Verspreiding van innovasies
Die studie van die verspreiding van innovasie is die studie van hoe, hoekom, en teen watter tempo nuwe idees en tegnologie deur kulture versprei.
Die S-Kurwe en die ingebruikneming van tegnologie
wysigRogers het gemeen dat innovasies deur die samelewing versprei volgens 'n S-kurwe. Eers neem die vroeë ingebruiknemers die innovasie aan, dan volg die meerderheid totdat die innovasie algemeen in gebruik is.
Die tempo van tegnologie ingebruikneming word bepaal deur twee parameters:
- p is die spoed waarmee die innovasie aanvanklik in gebruik geneem word, terwyl
- q die spoed is waarteen latere groei plaasvind.
'n Goedkoop tegnologie mag dalk b.v. 'n hoë p waarde hê, wat maak dat dit vinnig in gebruik geneem word. 'n Tegnologie wat 'n netwerkeffek het mag weer 'n hoër q waarde hê; 'n voorbeeld van so 'n tegnologie is die faksmasjien, omdat die waarde van die besit van so 'n masjien toeneem soos wat meer mense faksmasjiene aankoop.
Uitsonderings en kritiek
wysigKritici van hierdie model hou voor dat dit 'n oorvereenvoudigde voorstelling van 'n komplekse realiteit weergee. [verwysing benodig]
Ander verskynsels van ook die tempo van die ingebruikneming van 'n innovasie affekteer -
- Verbruikers sal dikwels 'n tegnologie aanpas vir hul eie doele, sodat die innovasie van gedaante verander vanaf die vroeë ingebruiknemers teenoor die latere meerderheid van verbruikers.
- Omvergooiende tegnologieë kan radikaal die verspreidingspatrone van bestaande tegnologie verander deur 'n kompeterende S-kurwe daar te stel.
- Padafhanlikheid kan sekere tegnologieë byna onherroeplik bevestig, soos wat die geval is met die QWERTY-sleutelbord.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- Rogers, Everett M. (1962). Diffusion of Innovations.
- Rogers, Everett M. (2003). Diffusion of Innovations, Fifth Edition. New York, NY: Free Press. ISBN 0-7432-2209-1.
Eksterne skakels
wysigEngelse skakels
wysig- 'n Historiese blik op die Tegnologie Ingebruiknemingleefsiklus Geargiveer 11 Oktober 2007 op Wayback Machine
- Die Verspreiding Simulasiespeletjie Geargiveer 16 Desember 2007 op Wayback Machine (Dit handel oor die aanneming van 'n innovasie in opvoeding.)
- Die Potlood Metafoor van innovasie verspreiding, veral m.b.t. IT in opvoeding
- Modellering van Markaanneming in Excel met 'n vereenvoudigde S-kurwe Geargiveer 14 Oktober 2007 op Wayback Machine