Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Woensdag, 7 Augustus 2024
Hier is tans 117 996 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Tarotkaarte

Tarotwaarsêery of tarotkaartlêery is 'n vorm van kartomansie, of waarsêery met speelkaarte, waar beoefenaars tarotkaarte gebruik om na bewering 'n insig in die verlede, teenswoordige en toekoms te kry. Hulle formuleer 'n vraag, en trek dan kaarte om die vraag te vertolk.

'n Tradisionele tarotpak bestaan uit 78 kaarte, wat in twee groepe verdeel kan word: die Groot Arcana en Klein Arcana. Franse speelkaarte kan ook gebruik word, asook enige pak met stelle, of kleure, wat aan identifiseerbare elemente toegewys is (soos lug, aarde, vuur en water).

Die werk van Eden Gray en ander in die 1960's het gelei tot 'n ontploffing in die gewildheid van tarotkaartlesery van 1969 af. Stuart R. Kaplan se U.S. Games Systems, wat in 1968 gestig is om eksemplare van die Sitserse 1JJ-tarot in te voer, het van dié ontploffing gebruik gemaak en die Rider-Waite-tarot in 1970 heruitgereik nadat dit uit druk was. Dit word sedertdien voortdurend gedruk.

Die demokratisering van digitale publikasie in die 2000's en 2010's het gelei tot 'n nuwe ontploffing van tarotpakke omdat kunstenaars al hoe meer hulle eie werke publiseer, met die moderne bemagtiging van feministiese, LGBT- en ander gemarginaliseerde gemeenskappe wat 'n mark vir sulke werk skep.

Tarot word dikwels gebruik saam met die bestudering van die hermetiese kabbala. In dié pakke word al die kaarte geïllustreer volgens die kabbalistiese beginsels, en die meeste word deur die Rider-Waite-pak beïnvloed. Hulle pak verskil van die Tarot van Marseille deurdat Waite en Smith, wat albei lede van die Goue Daeraad was, tonele gebruik met esoteriese betekenisse wat ooreenstem met die geskrifte van dié orde. Die betekenisse en baie van die illustrasies toon die invloed van astrologie sowel as kabbalistiese beginsels.

...lees verder

In die nuus
Kenteken van die Olimpiese Somerspele 2024
Kenteken van die Olimpiese Somerspele 2024

Het u geweet...

... dat 2006 as 'n Mozart-jaar gevier is? Mozart is 250 jaar tevore, op 27 Januarie 1756 gebore.

... dat die Groot en die Klein Magellaanse Wolk na Ferdinand Magellaan vernoem is, maar dat Al Soefi dit reeds meer as 500 jaar voor hom opgeteken het? Hy verwys daarna in sy "Boek van sterre" wat uit 964 dateer.

...dat Botswana die mins korrupte land in Afrika is? Volgens Transparency International is dit naby lande soos Portugal en Suid-Korea gelys.

... dat die kapibara se idiomatiese naam, "watervark", 'n wanbenaming is? Dié dier is in werklikheid verwant aan die muis en die rot, en met lengtes tot meer as 130cm, is dit die grootste knaagdier ter wêreld.

... dat Cyril Ramaphosa 'n sleutelrol gespeel het in die stigting van die NUM, 'n vakbond vir mynwerkers? Hy was 'n regsadviseur vir die Raad van Unies van Suid-Afrika met die stigting van die NUM in 1982.

Vandag in die geskiedenis

7 Augustus: Onafhanklikheidsdag in die Ivoorkus (1960)

Satellietfoto van die Beringstraat
Satellietfoto van die Beringstraat

Voorbladbeeld
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
فارسی
Weergawes met meer as 500 000 artikels
НохчийнCatalàČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarçaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekcha
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaتۆرکجهবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipதமிழ்Тоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
БашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschLadinlombardമലയാളംPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaKiswahiliŚlůnskiతెలుగుTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering