Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Finale Roep
Die Finale Roep
Die Finale Roep
Ebook75 pages1 hour

Die Finale Roep

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê: “Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.” Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel (“remnant”) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel (“remnant”). Die boek sal gaan oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat die wat nie weet nie gewaarsku kan word. “Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir die wat My liefhet, en vir die wat die waarheid soek, wat uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.”

Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die tweede boek, Die Uittog, wat op 1 Julie 2011 begin het, openbaar hoe die Here Sy kinders uit Egipte (die wêreld) uitroep om vir die Beloofde Land (Millenium) voor te berei. Die boek wat jy in jou hand hou, My seun Dawid, is die derde boek.

Ek is slegs gehoorsaam om die wil van die Vader te doen. In 2009 het ek begin bid dat die Here my die absolute waarheid oor Hom en die eindtyd sal wys. Hy openbaar inderdaad die waarheid aan my. En, soos ek vryelik ontvang het, so moet ek vryelik gee.

LanguageAfrikaans
Release dateJan 3, 2012
ISBN9780620505420
Die Finale Roep
Author

Deborah Melissa Möller

The Lord said the following to me: 'You are going to write a book about the end-time. It is your creation purpose.' I then sensed the Lord saying that it was not going to be easy, because people would not take it, except for the remnant. The book would be for the remnant, for His Bride. The book would be about the preparation for the King's return and for those who did not know, to be warned. 'This will be a gift for My Bride. It is for those who love Me, for those who are seeking the truth, who called out 'Lord, tell us more, only the truth Lord'. The book will be about Jesus. Jesus is the key, Jesus must be your focus and Jesus is your destiny.' My name, Melissa, means honey bee. The Lord revealed to me that in the Millennium my name will change to Deborah, which surprisingly also means honey bee. Thus my fruit will be the same. I sensed the Lord saying that as a honey bee, I would give honey to the Bride. 'It will be like Rebecca. This book will prepare the readers for the King, because the King is coming. Because you were prepared to stand up before people and tell them what I have delivered you from. So had I lifted you up before the Father. 'Before I formed you in the womb, I knew you; And before you came forth from the womb, I sanctified you. I have appointed you as a prophet to the nations.' (Jer. 1:5)

Read more from Deborah Melissa Möller

Related to Die Finale Roep

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Finale Roep

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Finale Roep - Deborah Melissa Möller

    DIE FINALE ROEP

    deur Deborah Melissa Möller

    ©Kopiereg 2011 – Deborah Melissa Möller

    Published by Deborah Melissa Möller at Smashwords

    Smashwords Edition, License Notes

    Thank you for downloading this free ebook. You are welcome to share it with your friends. This ebook may be reproduced, copied and distributed for non-commercial purposes, provided the book remains in its complete original form. If you enjoyed this ebook, please return to Smashwords.com to discover other works by this author. Thank you for your support.

    Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

    Omslagontwerp: Reneè & Johan Marais

    Teksredigeerders: Petra van der Walt & Retha Batts & Ellie Landman

    www.CreateHisImage.co.za

    Outeurserkennings

    Alle dank aan God die Vader, Sy Seun Jesus Christus en Sy Heilige Gees, vir hierdie taak wat aan my toevertrou is om die wil van die Vader te doen. Dankie dat ek reeds voor die grondlegging van die wêreld geroep is om te help om U Bruid uit te roep. Dankie vir U genade en barmhartigheid. Dankie dat U my God, my Vader, my Koning en my Helper is, want U inspireer en seën my daagliks. Ek het U lief, Here!

    Ek wil vir almal dankie sê wat daagliks vir my bid en altyd lief is vir my en my aanvaar vir wie ek is. Ek wil veral vir my familie en vriende dankie sê. Dankie ook aan my intreder en vriendin, Helena!

    Dankie Reneè en Johan Marais dat julle deel is van my voorbladstorie! Baie dankie ook aan Petra van der Walt, Retha Batts en Ellie Landman vir hulle hulp met die redigering van die boek.

    Eer aan die Vader!

    Eer aan die Seun!

