Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Diegene wat gevaarlike seuns is
Diegene wat gevaarlike seuns is
Diegene wat gevaarlike seuns is
Ebook152 pages2 hours

Diegene wat gevaarlike seuns is

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boek is nog 'n gawe uit die pen van Dag Heward-Mills aan alle predikers wat die moeite sou doen om dit te lees. Hierdie boek beantwoord die vrae oor hoe om die ingewikkelde verhouding tussen vaders en seuns te bestuur. Deur die onderrig van hierdie boek sal jy 'n vloek op jou lewe voorkom en vir jouself 'n seën meebring. Vaders is spesiale mense wat seuns en beskermlinge verwek. Sonder vaders sou daar geen kinders wees om die bediening aan ander geslagte voort te sit nie. Die roeping van God gaan vooruit of gaan tot niet afhangend van jou vermoë om met vaders om te gaan. Lees hierdie boek en vermy die vloek wat verband hou met die ontering, veronagsaming en swak verhoudings met vaders.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781613958414
Diegene wat gevaarlike seuns is
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Diegene wat gevaarlike seuns is

Related ebooks

Related articles

Reviews for Diegene wat gevaarlike seuns is

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Diegene wat gevaarlike seuns is - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Hoe om ’n vader identifiseer

    Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

    1 Korintiërs 4:15

     Die gawe van ’n vader is ’n besondere gawe. Nie elke man van God is ’n vader nie. Nie almal wat die Woord van God verkondig, is ’n vader nie. Nie al die besoekende predikers en leermeesters is vaders nie.

    Nie elke profeet is ’n vader nie en Paulus het dit vir die Korintiërs uitgewys.

    ’n Vader is ’n besondere gawe

    Daar sal baie mense wees wat ’n bydrae tot jou lewe maak. Instrukteurs en onderwysers is volop, maar hulle verskil van vaders. ’n Vader se bydrae is omvattend. ’n Vader gee vir jou ’n volledige pakket wat verder gaan as ’n goeie opvoeding. ’n Onderwyser is daaroor besorg om ’n goeie les te gee. ’n Profeet is daaroor besorg om die krag van God deur visioene, drome en ’n woord van kennis te bedien. Maar ’n vader het met jou hele welwese te doen.

    Omdat dit baie meer omvat om ’n vader te wees, is daar nie baie vaders nie! Dit is makliker om deur voorbereide aantekeninge te gaan as wat dit is om totale versorging te gee. Mense kan so moeilik en so ondankbaar wees dat net vaders hulle oor ’n lang tydperk kan hanteer.

    Daar is baie pastors, evangeliste en profete, maar wie kan ’n profeet kry wat ’n vader is? Dit is waarom Paulus gesê het: Julle kan tien duisend tugmeesters hê, maar julle het nie baie vaders nie.

    Die sleutelkenmerk van ’n vader is nie sy ouderdom nie, maar sy vermoë om sy eie soort voort te plant. Anders as wat sommige mense dink, is daar baie jong mense wat ’n vader se hart het.

    In die natuurlike lewe word mense dikwels op ’n jong ouderdom ’n vader. Die bewys van vaderskap is in die kinders wat deur die vader voortgebring is. Dit vra liefde, toewyding en geduld om kinders groot te maak. Uiteindelik sal die kinders oor jou vaderskap getuig.

    As jy die bedienings van Elia en Elisa byvoorbeeld vergelyk, sal jy die verskil agterkom tussen ’n profeet wat as vader opgetree het en ’n profeet wat nie as vader opgetree het nie. Hierdie verskille word heel duidelik as jy hulle bedienings bestudeer. Deur die bedienings van Elia en Elisa te vergelyk, sien jy gou die verskille tussen ’n man wat ’n vader se hart het en een wat dit nie het nie.

    Elia en Elisa was albei uitstekende profete. Maar Elia het ’n bykomende gawe gehad om ’n vader te wees. Dit is waarom hy ’n opvolger gehad het. Elisa het nie ’n opvolger gehad nie. Hy het Gehasi vervloek wat ná hom sou kom. Hy het Gehasi vervloek toe hy ’n fout met geld gemaak het. ’n Vader se hart vervloek nie sy enigste kind nie.

    Die gees van vaderskap is die ding wat ’n man van God mense net soos hy in die bediening laat voortbring. Om dit eenvoudig te stel: die gawe van vaderskap is ’n openbaring van God se liefde. Dit vra liefde om mense te vorm wat nie verstaan wat vir hulle gedoen word nie.

