Gaan na inhoud

Akani Simbine

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Akani Simbine in 2016.

Akani Simbine (gebore 21 September 1993) is 'n Suid-Afrikaanse naelloper wat in die 100 meter-naelloopitem spesialiseer.[1] Hy was vyfde by die 2016 Olimpiese Somerspele in die 100 meter vir mans en was die 100 meter Afrika-rekordhouer met 'n tyd van 9,84 sekondes wat in Julie 2021 opgestel is totdat Ferdinand Omanyala dit in September 2021 verbeter het.

Simbine was 'n Wêreldkampioenskappe-finalis in die 100 meter vir mans in 2017 (vyfde) en 2019 (vierde), en was 100 meter-kampioen by die 2018 Afrika-kampioenskappe en 2018 Statebondspele. In die 4 × 100 meter-aflos het hy Suid-Afrika gehelp om kampioene te word by die Afrika-kampioenskappe in 2016 en 2018, en tweede te plaas by die 2018 Statebondspele met 'n Suid-Afrikaanse rekordtyd van 38.24 sekondes. Hy het Suid-Afrika aan goud geanker by die 2021 Wêreldaflos. Simbine het onder die top 5 geëindig in die laaste vier groot kampioenskap 100 m wedlope, insluitend 4de in 2019 Wêreld Atletiek Kampioenskappe – Mans 100 meter en Atletiek by die 2020 Somer Olimpiese Spele – Mans 100 meter mis uit op die brons medalje aan Kanadese naelloper Andre De Grasse .

Nadat hy weereens 'n medalje misgeloop het in die 100 meter vir mans by die Olimpiese Spele in 2024 in Parys – vierde geëindig het met 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekordtyd van 9.82, het Simbine uiteindelik 'n Olimpiese silwermedalje gewen as deel van Suid-Afrika se 4 x 100 meter aflosspan op 9 Augustus 2024.

Op 10 Julie 2024 het die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee hom en die artistieke gimnas Caitlin Rooskrantz as die vlagdraers by die Parys 2024 Olimpiese Spele aangewys.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "ATHLETE PROFILE Akani SIMBINE". World Athletics. Besoek op 18 Mei 2021.
  2. "Team SA flag bearers named at send-off banquet" (in Engels). South African Sports Confederation and Olympic Committee. 10 Julie 2024. Besoek op 12 Julie 2024.