    Eer aan die Gees!

    Hierdie Drie is Een!

    Inhoudsopgawe

    INLEIDING

    Hoofstuk 1: KOM UIT BABILON

    Hoofstuk 2: MY SKAPE HOOR MY STEM

    Hoofstuk 3: GEE OOR!

    Hoofstuk 4: DIE SKAT IN JOU HART

    Hoofstuk 5: MY NEDERIGE DIENSKNEGTE

    Hoofstuk 6: MY GELIEFDE BRUID

    Hoofstuk 7: MY WYSE MAAGDE

    Hoofstuk 8: DIT IS ONS DING!

    Hoofstuk 9: SOOS IN DIE TYD VAN NOAG

    Hoofstuk 10: VERGIFFENIS

    Hoofstuk 11: EK IS

    Hoofstuk 12: EK SAL JOU TOETS

    Hoofstuk 13: DIE OES IS GEREED

    Hoofstuk 14: BOODSKAP VAN DIE VADER

    GEBED

    INLEIDING

    Op 19 Julie 2010 het ek die volgende gebed gebid, wat ek in my joernaal neergeskryf het.

    Vader, my grootste begeerte is om by U te wees. Here, wat is my skeppingsdoel? Here, hoekom is ek hier? Ek verlang so om by U te wees Here! (Die Here het vroeër aan my genoem dat dit is soos om in die weermag te wees – jy kan nie daarvan wegkom nie, want jy moet jou tyd uitdien, maar jy weet jou Geliefde wag vir jou by die huis). Ek het gebid: Vader, onthou my en dink aan my en laat my lewensboek gedurig voor U oë wees. Ek begeer soveel meer van U. Waarvoor is U besig om my voor te berei? Dit moet iets wees wat U ná aan die hart lê. Gaan U my ook vrymaak soos vir Hephzibah?

    Ek het in hierdie tyd Hephzibah Maritz se boeke Geheime van die hel ontbloot en Geheime van die Hemel ontsluit gelees. Ek het die Here gevra oor my skeppingsdoel, want ek was so geraak deur wat die Here met my gedoen het deur haar boeke en die Here het aan haar bekendgemaak dat dit haar skeppingsdoel was.

    Die volgende aand, 20 Julie 2010, het ek net op my bed gelê en was op die punt om die laaste hoofstuk van Hephzibah se boek te lees, toe sê die Here vir my: Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel. Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie, omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’).

    Die boek sal handel oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en ook sodat dié wat nie weet nie, gewaarsku kan word. Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir diegene wat My liefhet, wat na die waarheid soek en uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutelfiguur. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.

    My naam, Melissa, beteken heuningby. Die Here het aan my bekendgemaak dat my naam in die Millennium Deborah sal word, wat verbasend genoeg ook heuningby beteken. My vrugte sal dus dieselfde wees.

    Ek het ervaar die Here sê dat ek, as ‘n heuningby, heuning aan die Bruid sal gee. Dit sal soos Rebekka wees. Die boek sal die lesers voorberei vir die koms van die Koning, want die Koning gaan kom. Omdat jy bereid was om op te staan voor die mense en hulle te vertel waarvan ek jou vrygemaak het, het Ek jou voor die Vader verhoog.

    Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak. (Jer. 1:5) Met hierdie boek sal jy ‘n profeet vir die nasies wees.

    Op 7 Augustus 2010, het die Here vir my die volgende gesê:

    "Ek gaan die ‘klein boekie’ van Openbaring 10 bekendmaak. Hierdie bekendmaking is om die harte van My mense, My uitverkorenes en My Bruid, voor te berei. My Bruid sal dit as die waarheid neem en dit soos heuning eet. Alhoewel dit bitter gaan wees in die maag, sal hulle duideliker sien en verstaan dat Ek hulle liefhet, en omdat Ek ‘n liefdevolle Vader is, wil Ek My kinders vroegtydig waarsku, omdat Ek hulle liefhet en hulle nooit sal verlaat nie. Ek sal hulle en baie ander se dors les – dié

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1