    Dit vra liefde om mense te vorm wat dit vir baie jare nie sal verstaan nie. God stuur waarlik baie leermeesters wat ons lewe bedien. Hulle sal die lesse gee en die punte verduidelik wat die leerstellings bevat. Maar ’n vader sal baie verder gaan. Hy sal jou nie net onderrig nie, hy sal die liefde en die geduld aan jou bedien wat nodig is om jou in God se volmaakte wil te bring.

    Idealisme in ’n bedienaar bring hom daartoe om die hele tyd na volmaaktheid te soek. Idealiste en perfeksioniste is gewoonlik nie goeie vaders nie. Hulle het gewoonlik nie waardering daarvoor dat die genade van God in iemand se lewe stadig werk nie. Hulle dring die hele tyd op volmaaktheid aan en dit is nie met mense moontlik nie.

    Jy kan ’n man van God as ’n leermeester ontvang. Jy kan hom ook as ’n pastor ontvang. Jy kan ’n man van God as ’n profeet of ’n evangelis ontvang. Maar dit is ook moontlik om hom as ’n vader te ontvang.

    Mag jy ’n vader in jou lewe vind! Mag jy die vermoë ontvang om lief te hê en om self ’n vader te word!

    Hoofstuk 2

    Hoe om verskillende vaders in verskillende lewensfases te herken en te ontvang

    God sal op verskillende tye verskillende vaders na jou toe stuur. Paulus skryf aan die Korintiërs en vertel vir hulle dat hulle baie bevoorreg is om hom in Christus Jesus as hulle geestelike vader te hê.

    Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

    1 Korintiërs 4:15

    God gaan ’n aantal verskillende mense stuur om vir jou’n vader te wees. Die eerste hiervan is jou aardse vader wat jy behoorlik moet ontvang. Jy moenie jou aardse vader as ’noue van dae sien wat met die werklikhede van die modernelewe uit voeling is nie. Om jou biologiese vader as oudmodies te sien, verhinder dat jy sy groot wysheid ontvang.

    Hierdie biologiese vader sal sy beperkings as vader hê. Binnekort sal die aflos moet begin en die volgende persoon wat die Here gestuur het om ’n vader vir jou te wees, sal op die toneel verskyn. Deur sy bediening sal jy die vaderlike sorg ontvang wat jy nodig het om deur die volgende fase van jou lewe te gaan. Dan mag ’n volgende persoon verskyn wat ’n vaderlike rol in jou lewe sal speel. ’n Aflos met omvang is in beweging! Die aflosstok van vaderskap word van die een persoon na die ander oorgegee.

    Daar is baie dinge waaroor jou biologiese vader nie met jou praat nie. Miskien moet hy oor alles met jou praat, maar hy doen dit nie. Vir baie van ons het ons ouers nie vir ons stap vir stap voorligting gegee oor hoe om ’n vrou of ’n man te kies nie. Die meeste biologiese ouers het net opmerkings oor verskillende dinge in die huwelik gemaak.

    Dit is dikwels so ver as wat hulle huweliksberading gegaan het. Dank God vir die pastors wat dikwels daardie rol speel en vir jong mense oor die huwelik rigting gee. ’n Pastor word dikwels die volgende vader in die aflos.

    Eendag het my dogter vir my ’n vraag gevra: Pa, hoe word iemand swanger?

    Ek was verslae oor die vraag, maar ek het geantwoord: God maak hulle swanger.

    Maar sy het volgehou: Ek weet dat God hulle swanger maak, maar hoe gebeur dit?

    Ek het die een of ander antwoord gemompel en daaringeslaag om die onderwerp te verander.

    Later het my vrou vir my gesê: Jy moet met jou kinders oor seks praat.

    Ek het geantwoord: Waarom moet ek dit doen? Jy moet met hulle daaroor praat.

    Ons het begin argumenteer en sy het gesê: Jy is die hoof van die huis, daarom is jy die een wat met hulle moet praat.

    Maar ek het geantwoord: Jy is die moeder en jy praat altyd met hulle. Waarom praat jy dan nie ook hieroor met hulle nie?

    Sy het voortgegaan: Dit is jou plig en jy moet jou rol speel!

    Maar ek het nie saamgestem nie. Ek het my gesag as die hoof van die huis gebruik en aan haar gedelegeer om oor hierdie dinge met die kinders te praat.

