmplimenteer. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is mans van die Taiwannese inheemse stamme (veral van die Amis) vir die Keiserlike Japannese Weermag opgeroep, daarbenewens was die eiland 'n teiken van geallieerde bomaanvalle.

Republiek China op Taiwan

[wysig | wysig bron]

Chinese Burgeroorlog

[wysig | wysig bron]
Amptelike oorhandiging van Formosa deur Japan aan die Republiek China op 25 Oktober 1945. Op die agtergrond die vlae van die vier seëvierende magte (v.l.n.r.): Sowjetunie, Verenigde State, Republiek China en Verenigde Koninkryk

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Kuomintang al die verdrae met Japan herroep en die herowering van Taiwan het 'n strategiese doelwit geword. Op die Kaïro-konferensie in 1943 het in die gesamentlike verklaring van 1 Desember 1 Desember 1943 die oorhandiging van Taiwan, Mantsjoerye en die Penghu-eilande aan die Republiek China ook 'n eis van die geallieerdes geword. Ná die Japannese oorgawe is die eiland Taiwan saam met die Penghu-eilande op 25 Oktober 1945 amptelik aan die Republiek China oorhandig en die Chinese generaal Chen Yi (陳儀) het die amp van goewerneur-generaal oorgeneem. Japan het egter eers in 1952 met die Verdrag van Taipei amptelik afstand gedoen van sy eis op Taiwan en die Penghu-eilande. Vervolgens het 25 Oktober as "Terugplasingsdag" (光復節, Guāngfù Jié) 'n nieamptelike gedenkdag in die Republiek China op Taiwan geword.

Ná die Japannese oorgawe het Kuomintangtroepe die eiland beset. Aangesien Taiwan tydens die Japannese bewind 'n groot ekonomiese opswaai beleef het, was die lewensomstandighede beter as dié op die oorloggeteisterde vasteland. Dit en die omstandighede dat baie Taiwannese in die Japannese Weermag geveg het, het in die Kuomintangadministrasie misverstande veroorsaak. Op Japannese besittings is beslag gelê en na die vasteland verskuif; die administrasie was korrup. Die ekonomiese toestande het dramaties agteruitgegaan, waarvolgens op die eiland 'n aktiewe sluikhandel ontstaan het, waarop die Kuomintang gereageer het met die oprigting van 'n monopoliekantoor.

28 Februarie-insident
Oproerige Taiwannese bestorm tydens die 28 Februarie-insident die Monopoliekantoor

Nadat op die aand van 27 Februarie 1947 twee monopoliekantoorbeamptes 'n straathandelaar aangerand het, het menseskare gevorm. Die beamptes het op die skare begin skiet en een Taiwannees is dood. Op die daaropvolgende dag het 'n opstand losgebrand. Die oorlogsreg is verklaar. Die opstandiges het daarin geslaag, om deels beheer oor te neem oor die eiland en 'n selfregering op te rig. Kuomintangtroepe het na sekere weke die opstand egter onderdruk en tydens die sogenoemde "Wit Terreur" (Báisè Kǒngbù) teen die Taiwannese bevolking is volgens huidige skattings sowat 30 000 mense vermoor.

In April 1947 is die militêre met 'n burgerlike regering vervang wat ook inheemses ingesluit het.

Vestiging op Taiwan en stigting van 'n nuwe staat

[wysig | wysig bron]
Binne die Nasionale Chiang Kai-shek-Gedenksaal in Taipei
'n Amptelike kaart van die Republiek China, uitgereik in Mei 1979 deur die Nasionale Vergadering se kantoor. Die eis op die Volksrepubliek China se gebied, maar ook ander gebiede, wat histories onder beheer was van die Qing-dinastie (Mongolië, dele van Mianmar, Noordoos-Indië, Tiwa ens.), was vir 'n lang tyd formeel van krag.

In 1949 het sowat 1,2 miljoen ondersteuners van die Kuomintang onder generalissimo Chiang Kai-shek ná hul nederlaag teen die Kommuniste onder leiding van Mao Zedong, wie gevolglik die Volksrepubliek China uitgeroep het, na Taiwan uitgewyk. Daarmee het Taiwan, met talle kleiner eilande, die enigste grondgebied van die Republiek China geword. In Maart 1950 is Hainan van die Kommuniste verower, maar reeds een maand later kon die Kommuniste dié eiland herower. Weens die parlement se spesiale struktuur het die Kuomintang die land tot in 1992 as 'n eenheidsparty geregeer. Saam met honderdduisend soldate van die Kuomintangweermag het ook talle lede van die Republiek China se voormalige elite, waaronder baie wetenskaplikes, ingenieurs en intellektuelles, hulle op Taiwan gevestig. Hulle het die Taiwannese samelewing se nuwe elite gevorm en was 'n belangrike faktor tydens Taiwan se vinnige omwenteling van 'n arm agrariese land tot 'n moderne nywerheidsland in die daaropvolgende dekades. Ten spyte van die onderdrukkende politieke regime, wat deur die alomteenwoordige vrees vir 'n Kommunistiese omverwerping aangespoor is, het die Kuomintangregering belangrike ekonomiese en sosiale hervormings aangepak, wat die land se ontwikkeling bevorder het. Die vrouestemreg is in 1953 ingevoer.[57] Van 1953 af het die eerste minister Chen Cheng 'n grondhervorming aangepak, waarmee tot in 1975 sowat 139  ha grond onder 268 000 kleinboere verdeel is, waardeur hulle vir die eerste keer eienaars geword het van die grond wat hulle voorheen gehuur het. Die rysoeste het van 1949 tot 1960 met 50% toegeneem en die boere se gemiddelde inkomste het verdriedubbel.[58][59][60] Terselfdertyd het die staat 'n sistematiese industrialisering van die land uitgevoer. Sedert die 1950's het Taiwan 'n lang tydperk van ekonomiese groei geniet en mettertyd toenemend komplekse goedere geproduseer. Aanvanklik was die industrieel vervaardigde uitvoergoedere tekstiel en eenvoudige plastiekprodukte, later chemiese produkte, fietse, ens. en uiteindelik hoogs komplekse produkte soos halfgeleiers en rekenaartoebehore.[61] Die onderwysstelsel is ook aansienlik uitgebrei en talle kolleges en universiteite is gestig.

