Weg!

Om jou stem in die veld te vind

Die eerste keer toe ek vir Sally Andrew ontmoet, was sy deftig uitgedos in ’n balrok. Dit was in 2022 tydens die Schreiner Karoo-skrywersfees op Cradock by die bekendstellng van haar boek The Milk Tart Murders.

Die geleentheid het in die namiddag plaasgevind, en in die Victoria Manor se volgepakte eetkamer het die gaste se oë gedurig van die lieflike Sally (56) na die ewe aanloklike eetgoed gespring – handtertjies en kolwyntjies gebak deur die hotel se Cherie Antrobus en haar personeel.

Wat egter mý oog gevang het, is die lang man met gebeitelde gelaatstrekke – Sally se lewensmaat, die kunstenaar Bowen Boshier (59).

Ek het Sally én die deftige tee en versnaperinge vreeslik geniet. Later daardie aand was ek, my man, Chris, en Sally en Bowen só gemaklik met mekaar dat hulle ons genooi het om te kom kuier waar hulle buite Ladismith in ’n natuurreservaat woon. “Die huis het nie op die oomblik vensters nie en ons kamp maar eintlik binnenshuis,” het sy bygevoeg. “Maar julle is enige tyd welkom!”

Dit was egter twee jaar voordat ek en Chris uiteindelik daar uitkom. Sally stuur ’n ellelange WhatsApp met padaanwysings, want Google Maps weet skynbaar nie waar dié plek lê nie. Nie dat dit veel help nie, want die oomblik toe ons ’n ent wes van Ladismith van die R62 afdraai, verdwyn die selfoonsein.

Ons stoot verder. Die aanwysings is soos raaisels wat ’n mens na ’n versteekte skat lei. Mylmerkers word genoem. Klein padbordjies wat jy maklik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg11 min read
Na Kronkels En Asem
Die Nuweveld- en Roggeveldberg staan soos ’n klipkraalmuur al die pad van Beaufort-Wes tot amper op Calvinia. Dit skei die Onder- en Bo-Karoo van mekaar. Aan die onderkant hurk die Tankwa-Karoo, Moordenaarskaroo, die Koup en die Vlak (sien kaart op b
Weg12 min read
Eet, Drink En Wees Vrolik!
As ’n mens die indrukwekkende Cogmanskloof van Ashton se kant af deur is en Montagu binnery, begroet Die Kloof-padstal jou dadelik op linkerhand. Dié padstal is reeds sedert 1980 aan die gang. Die hoogtepunt is die agtertuin: Stap na buite verby die
Weg12 min read
’n Lewe Vol Luister
Ek verlaat een oggend My Wêreld en vaar die Ganse Wêreld in met my drie optelhonde, op soek na ’n groep dansers in die Karoo (wat net sou bestaan indien ons soontoe sou ry). Whiskey, Jack en Charlie se oë glinster: Hier kom ’n groot avontuur! Ek het

Related