Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Uittog
Die Uittog
Die Uittog
Ebook59 pages46 minutes

Die Uittog

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê: “Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel.” Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel (“remnant”) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel (“remnant”). Die boek sal gaan oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat die wat nie weet nie gewaarsku kan word. “Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir die wat My liefhet, en vir die wat die waarheid soek, wat uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.”

Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die tweede boek, Die Uittog, wat op 1 Julie 2011 begin het, openbaar hoe die Here Sy kinders uit Egipte (die wêreld) uitroep om vir die Beloofde Land (Millenium) voor te berei. Die boek wat jy in jou hand hou, My seun Dawid, is die derde boek.

Ek is slegs gehoorsaam om die wil van die Vader te doen. In 2009 het ek begin bid dat die Here my die absolute waarheid oor Hom en die eindtyd sal wys. Hy openbaar inderdaad die waarheid aan my. En, soos ek vryelik ontvang het, so moet ek vryelik gee.

LanguageAfrikaans
Release dateJan 3, 2012
ISBN9780620510127
Die Uittog
Author

Deborah Melissa Möller

The Lord said the following to me: 'You are going to write a book about the end-time. It is your creation purpose.' I then sensed the Lord saying that it was not going to be easy, because people would not take it, except for the remnant. The book would be for the remnant, for His Bride. The book would be about the preparation for the King's return and for those who did not know, to be warned. 'This will be a gift for My Bride. It is for those who love Me, for those who are seeking the truth, who called out 'Lord, tell us more, only the truth Lord'. The book will be about Jesus. Jesus is the key, Jesus must be your focus and Jesus is your destiny.' My name, Melissa, means honey bee. The Lord revealed to me that in the Millennium my name will change to Deborah, which surprisingly also means honey bee. Thus my fruit will be the same. I sensed the Lord saying that as a honey bee, I would give honey to the Bride. 'It will be like Rebecca. This book will prepare the readers for the King, because the King is coming. Because you were prepared to stand up before people and tell them what I have delivered you from. So had I lifted you up before the Father. 'Before I formed you in the womb, I knew you; And before you came forth from the womb, I sanctified you. I have appointed you as a prophet to the nations.' (Jer. 1:5)

Read more from Deborah Melissa Möller

Related to Die Uittog

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Uittog

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Uittog - Deborah Melissa Möller

    INLEIDING

    Terwyl ek lees in Matt 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!, het die Here met my begin praat.

    Die Here het gesê: Hier is dit, My kind. Jy staan op die rand van jou skeppingsdoel. Dit is waarvoor Ek jou geskape het. Hou tred met My, Ek sal jou louter, want die taak wat jy nou gaan doen, vereis groot verantwoordelikheid. Soos my dienaar Moses.

    Ek het toe vir die Here gesê dat ek soveel foute en swakhede en sonde het – en dat Hy my net nie hiervoor kan gebruik nie.

    Die Here het geantwoord: "Ek kies jou. Ek het jou vir hierdie doel geskape, wat nou gaan oopswaai soos dubbel-deure. Jy sal My verteenwoordiger wees. Ek sal jou salf as My eindtyd-Moses. Jy sal baie uit Egipte lei. Die soekendes sal luister.

    Dit sal die inleiding wees vir die tweede boek wat jy nou gaan skryf. Jy sal My stem wees, want baie kan My nie hoor nie as gevolg van afgode en verharde harte en baie maak nie tyd vir My nie.  Soos in die dae van ouds gaan Ek My profete oprig en hulle sal spreek met outoriteit wat deur die Vader gegee is.

    Heelwat dinge gaan nou op aarde gebeur.  Waarlik, ons is by die begin van die einde. My ‘Johannes-die-dopers’ sal uitroep vanuit die wildernis: …Berei die weg van die Here, maak Sy paaie reguit!

    My kind, wees gehoorsaam en wees net lief vir My soos jy is. Ek sal jou lei en met jou praat. Doen presies wat Ek jou opdrag gee om te doen.

    Godsdiens sal teen jou kom, maar leer van My. Godsdiens het ook teen My gekom. Hoe meer Ek die waarheid gepraat het, hoe meer het godsdiens My bevraagteken en hoe meer het hulle My vervolg. Daarom, ag jouself geseënd dat jy vir My Naam se onthalwe vervolg word."

    "Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid,

    want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

    Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die

    hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle

    gewees het." (Matt. 5:10,12)

    Hardloop met die perde My kind!

    As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde?… (Jer. 12:5)

    Ek sal jou pad tot in geregtigheid lei. Ek sal jou na My toe lei en reguit tot in die Vader se boesem. Die Vader en Ek is een.

    DIE REIS

    Op 20 Julie 2010, het die Here die volgende vir my gesê:

    Jy gaan ‘n boek skryf oor die eindtyd. Dit is jou skeppingsdoel. Ek het ervaar dat die Here vir my sê dat dit nie maklik gaan wees nie omdat mense dit nie gaan aanvaar nie. Slegs die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’) gaan dit aanvaar. Die boek sal wees vir Sy Bruid, die oorblyfsel uit die nasies (‘remnant’). Die boek sal handel oor die voorbereiding vir die Koning se terugkeer en sodat dié wat nie weet nie, gewaarsku kan word. Die boek sal ‘n geskenk vir My Bruid wees. Dit is vir diegene wat My liefhet, en wat na die waarheid soek, en uitroep: ‘Vertel ons meer, Here, net die waarheid, Here!’ Die boek sal oor Jesus handel. Jesus is die sleutel. Jesus moet julle fokus wees en Jesus is julle bestemming.

    Al hierdie is opgeneem in die eerste boek, Die Finale Roep, wat op 22 April 2011 begin het toe die Here my opdrag gegee het om alles neer te skryf wat Hy sê. Die boek wat jy in jou hand hou, Die Uittog, is die tweede boek. Die Here het aan die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1