Beginnende liberalisering en demokratisering

[wysig | wysig bron]
Chiang Ching-kuo as president

Ná Chiang Kai-shek se dood in 1975 het sy seun Chiang Ching-kuo staatspresident geword. Die politieke stelsel is in 'n toenemende mate geliberaliseer en opposisie-eise vir 'n hervorming van die politieke stelsel het al hoe dringender geword (Betogings in in Zhongli 1977, Kaohsiung-insident in 1979). Terselfdertyd het die staat in 'n ernstige buitelandse beleidskrisis verval, nadat die Republiek China as gevolg van die VN-resolusie 2758 in 1971 ten gunste van die Volksrepubliek China uit die Verenigde Nasies se organisasies uitgestoot is en in 1979 selfs die Verenigde State, Taiwan se langjarige beskermingsmag, diplomatieke betrekkinge met die Volksrepubliek China aangeknoop en sy amptelike diplomatieke betrekkinge met Taiwan beëindig het (Taiwan Relations Act). Die Kuomintangregering het die behoefte van binnelandse hervormings erken. Die noodwette is geleidelik opgehef en in 1987 is ook die sedert 1949 aanhoudende noodtoestand beëindig.[62] Sedert 1987 is ook die stigting van nuwe politieke partye wettig. Die Demokratiese Progressiewe Party (DPP) het spoedig die belangrikste opposisieparty geword, 'n volledige demokratisering geëis en in teenstelling met die Kuomintang die herenigingsvereis met die Chinese vasteland verwerp. In 1988 is ook die verbod op die stigting van nuwe koerante gelig.[63][64]

In 1991 is die sedert 1946 dienende, nog op die Chinese vasteland verkose parlementslede uit die Nasionale Vergadering afgedank en 'n nuwe Nasionale Vergadering demokraties verkies. In 1992 is die eerste vrye en algemene parlementsverkiesing in Taiwan gehou. Met 'n grondwetlike wysiging is die regstreekse presidentsverkiesing deur die volk pleks van die vorige verkiesing deur die Nasionale Vergadering ingevoer. In 1996 is die eerste regstreekse presidentsverkiesing gehou en deur die sittende president Lee Teng-hui (KMT) gewen. Die Volksrepubliek China het in die aanloop tot die verkiesing met militêre maneuvers in die Straat van Taiwan die verkiesing volgens hul wense probeer beïnvloed, waarmee hulle die Derde Straat van Taiwan-krisis geloods het.

Presidentskap van Chen Shui-bian (2000–2008)

[wysig | wysig bron]
Chen Shui-bian, die eerste DPP-president

In 2000 is met die Demokratiese Progressiewe Party se Chen Shui-bian vir die eerste keer 'n politikus tot president verkies wat nie 'n lid van die sedert 1945 regerende Kuomintang was nie. Sedertdien kan Taiwan beskryf word as 'n ten volle ontwikkelde demokrasie. Terselfdertyd is daar 'n ontwikkeling na 'n groeiende sterk Taiwannese identiteit met al hoe minder inwoners wat hulself primêr as Chinees beskou.

Chen Shui-bian was die president van 'n hoogs gepolariseerde samelewing. Sy teenstanders het hom daarvan beskuldig dat hy nie oor 'n voldoende demokratiese legitimiteit beskik het nie, aangesien hy die presidentsverkiesing in 2000 met slegs 39,3% van die stemme gewen het. In die parlement, die Wetgewende-Yuan, het Chen met 'n meerderheid van die sogenoemde panblou-partye onder leiding van die Kuomintang te kampe gehad, wat sy beleid probeer blokker het. Aan die ander kant was hy nie in staat om die maksimale wense van die DPP-ondersteuners te vervul nie, wat 'n volledige Taiwannese onafhanklikheidsverklaring en 'n amptelike afstanddoening van die herenigingvereiste met die vasteland geëis het, ook omdat hy sterk buitelandse druk in die gesig gestaar het van die Verenigde State, wat 'n konfrontasie met die Volksrepubliek China wou vermy.

Chen het dus afstand gedoen van 'n amptelike onafhanklikheidsverklaring en slegs versigtige, meer simboliese stappe in hierdie rigting geneem. Tydens die presidentsverkiesing 2004 het Chen met sy adjunkpresidentskandidaat Annette Lu 'n naelskraapse oorwinning met 50,11% behaal oor die panblou-kandidate. Tydens sy tweede ampstermyn het Chen se betrokkenheid in 'n korrupsieskandaal aan die lig gekom en die president se reputasie het gedaal. Massabetogings ("Een miljoen stemme teen korrupsie, president Chen moet bedank") het die president se onmiddellike bedanking geëis, wie se regering as gevolg van die skandaal polities onbekwaam geword het.

Presidentskap van Ma Ying-jeou (2008–2016)

[wysig | wysig bron]

Vanweë Chen Shui-bian se groot ongewildheid het sy party, die DPP, tydens die Wetgewende-Yuan-verkiesing en die presidentsverkiesing 2008 swaar nederlae gely. Die Kuomintang het 'n tweederdemeerderheid setels in die Wetgewende-Yuan gewen en die KMT-kandidaat Ma Ying-jeou is met 'n groot meerderheid tot president verkies. Die voormalige president Chen Shui-bian is van korrupsie in die amp aangekla, skuldig bevind en lewenslank asook tot 'n hoë boete gevonnis. Die hofsaak was polities baie omstrede. Chen se ondersteuners het die Kuomintangregering van 'n politieke wraakveldtog verdink. Vanweë sy swak gesondheid is Chen in Januarie 2015 eindelik uit die tronk ontslaan. Tydens Ma se presidentskap was daar 'n verdere toenadering aan die Volksrepubliek China met 'n intensivering van ekonomiese en politieke betrekkinge. In 2012 is Ma herverkies. Tydens sy tweede ampstermyn was daar toenemende betogings, aangesien baie Taiwannese die toenadering aan die Volksrepubliek China as te omvangryk geag en 'n geleidelike verlies van die Taiwannese soewereiniteit gevrees het. Tydens die Sonneblombeweging in Maart/April 2014 het betogende studente die Wetgewende-Yuan-parlementsgebou beset en dit eers na toegewings deur die regerings ontruim. Die meningspeilings van 2015 en 2016 het 'n toenemende stemming vir verandering getoon.