    Jy sien, ons het op die plek gekom waar ons vermoë om as vader of moeder op te tree, begin wankel het. Ons het begin wens dat God ander moet stuur om ons kinders te bedien, soos ons ook ander mense se kinders bedien het. Ons het gebid dat die volgende vader in die aflos op die toneel moet verskyn en die kinders na veiligheid moet help lei.

    Tussen die honderde instrukteurs en onderwysers, is dit altyd belangrik om raak te sien wie die vaders is. Vaders het ’n breër trefwydte deur hulle besorgdheid oor jou lewe. Hulle bydrae gaan baie verder as wat hulle sê. Jy sal ontdek dat hulle bediening jou hele menswees omvat. Hulle bediening het ’n onpeilbare wye uitwerking op jou lewe.

    Een van die sleutels om ’n vader te herken, is om die liefde, versorging en rigtinggewing van ons hemelse Vader raak te sien wat deur Hom na jou lewe oorgedra word.

    Baie mense dink verkeerdelik dat die bogenoemde vers bedoel dat jy tien duisend onderwysers het, maar net een vader. Die Skrifgedeelte sê dat jy nie baie vaders het nie. Dit sê met ander woorde dat jy ’n aantal vaders het.

    Jesus het gesê: Moenie enigeen vader noem nie.

    En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.

    Matteus 23:9

    Dit is omdat geen mens volledig alles kan wees wat ’n vader veronderstel is om te wees nie. Alle mense skiet by hierdie rol te kort en net ons hemelse Vader stel waarlik die voorbeeld van wat ’n vader is.

    Het jy al opgelet hoe aardse vaders dikwels met hulle kinders meeding en baklei? Selfs biologiese vaders kan baie pyn en lyding by hulle kinders veroorsaak.

    Baie mense haat hulle vaders. En daar is baie wie se lewe verwring is as gevolg van hulle vaders. Dit is genoegsame getuienis dat die vaderskap van die natuurlike man met onvolkomenheid besmet is.

    Dit is die rede waarom daar ’n behoefte is aan wat ons noem die aflos van die vaders.

    Hierdie aflos beteken dat God die een persoon na die ander in verskillende fases van jou lewe en bediening na jou toe stuur. Dit is belangrik om die verskillende mense te herken as hulle in jou lewe instap.

    Dit is wat Jesus wou verduidelik met die gelykenis in Matteus 21. Ons sal voorwaar geoordeel word oor die manier waarop ons die verskillende vaders ontvang het wat God na ons toe gestuur het.

    Luister na ’n ander gelykenis: Daar was ’n sekere huisheer wat ’n wingerd geplant het; en hy het ’n heining daarom gesit en ’n parskuip daarin gegrawe en ’n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan. En toe die vrugtetyd nader kom, STUUR HY SY DIENSKNEGTE na die landbouers om sy vrugte te ontvang. Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaanen ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig.Weer het hy ANDER DIENSKNEGTE GESTUUR,meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak. Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê:Hulle sal my seun ontsien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.

    Matteus 21:33-39

    God stuur vaders in ons lewe in wat ons dikwels nie herken nie. Mense baklei selfs met hulle vaders! Ons moet leer om die vaders te ontvang wat God in ons lewe instuur.

    Wat is die verskil tussen om ’n vader te ontvang en om ’n instrukteur te ontvang? 

    Om ’n instrukteur te ontvang beteken dat ons die lesse ontvang wat hy uit die Woord vir ons gee. Om ’n vader te ontvang beteken om iemand op so ’n manier te ontvang dat ’n belangrike lewegewende bediening na jou toe sal kom.

    In die natuurlike lewe beïnvloed jou biologiese vader jou op baie maniere. Hy leer jou hoe om te eet, hoe om aan te trek en hoe om te lewe. Hy gee vir jou wysheid, raad en die klein lesse van die lewe. Hy stel die voorbeeld wat jy moet volg en dien as ’n bron van inspirasie en rigtinggewing.

    Vergelyk dit met jou onderwysers op skool. Hierdie onderwysers lei jou dikwels nie so omvangryk as wat vaders dit doen nie. Wanneer jy iemand teenkom wat ’n wydlopende invloed op jou lewe het, het jy waarskynlik een van die vaders ontmoet wat God vir jou verorden het.

    Moenie die fout maak om ’n vader as ’n blote instrukteur te ontvang nie

    Sommige mense maak die fout om hulle vaders as blote onderwysers te ontvang. Hulle doen dit deurdat hulle nie al die vaderlike insette omarm wat na

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1