Presidentskap van Tsai Ing-wen (2016–2024)

[wysig | wysig bron]

Tydens die presidentsverkiesing 2016 het die DPP-kandidaat Tsai Ing-wen 'n duidelike oorwinning behaal. In die gelyktydige Wetgewende-Yuan-verkiesing het die DPP vir die eerste keer ook die meerderheid setels gewen, waarvolgens die daarna gevormde regering onder die nuwe president op 'n breë parlementêre steun kon leen. Die daaropvolgende jare is gekenmerk deur 'n toename in spanning met die Volksrepubliek China. Hulle het Taiwan verder probeer isoleer en het daarin geslaag dat verskeie lande hul vroeëre diplomatieke betrekkinge met Taiwan beëindig het (São Tomé en Príncipe in 2016, Panama in 2017, Dominikaanse Republiek, Burkina Faso en El Salvador in 2018 asook Nicaragua in 2021). Tydens die presidentsverkiesing 2020 is Tsai herkies en haar party, die DPP, het ondanks 'n aansienlike verlies aan stemme weer die meerderheid setels gewen.

Ekonomie

[wysig | wysig bron]

Industrialisering

[wysig | wysig bron]
Die Ekonomiese en Handelspark Shuinan met sy sentrale lughawe
Die wolkekrabber 85 Sky Tower en die uitstallingsterrein in die hawestad Kaohsiung

'n Belangrike kenmerk van die Republiek China se industrialisering is die gelykmatige verspreiding van die welvaartskepping; Samuel P.S. Ho het reeds in 1975 in sy ondersoek oor die industriële ontwikkeling van Taiwan opgemerk dat daar nouliks verskille tussen die inkomste van stedelike werkers en selfstandige plattelandse kleinboere was.[65]

Wetenskaplikes het debat gevoer oor die rol wat die Taiwannese voorbeeld vir ander ontwikkelende lande kan speel. Daar is egter 'n aantal faktore wat moontlik daarop dui dat die Republiek China voordeel getrek het uit 'n voordelige konstellasie ten opsigte van sy eie sosio-ekonomiese hulpbronne en die Verenigde State se China-beleid in die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog:

  • Die relatief klein oppervlakte van die land het die modernisering van die vervoerstelsel, die motorisering van die bevolking en sodoende ook sy mobiliteit vergemaklik.
  • Die Republiek China se strategies gunstige ligging voor die Chinese vasteland en naby die seeroete tussen Japan en Europa het in die 20ste eeu die belangstelling van die groot moondhede gewek: Japan het die eiland sowat vyftig jaar as koloniale moondheid oorheers en ten opsigte van die infrastruktuur en sosiaal-psigologiese ontwikkeling van die bevolking al vroeg die basis vir 'n vinnige ekonomiese ontwikkeling geskep.
  • Die Chinese burgeroorlog op die vasteland het daartoe gelei dat China se ekonomiese en politieke elite hom ná die kommunistiese magsoorname in 1949 op die eiland gevestig en met sy wet-en-orde-beleid dekades lank die klimaat vir 'n geforseerde industriële ontwikkeling geskep.
  • Ná die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State in ooreenstemming met hulle antikommunistiese China-beleid Taiwan tot 'n soort strategiese "vliegdekskip" net voor die kus van die kommunistiese vasteland uitgebou.

Geeneen van hierdie redes sal op sigself 'n verklaring kan oplewer vir die ekonomiese opswaai van die land nie; maar hulle kombinasie gedurende die na-oorlogse groeifase van die wêreldekonomie was sekerlik 'n voorvereiste vir die sukses van die Nasionaal-Chinese ontwikkelingsmodel.

Huidige kenmerke

[wysig | wysig bron]
Die wolkekrabber Taipei 101 – magtige simbool van vrye en demokratiese China
Die Republiek China is die belangrikste vervaardiger van skootrekenaars op die wêreldmark. Twee IT-reuse – Acer en ASUS – het hier hul hoofkwartiere
Die nasionale Chinese lugredery China Airlines het – net soos Aeroflot, Air France, Delta, Korean Air en Aerolineas Argentinas – aangesluit by Sky Team, 'n vereniging van twintig internasionale lugrederye

Die Republiek China beskik oor 'n hoogs ontwikkelde, uitvoergerigte markekonomie. Sy grootste uitdagings is die politieke isolasie, dreigende marginalisering as gevolg van toenemende bilaterale en streeksooreenkomste vir ekonomiese samewerking en vrye handel, en die moontlike verlies aan mededingendheid op die wêreldmark.[66] Die land met 23,5 miljoen inwoners en 'n bruto binnelandse produk (BBP) van VSA-$529,9 miljard in 2016 (VSA-$22 495 per capita) is die 22ste grootste nasionale ekonomie ter wêreld en die 15de grootste handelsnasie.[67]

Een van die kenmerke van die Republiek China se ekonomie is sy stabiele ontwikkeling wat deur die globale ekonomiese en finansiële krisis van die jare 2008 en 2009 net tydelik onderbreek is. Die Republiek China word as 'n betroubare handelsvennoot beskou – met hoogs opgeleide en dinamiese mannekrag, 'n goeie vervoer-, kommunikasie- en IT-infrastruktuur, regssekerheid, 'n politieke en ekonomiese raamwerk wat beleggings en innovasies bevorder, 'n hoë lewensstandaard, en 'n binnelandse mark wat – alhoewel dit relatief klein is (met dieselfde bevolkingsgetal soos Australië) – deur 'n sterk vraag na handelsmerkprodukte gekenmerk word, 'n ideale geografiese ligging in die Asiatiese Stille Oseaan-streek en noue bande met die nabygeleë Volksrepubliek China gekenmerk word.

Die Republiek China het as een van die vier sogenaamde "Asiatiese tiers" ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige ekonomiese groei beleef wat aanvanklik op die uitvoer van landbouprodukte en later op dié van goedkoop nywerheidsgoedere berus het. Die huidige ekonomiese ontwikkeling word veral deur die inligtingstegnologiebedryf aangespoor – die land is hier reeds 'n wêreldmarkleier en verskaf veral OEM-komponente aan rekenaarvervaardigers. Tans word byvoorbeeld 98 persent van alle moederborde, 83 persent van alle skootrekenaars en 70 persent van alle vloeikristalskerms deur maatskappye uit die Republiek China vervaardig.[68]

Die land onderhou nou ekonomiese bande met die Volksrepubliek China en Taiwannese maatskappye het na ramings tussen 100 en 250 miljard VSA-$ op die Chinese vasteland belê waar ook 'n groot deel van die vervaardiging plaasvind. Aangesien loonkoste ook op die Chinese vasteland aan die styg is, belê steeds meer Nasionaal-Chinese maatskappye in Suidoos-Asiatiese lande soos Viëtnam. Vanweë sy hoë salaris- en loonvlak konsentreer die land hom tans op navorsing en ontwikkeling en hoëtegnologieë wat hoogs opgeleide mannekrag vereis.[69] In 2008 het die volgens skattings landbousektor 1,7, die nywerheidsektor 25,1 en die dienstesektor reeds 73,2 persent tot die land se bruto binnelandse produk bygedra.

Die Republiek China het daarin geslaag om sy vinnige ekonomiese groei sonder sosio-ekonomiese oneweredighede te bemeester – lae werkloosheidsyfers en 'n hoë vlak van geletterdheid (96 persent) het grootliks hiertoe bygedra. Eers as gevolg van die ekonomiese krisis het werkloosheid (5,31 persent in Januarie 2009) en ander sosiale vraagstukke sorgwekkend geword. Nogtans was die land se ekonomie vanweë die groot aandeel klein en middelgroot sakeondernemings in staat om buigsaam en vinnig op die krisis en sy uitdagings te reageer.

Handelsvennote

[wysig | wysig bron]

Die Republiek China se hoofuitvoervennote is die Volksrepubliek China 22%, die Verenigde State 15%, Hongkong 12%, Singapoer 7% en Japan 6% (in 2022). Die Republiek China se hoofuitvoere is geïntegreerde stroombane, masjienonderdele, rekenaars, geraffineerde petroleum en plastiek. Met weinig natuurlike hulpbronne om ekonomiese ontwikkeling te onderhou steun die Republiek China op ander lande vir meeste van sy grondstowwe; die land voer dus 'n verskeidenheid goedere in. Die land se hoof-invoervennote is die Volksrepubliek China 19%, Japan 12%, die VSA 10%, Suid-Korea 7% en Australië 6% (ook in 2022). Die Republiek China se hoofinvoere is geïntegreerde stroombane, ruolie, masjinerie, aardgas en steenkool en ander grondstowwe vir sy industrieë. Die Republiek China se algehele grootste handelsvennote is die Volksrepubliek China en die Verenigde State.[7]

Politiek

[wysig | wysig bron]

Internasionale erkenning

[wysig | wysig bron]
Olimpiese vlag vir die Republiek China, "Chinese Taipei" (中華台北) genoem
Ambassade van die Republiek China in Mbabane, Eswatini
Internasionale erkenning van die Republiek China
Diplomatieke betrekkinge van die Republiek China (Taiwan):

   Republiek China (Taiwan)

   Lande wat formele betrekkinge met die Republiek China (Taiwan) het

   Lande wat formele betrekkinge met die Volksrepubliek China en informele betrekkinge met Republiek China (Taiwan) het

Lande wat verhoudings met die Republiek China onderhou:

   Diplomatieke betrekkinge en ambassade in Taipei

   Nieamptelike verhoudings

Die Republiek China handhaaf diplomatieke bande met 12 state in Sentraal- en Suid-Amerika, Afrika, in die Stille Oseaangebied en met die Vatikaan. Al hierdie lande het as gevolg hiervan geen diplomatieke betrekkinge met die Volksrepubliek China nie.

Die oorgrote meerderheid lande volg Beijing se "Een-China-beleid". Al het die Europese Unie se lidstate, die Verenigde State, Japan, die Russiese Federasie asook die ASEAN-lande geen diplomatieke betrekkinge met die Republiek China nie, handhaaf hulle nieamptelike bande deur middel van sogenaamde "institute" (VSA, Duitsland), "kantore" (offices; Verenigde Koninkryk, Frankryk, Oostenryk), "handelskantore" (trade offices; Swede, Finland, EU-delegasie) of assosiasies (Japan, Indië).

Altesaam 70 state het nieamptelike verteenwoordigers in die Republiek China, insluitende sestien EU-lidstate en die Europese Unie se Delegasie, asook Switserland). As een van die oorspronklike stigterlede is die Republiek China sedert 1971 geen amptelike lidstaat van die Verenigde Nasies meer nie. Sy plek is – met die aanvaarding van Resolusie 2758 deur die Verenigde Nasies – ook in alle spesiale VN-organisasies deur die Volksrepubliek China oorgeneem.

As Separate Customs Territory of Taiwan, Penghu, Kinmen and Matsu (Chinese Taipei) het die Republiek China op 1 Januarie 2002 tot die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) toegetree – 'n stap wat die eilandstaat meer speelruimte op die gebied van internasionale handelsbeleid gee.

Afrika (1 land)


Europa (1 land)


Oseanië (3 lande)


Amerikas (7 lande)

Staatkundige verhouding met die Volksrepubliek China

[wysig | wysig bron]
'n Kaart wat die politieke verdelings soos opgetrek deur die Republiek China en die Volksrepubliek China wys
Die onafhanklikheidsbeweging in die Republiek China verwerp die historiese China-sentrisme en spreek hom ten gunste van nasionale soewereiniteit buite Beijing-China uit, gebaseer op Taiwan se eie identiteit
Taiwannees-vervaardigde Sea Oryx-grond-na-lug-missiele word tydens die 2015 Taipei Aerospace & Defense Technology Exhibition vertoon

In die tydperk tussen 1912 en 1949 het die amptelike naam Republiek China na die staat verwys wat destyds min of meer die hele Chinese grondgebied beslaan het. Sedert die jaar 1949 is die magsgebied van die Republiek China egter beperk tot die eiland Taiwan en 'n aantal eilandgroepe (Kinmen en Matsu) naby die Chinese vasteland en in die Suid-Chinese See (Pescadores-eilande).

Volgens sy grondwet, wat sy historiese oorsprong in die eerste helfte van die 20ste eeu het, maak die Republiek China nog steeds aanspraak op die hele grondgebied van China, die gebied van die huidige Mongolië en 'n aantal eilande, wat tans deur Japan geadministreer word. Met die begin van die demokratisering van Taiwan in die negentigerjare het hierdie gebiedseise egter geen beduidende rol meer in dié land se buitelandse beleid gespeel nie. Die Taiwannese bevolking is verdeeld oor die vraag of hul land steeds deel uitmaak van China of nie.

Pogings in 2006 om die republikeinse grondwet van Taiwan ten opsigte van die amptelike grense en soewereiniteit van die eiland te wysig, is veral vanweë die politieke druk van die Verenigde State nie verwesenlik nie, aangesien hierdie beleid as die eerste stap in die rigting van Taiwan se formele onafhanklikheidsverklaring beskou word – 'n stap wat deur Beijing as provokasie beskou sou kon word. Bewindhebbers op die vasteland het hul aanspraak op Taiwan in 'n wet verskans wat voorsiening maak vir militêre optrede in die geval van 'n eensydige Taiwannese onafhanklikheidsverklaring. Ook het die Volksrepubliek reeds honderde ballistiese missiele teen Taiwan ontplooi. Tans beperk die twee partye hulself egter tot suiwer diplomatieke gevegte.[70]

Soms gaan die politieke dispuut oor die gebruik van sekere terme wat binne die gegewe konteks as polities gelaai beskou moet word. So mag Taiwannese politici na hulself verwys as Zhongguoren ("burgers van China"), 'n term wat byval in Beijing sal vind; of as Huaren – 'n term wat alle etniese Chinese insluit, dus ook lede van die oorsese Chinese diaspora wat nie onder Beijing se gesag val nie – en juis daar skerp kritiek sal uitlok.[71]

Taiwan se politieke en staatkundige verhouding met die Volksrepubliek China bly een van die mees ingewikkelde vraagstukke van die internasionale politiek. Die meeste state ter wêreld het sedert 1971 die Volksrepubliek China in plaas van die Republiek China diplomaties erken. Internasionale organisasies verwys om politieke redes na die Republiek China as die "Chinese Taipei". Desondanks handhaaf Taiwan deur middel van sy handels- en ander kantore nou ekonomiese, kulturele en politieke bande met die res van die wêreld.

En al het die Verenigde State diplomatieke bande met Taiwan in 1971 verbreek, wettig die Amerikaanse Kongres se Wet op Betrekkinge met Taiwan (Taiwan Relations Act, TRA) van dieselfde jaar die uitvoer van militêre toerusting na die Republiek China en bevestig dit die VSA se de facto-status as Taiwan se militêre bondgenoot. Volgens die TRA het die VSA hulle verbind tot die verkoop van militêre toerusting vir verdedigingsdoeleindes.[72]

Sport

[wysig | wysig bron]
Die Chinese Professionele Bofballiga (CPBL) is die hoogste professionele bofballiga in die Republiek China
Tai Tzu-ying was die meeste weke die wêreld se nommer-een-enkelspeler op die Pluimbalwêreldfederasie (BWF) se ranglys

Die Republiek China is lid in internasionale sportbeheerliggame en neem sedert die 1980's aan internasionale sporttoernooie deel onder die naam "Chinees Taipei" vanweë druk uit die Volksrepubliek China in die Taiwan-konflik. Die Republiek China neem ook aan Olimpiese Spele sedert 1984 onder die amptelike naam "Chinees Taipei" deel en mag nóg sy nasionale vlag wys nóg sy volkslied speel.[73]

Bofbal word algemeen as die Republiek China se nasionale sport beskou en is 'n gewilde toeskouersport.[74] In 2022 kon die mansspan vyf medaljes op verskeie bofbalvlakke wen, insluitende o/12, o/15, o/18, o/23 en Bofbal5-toernooie, die eerste span wat daarin kon slaag.[75] Die Republiek China se nasionale mansbofbalspan en vrouebofbalspan was in Maart 2023 onderskeidelik vierde en derde op die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie (WBSC) se ranglys. Die Republiek China se Bofbal5-span het in Augustus 2023 die eerste rang beklee. Professionele bofbal het in die Republiek China 'n aanvang geneem met die stigting van die Chinese Professionele Bofballiga (CPBL) in 1989.[76] In 2021 is die CPBL deur vyf spanne beslis met 'n gemiddelde bywoning van 4 000 per wedstryd.[77] Enkele elitespelers het kontrakte onderteken met oorsese professionele spanne in die Major League Baseball (MLB) of die Nippon Professional Baseball (NPB). In die MLB-seisoen 2022 was daar 16 Taiwannese MLB-spelers, insluitende die voormalige gooiers Chien-Ming Wang en Wei-Yin Chen. In bofbalvariante beskik die Republiek China ook oor 'n sterk vrouesagtebalspan. Die nasionale vrousagtebalspan is tans in die derde plek op die WBSC-ranglys. Tydens die Wêreldspele 2022 se sagtebalitem kon hulle die bronsmedalje wen.[78]

Basketbal is die Republiek China se ander hoofsport.[79] Die P. League+ en T1 League is twee van die Republiek China se professionele basketballigas.[80][81] Sedert 2003 word ook die halfprofessionele Super Basketball League (SBL) beslis.[82] Van die ander gewilde spansportsoorte sluit in vlugbal en sokker. Die Republiek China is ook 'n vername mededinger korfbal.[83]

Rugby word ook in die Republiek China gespeel, maar die Taiwannese nasionale rugbyspan kon tot dusver nog nie vir 'n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Hulle ding in die Asiatiese Rugbykampioenskap met ander opkomende rugbyspanne mee. Hulle het tydens dié toernooi drie keer in die derde plek geëindig.

Die Republiek China het reeds verskeie sporttoernooie aangebied soos die Wêreldspele 2009 in Kaohsiung, asook die Dooflimpiese Spele 2009 en die Universiade 2017 in Taipei.[84] Taipei en Nieu-Taipei sal die Wêreldmeestersspele 2025 aanbied.[85] Hualien sal die Internasionale Kinderspele 2026 aanbied.[86] Ander vername sportkompetisies wat jaarliks in die Republiek China aangebied word, sluit in Taipei-maraton (maraton), Nieu-Taipei Wan Jin Shi-maraton (maraton), Taipei-ope (pluimbal), o/12-Bofbalwêreldbeker (bofbal), William Jones-beker (basketbal) en Tour de Taiwan (padfietsren).

Taekwondo is in 1966 in die Republiek China ingevoer vir militêre opleiding en dit het in 'n gevestigde vegkuns ontwikkel.[87] Die eerste twee Olimpiese goue medaljes wat deur Taiwannese atlete gewen is was in dié sportsoort. Tydens die Olimpiese Somerspele 2004 in Athene het Chen Shih-hsin en Chu Mu-yen goud gewen in onderskeidelik die vroue en mans se vlieggewig. Daaropvolgende taekwondodeelnemers het die Republiek China se taekwondokultuur versterk.

Daar is talle uitstekende Taiwannese spelers in ander individuele sportsoorte soos pluimbal, tennis, tafeltennis en gholf. Die Republiek China se sterkte in pluimbal word onderstreep deur Tai Tzu-ying, wat die meeste weke die wêreld se nommer-een-enkelspeler op die Pluimbalwêreldfederasie (BWF) se ranglys was, en haar landsburgers in die BWF Wêreldtoer.[88][89] Die Republiek China het ook 'n lang geskiedenis van groot internasionale prestasies in tafeltennis. Die vyfmalige Olimpiese deelnemer Chuang Chih-yuan het die meeste verskynings tydens Olimpiese Spele van enige Taiwannese atleet.[90] Yani Tseng is die jongste gholfspeler ooit, manlik of vroulik, wat vyf hoofgholfkampioenskappe kon wen en was die nommer-een op die vrouewêreldgholfranglys vir 109 opeenvolgende weke van 2011 tot 2013.[91][92][93] In tennis is Hsieh Su-wei die land se suksesvolste vroulike tennisspeler.[94][95]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "ROC Vital Information". Ministry of Foreign Affairs, Republic of China (Taiwan). 31 Desember 2014. Besoek op 10 September 2017.
  2. (en) "what languages are spoken in Taiwan". WorldAtlas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019. Besoek op 16 Januarie 2019.
  3. (en) Shih, Hsiu-chuan (27 Januarie 2018). "Taiwan mulling English as an official language, but is it ready?". Central News Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 16 Januarie 2019.
  4. (en) "President lauds efforts in transitional justice for indigenous people". Focus Taiwan. 19 Julie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019. Besoek op 16 Januarie 2019.
  5. (en) "Draft national language development act clears legislative floor". Taipei Times. 25 Desember 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2019. Besoek op 16 Januarie 2019.
  6. (en) "Hakka made an official language". Taipei Times. 30 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2019. Besoek op 16 Januarie 2019.
  7. 7,0 7,1 7,2 (en) "Taiwan". Central Intelligence Agency. Besoek op 8 Augustus 2024.
  8. (en) "General Statistical analysis report, Population and Housing Census" (PDF). National Statistics, ROC (Taiwan). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 19 Oktober 2017. Besoek op 26 November 2016.
  9. 9,0 9,1 9,2 9,3 (en) "Taiwan". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 8 Augustus 2024.
  10. (zh) "國情統計通報(第 195 號)" (PDF). Direktoraat-generaal van Begroting, Rekeningkunde en Statistiek. 14 Oktober 2021. Besoek op 8 Augustus 2024.
  11. (en) "Percentage share of disposable income by quintile groups of income recipients and measures of income distribution". stat.gov.tw. Republiek China. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2022. Besoek op 14 Julie 2022.
  12. (en) "ICANN Board Meeting Minutes". ICANN. 25 Junie 2010. Besoek op 8 Augustus 2024.
  13. (de) www.taiwantourismus.de: Allgemeine Informationen. Besoek op 8 Februarie 2018
  14. (en) Christopher L. Salter: Taiwan. Philadelphia: Chelsea House Publishers 2004, bl. 11
  15. (de) Schöller, Peter, Heiner Dürr en Eckart Dege (redakteurs): Fischer Länderkunde: Ostasien. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 209
  16. (en) Denny Roy: Taiwan. A Political History. Ithaca and London: Cornell University Press 2003, bl. 1
  17. (en) roughguides.com: Taiwan. Besoek op 8 Februarie 2018
  18. (en) Lawrence G. Thompson (1964). "The earliest eyewitness accounts of the Formosan aborigines". Monumenta Serica. 23: 166. doi:10.1080/02549948.1964.11731044. JSTOR 40726116.
  19. (en) Lawrence G. Thompson (1964). "The earliest eyewitness accounts of the Formosan aborigines". Monumenta Serica. 23: 163. doi:10.1080/02549948.1964.11731044. JSTOR 40726116.
  20. (en) "Chapter 3: History" (PDF). The Republic of China Yearbook 2011. Staatsinligtingskantoor, Republiek of China (Taiwan). 2011. p. 46. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Mei 2012.
  21. (en) "Ilha Formosa: the Emergence of Taiwan on the World Scene in the 17th Century". Nasionale Paleismuseum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2018. Besoek op 12 April 2018.
  22. (en) James W. Davidson (1903). The Island of Formosa, Past and Present : history, people, resources, and commercial prospects: tea, camphor, sugar, gold, coal, sulphur, economical plants, and other productions. Macmillan. p. 10. OL 6931635M.
  23. (en) William Campbell (1915). Sketches from Formosa. Marshall Brothers. OL 7051071M.
  24. (en) William Campbell (1903). Formosa Under the Dutch: Described from Contemporary Records, with Explanatory Notes and a Bibliography of the Island. Kegan Paul, Trench, Trubner. pp. 6–7. ISBN 978-957-638-083-9.
  25. (en) James W. Davidson (1903). The Island of Formosa, Past and Present : history, people, resources, and commercial prospects: tea, camphor, sugar, gold, coal, sulphur, economical plants, and other productions. Macmillan. OL 6931635M.
  26. (en) Lawrence G. Thompson (1964). "The earliest eyewitness accounts of the Formosan aborigines". Monumenta Serica. 23: 178. doi:10.1080/02549948.1964.11731044. JSTOR 40726116.
  27. (en) Jenco, Leigh K. (2020). "Chen Di's Record of Formosa (1603) and an Alternative Chinese Imaginary of Otherness". The Historical Journal. 64: 17–42. doi:10.1017/S0018246X1900061X.
  28. (zh) "閩海贈言". Nasional Sentrale Bibliotek. pp. 21–29. Besoek op 7 Januarie 2023.
  29. (en) François Valentijn (1903) [1724]. "History of the Dutch Trade". In William Campbell (red.). Formosa under the Dutch: described from contemporary records, with explanatory notes and a bibliography of the island. Kegan Paul. p. 52. ISBN 978-957-638-083-9. OCLC 644323041.
  30. Victor H. Mair (2003). "How to Forget Your Mother Tongue and Remember Your National Language". Pinyin.
  31. (zh) 蔡玉仙, red. (2007). 府城文史. Tainanse Stadsregering. ISBN 978-986-00-9434-3.
  32. (zh) Shih Shou-chien, red. (2003). 福爾摩沙 : 十七世紀的臺灣、荷蘭與東亞. Taipei: Nasionale Paleismuseum. ISBN 978-957-562-441-5.
  33. (en) Mitsutaka Kato (2007) [1940]. 昨日府城 明星台南: 發現日治下的老臺南. 臺南市文化資產保護協會. ISBN 978-957-28079-9-6.
  34. (en) J.L. Oosterhoff (1985). "Zeelandia, a Dutch colonial city on Formosa (1624–1662)". In Robert Ross; Gerard J. Telkamp (reds.). Colonial Cities: Essays on Urbanism in a Colonial Context. Springer. pp. 51–62. ISBN 978-90-247-2635-6.
  35. (en) Endymion Wilkinson (2000), Chinese History: A Manual, Harvard-Yenching Institute Monograph No. 52, Harvard University Asia Center, p. 132, ISBN 978-0-674-00249-4, https://books.google.de/books?id=ERnrQq0bsPYC&redir_esc=y 
  36. (en) John W. Garver (April 1997). The Sino-American Alliance: Nationalist China and American Cold War Strategy in Asia. M.E. Sharp. ISBN 978-0-7656-0025-7.
  37. (en) "論壇:台總統府網頁加注"台灣"". BBC 中文網. 29 Augustus 2005. Besoek op 8 Augustus 2024.
  38. (en) "Office of President of the Republic of China (Taiwan)". Kantoor van die Republiek China (Taiwan) se President. Besoek op 8 Augustus 2024.
  39. (en) "About Taiwan". Regering van Taiwan. Besoek op 8 Augustus 2024.
  40. (en) "President Tsai interviewed by BBC". Kantoor van die Republiek China (Taiwan) se President. 18 Januarie 2020. Besoek op 8 Augustus 2024.
  41. (en) "Act Governing Relations between the People of the Taiwan Area and the Mainland Area". Databasis van die Republiek China vir Wette en Regulasies, Departement van Justisie. 8 Junie 2022. Besoek op 8 Augustus 2024.
  42. (en) "Enforcement Rules for the Act Governing Relations between Peoples of the Taiwan Area and the Mainland Area". Databasis van die Republiek China vir Wette en Regulasies, Departement van Justisie. 30 Mei 2018. Besoek op 8 Augustus 2024.
  43. (en) "No need to avoid Xi at APEC, Taiwan envoy says after rare encounter". Reuters. 21 November 2022. Besoek op 8 Augustus 2024.
  44. (en) "White Paper—The One-China Principle and the Taiwan Issue". Ambassade van die Volksrepubliek China in die Koninkryk Noorweë. 21 Februarie 2000. Besoek op 27 November 2021.
  45. (de) EU-Asien.de: Landschaften in Taiwan. Besoek op 7 Februarie 2018
  46. (en) Tsang Cheng-hwa (2000). The archaeology of Taiwan (1 uitg.). Taipei: Rat für Kulturangelegenheiten des Exekutiv-Yuans. p. 52. ISBN 957-02-4590-5.
  47. (en) C. H. Chang, Y. Kaifu, M. Takai, R. T. Kono, R. Grün, S. Matsu’ura, L. Kinsley, L. K. Lin (Januarie 2015). The first archaic Homo from Taiwan. p. 6037. doi:10.1038/ncomms7037. PMC 4316746. PMID 25625212. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  48. (en) J. W. Olsen, S. Miller-Antoniio (1992). The Palaeolithic in Southern China. pp. 129–160. JSTOR 42929173. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  49. (en) Ancient DNA Evidence from China Reveals the Expansion of Pacific Dogs, Qiaomei Fu at al 2023, Mol. Biol. Evol. 37(5):1462–1469 doi:10.1093/molbev/msz311
  50. (en) Early Mixed Farming of Millet and Rice 7800 Years Ago in the Middle Yellow River Region, China. Zhang J, Lu H, Gu W, Wu N, Zhou K, Hu Y, et al. (2012) PLoS ONE 7(12): e52146. https://doi.org/10.1371/journal.pone.0052146
  51. (en) Shaw, B., Hawkins, S., Becerra-Valdivia, L. et al. Frontier Lapita interaction with resident Papuan populations set the stage for initial peopling of the Pacific. Nat Ecol Evol 6, 802–812 (2022). https://doi.org/10.1038/s41559-022-01735-w
  52. (zh) 柏楊 Bo Yang: 中國人史綱 Zhōngguórén shǐgāng. 同心出版 Tongxin-uitgewer, Beijing 2007, bl. 170.
  53. (en) Tonio Andrade: How Taiwan Became Chinese: Dutch, Spanish, and Han Colonization in the Seventeenth Century. Columbia University Press, New York 2008.
  54. (de) Christian Richter (1 Desember 2017). Auf dem Weg nach Deutsch-Formosa? Die preußische Ostasienexpedition und das deutsche Interesse an Formosa im 19. Jahrhundert (PDF). pp. 101–134. doi:10.3966/181147172017120018006. ISSN 1811-4717. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  55. (de) Willi Boehi: Vor 130 Jahren erste Zeitung Taiwans, In: China heute, jaargang 34 (2015), bl. 210.
  56. (en) "History of the Council". Distriksraad van Hsinchu. Besoek op 18 Augustus 2018.
  57. (en) Jad Adams (2014). Women and the Vote. A World History. Oxford: Oxford University Press. p. 438. ISBN 978-0-19-870684-7.
  58. (en) Christian Rhally. "Remembering 1949: Finding a New Home Across the Strait". The Huffington Post. Besoek op 20 Januarie 2018.
  59. (en) "Land-to-the-tiller program transformed Taiwan". Taiwan Today. 28 Augustus 2009. Besoek op 20 Januarie 2018.
  60. (en) Anthony Y. C. Koo (Maart 1966). Economic Consequences of Land Reform in Taiwan. pp. 150–157. doi:10.2307/2642219. JSTOR 2642219. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  61. (en) "History of Industrial Development in Taiwan (Part I)". Digital Taiwan – Culture and Nature. Besoek op 20 Januarie 2018.
  62. (en) "Taiwan Ends 4 Decades of Martial Law". The New York Times. 14 Julie 1987. Besoek op 8 Augustus 2024.
  63. (en) Ming-yeh Rawnsley, James Smyth, Jonathan Sullivan (Desember 2016). Taiwanese Media Reform (6 uitg.). Journal of the British Association for Chinese Studies. pp. 66–80. ISSN 2048-0601.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  64. (en) Huang Ching-Lung (Julie 2009). "The changing roles of the media in Taiwan's democratization process" (PDF). The Brookings Institution. Besoek op 30 Oktober 2018.
  65. (en) Ho, Samuel P.S.: Industrialization in Taiwan: Recent Trends and Problems. In: Pacific Affairs (uitgegee deur die Universiteit van Brits-Kolombië), volume 48, nommer 1 (lente 1975), bl. 27-41. Aanlyn beskikbaar: JSTOR aanlyn-argief
  66. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Kenmerke van die Taiwannese ekonomie. Besoek op 6 Februarie 2018 Geargiveer 27 Maart 2019 op Wayback Machine
  67. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Kenmerke van die Taiwannese ekonomie
  68. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Taiwan – Ekonomie Geargiveer 20 April 2008 op Wayback Machine
  69. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Taiwan – Ekonomie Geargiveer 20 April 2008 op Wayback Machine
  70. (en) Roy (2003), bl. 1
  71. (en) Roy (2003), bl. 1
  72. (en) Focus Taiwan, 19 Julie 2016: 'Six Assurances' to Taiwan included in Republican party platform
  73. (de) Friederike Böge (1 Februarie 2022). "IOC zwingt Taiwan zur Teilnahme". Frankfurter Allgemeine Zeitung. Besoek op 8 Augustus 2024.
  74. (en) Hwang, Dong-Jhy; Chiu, Wei-Cheng (Oktober 2010). "Sport and National Identity in Taiwan: Some Preliminary Thoughts" (PDF). East Asian Sport Thoughts. Vol. 1. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Junie 2022. Besoek op 20 Junie 2022.
  75. (zh) 藍, 宗標 (13 November 2022). "五人制世界盃奪下季軍 各級中華隊都進前3創紀錄". 聯合新聞網. 聯合線上公司.
  76. (en) "Taiwan in Time: The beleaguered big league". Taipei Times. 13 Maart 2022. Besoek op 13 Maart 2022.
  77. (en) "About CPBL". Chinese Professionele Bofballiga. Besoek op 20 Junie 2022.
  78. (en) William Yen (14 Julie 2022). "Taiwan women bag World Games softball bronze". Focus Taiwan. Besoek op 1 Januarie 2023.
  79. (en) Audrey Wang (1 Junie 2008). "A Passion for Hoops". The Taiwan Review. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Februarie 2012. Besoek op 15 Februarie 2012.
  80. (en) Long Po-an; William Yen; Joseph Yeh (14 Februarie 2021). "New league a fresh start for pro basketball". Taipei Times. Besoek op 14 Februarie 2021.
  81. (en) "Kaohsiung Aquas drop Herobears in thrilling T1 opener". Taipei Times. 29 November 2021. Besoek op 29 November 2021.
  82. (en) "SBL to tip off tomorrow for men's, women's teams". Taipei Times. 6 Januarie 2023. Besoek op 6 Januarie 2023.
  83. (en) "Netherlands Retains World Youth Korfball Champion; Taiwan is on the Way to the World". Reuters. 8 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2012. Besoek op 3 Februarie 2012.
  84. (en) Christie Chen (30 Augustus 2017). "UNIVERSIADE: Foreign athletes praise Taipei's efforts as host city". Focus Taiwan. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2018. Besoek op 25 Mei 2018.
  85. (en) "2025 New Taipei & New Taipei City World Masters Games welcome you: Sports program released". Internasionale Wêreldmeestersspelevereniging (IMGA). 27 Junie 2022. Besoek op 1 Januarie 2023.
  86. (zh) 燕華 王 (17 Julie 2024). "申辦成功!花蓮取得2026國際少年運動會主辦權 各國選手將齊聚". United Daily News. Besoek op 18 Julie 2024.
  87. (en) "Fighting Adversity:Taiwan's Taekwondo Community Looks to Innovate". Taiwan Panorama. April 2011. Besoek op 20 Junie 2022.
  88. (en) ZK Goh. "Meet Tai Tzu-ying, Chinese Taipei's Badminton Star". Olympic Channel Services S.L. Besoek op 29 Julie 2020.
  89. (en) "BWF World Rankings". Pluimbalwêreldfederasie. Besoek op 29 Julie 2020.
  90. (en) "Participations by athlete". Olympedia. Besoek op 20 Junie 2022.
  91. (en) "At Only 22, Tseng Wins Fifth Major". The New York Times. 1 Augustus 2011. Besoek op 1 Augustus 2011.
  92. (en) "Victorious Tseng takes No. 1 ranking". Taipei Times. 14 Februarie 2011. Besoek op 14 Februarie 2011.
  93. (en) "Stacy Lewis wins, now No. 1 in world". ESPN. 17 Maart 2013. Besoek op 17 Maart 2013.
  94. (en) "Su-Wei Hsieh". Women's Tennis Association. Besoek op 21 Junie 2022.
  95. (en) "Hsieh & Peng: Co-Doubles No.1s". Women's Tennis Association. 10 Mei 2014. Besoek op 10 Mei 2014.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Geskiedenis

  • (zh) 陳正茂、林寶琮、林世宗 Chen Cheng-Mao, Lin Pao-Chung, Lin Shih-Tsung (2008). 新編台灣史 Xinbian Taiwan shi. Taipei: New Wun Ching Developmental Publishing. ISBN 978-986-150-983-9.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (zh) 周婉窈 Chou Wan-Yao (2009). 臺灣歷史圖說 Taiwan lishi tushuo. Taipei: Linkingbooks. ISBN 978-957-08-3489-5.
  • (en) Murray A. Rubinstein (2007). Taiwan – A New History (Uitgebreide uitgawe uitg.). New York: M.E. Sharpe.
  • (de) Robert Storey (1998). Taiwan (4 uitg.). Lonely Planet Hong Kong. ISBN 0-86442-634-8.
  • (de) Oskar Weggel (1991). Die Geschichte Taiwans. Vom 17. Jahrhundert bis heute. Böhlau, Köln/ Weimar/ Wien. ISBN 3-412-02891-6.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
  • (de) Thomas Weyrauch (2009). Chinas unbeachtete Republik. 100 Jahre im Schatten der Weltgeschichte (1911–1949) (1 uitg.). Heuchelheim: Longtai Verlag Gießen. ISBN 978-3-938946-14-5.
  • (de) Thomas Weyrauch (2011). Chinas unbeachtete Republik. 100 Jahre im Schatten der Weltgeschichte (1950–2011) (2 uitg.). Heuchelheim: Longtai Verlag Gießen. ISBN 978-3-938946-15-2.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]