Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die versoeking van Thomas Maas
Die versoeking van Thomas Maas
Die versoeking van Thomas Maas
Ebook471 pages8 hours

Die versoeking van Thomas Maas

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Ella Neser is terug van haar Karibiese skeepsvaart, en soort van terug in Lou se arms. Haar nuwe opdrag, as private speurder, is 'n bisarre een. Donna Maas, eggenoot van die sielkundige Thomas Maas, is oortuig haar man het 'n skelmpie. En dit is Ella se taak om dit te bewys. 
Die roman begin egter by die einde, waar Ella haar verslag optik. Daar is 'n moord gepleeg, maar wie is die slagoffer en wie die skurk? 'n Verbysterende roman deur een van die top- spanningsromanskrywers in Afrikaans. 
LanguageAfrikaans
Release dateSep 6, 2020
ISBN9780798181174
Die versoeking van Thomas Maas
Author

Chris Karsten

Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. Seisoen van sonde was ook op die kortlys vir die M-Net Filmtoekenning. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se Ontwaking. Hy is ’n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van twee kinderboeke (Floris sapiens en Die jokkie wat met perde kon praat), sowel as Human & Rousseau se Ware misdaad-reeks. Hy woon deesdae in Kanada saam met sy vrou en sy seun.

Read more from Chris Karsten

Related to Die versoeking van Thomas Maas

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die versoeking van Thomas Maas

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die versoeking van Thomas Maas - Chris Karsten

    9780624089810_FC

    Human & Rousseau

    Vir Marinda en Karla

    She’s beautiful, and therefore to be woo’d;

    She is a woman, therefore to be won.

    – William Shakespeare: Suffolk in Henry VI, Part I

    DEEL I

    KANTNOTA

    Die opdrag: My man se affair met daai bitch, kry die bewyse!

    Oukei, dis maklik.

    Só het sy, die nuwe private speurdertjie, kloek gereken. Fornikasie en kopulasie. In die sakkie voor brekfis – vir ’n eens befaamde moordspeurder, nou afloerder van ander se kattemaai.

    ’n Raps té kloek, blyk dit toe. Want dinge is selde soos dit lyk. Dit moes sy gewéét het, veral later met ’n kadawer in die water.

    Nou is haar ondersoek klaar. Nog net die verslag.

    Maar Ella voel ontstem. Haar vinger kan sy nie daarop lê nie, maar dit is of ’n dors ongeles is.

    Deur die Botaniese Tuin slenter sy op die slingerpaadjie terug kar toe, gedagtes talmend by vaneffe se gesprek. Konfrontasie, eintlik. En by die verslag waarmee sy al begin het. Die konfrontasie word nou deel van die verslag. Vername deel. Indien nie die heel belangrikste nie. Hang net af van die forensiese laboratorium se laaste uitslag van die weefselmonsters wat gestuur is ná die lykskouing op die slagoffer.

    Die res van die bewyse het sy reeds gekry.

    Haar man se vermeende affair was al ’n paar weke aan die gang voor Donna Maas haar eerste spesmaas gekry het. Maar is dit nie hoe dit altyd gebeur nie: die arme vrou wat heel laaste van so iets te hore kom?

    En namate die suspisie in haar posvat soos ’n wandelende nier, was Donna al hoe meer oortuig dat sy boonop weet op watter datum alles begin het: Sondagmiddag 18 Oktober. Só het sy Ella verseker. Met daardie vrolike gesinsuitstappie op hulle jongste dogter se tiende verjaardag.

    Vir bewyse van die affair moes Ella daarom terugloop tot daai spesifieke Sondag. En natuurlik lewer sulke ou spore probleme op, want owerspelers – nes reeksmoordenaars – is uitgeslape, laat min leidrade agter.

    Die chronologie van die affair. Dit is wat sy moes regkry. Die begin en verloop was deurslaggewend – datums, tye en plekke van gebeure en ontmoetings. Dit is mos wat ook in moordverhore aangebied, bevraagteken, beredeneer, betoog word. Wat dikwels die verskil beteken tussen skuld en onskuld, tussen reg en onreg, tussen vryheid en tronkstraf. Daarom het sy ook in hierdie private ondersoek ewe eksak die kleinste detail genoteer, hoe onbenullig dit ook al gelyk het.

    Nóg ’n ou gewoonte was om op ’n moordtoneel effe terug te staan vir ’n panoramiese perspektief. Om eers die geheel eerder as die besonderheid in te neem. Die vista help haar om moontlike scenario’s te verbeel oor wat daar kon gebeur het. In haar verslag aan Donna Maas wil sy op so ’n enkele scenario inzoem, op die feitelike essensie van haar man se affair, gestroop van bysake.

    Ella het min twyfel dat sy as moordspeurder nou al ’n beskuldigde sou gehad het, waarskynlik in boeie. En ’n waterdigte saak vir die hof, volledig met bewysstukke, getuieverklarings, selfs ’n bekentenis, sodat reg en geregtigheid kon geskied.

    Maar die gereg dien sy nie meer nie, sy dien haar kliënt, en vir Donna Maas kan sy net die waarheid aanbied. Nie eens die versekering dat daar geregtigheid sal wees nie, want dié is nou buite haar bestek; sy is net ’n PI, private eye, private investigator, sonder enige geregtelike gesag en status.

    Tussen blomme en struike en bome op pad na die hoofingang by die Emmarentiadam begin haar verslag in haar kop vorm aanneem. Nie ’n lang relaas nie. Donna stel in die konklusie belang, nie in die proses nie. Nie eens in ’n aanbeveling nie. Net ’n beoordeling van die feite. Met bewyse! Dié is baie belangrik: feite pleks van suspisies – aangeheg in die vorm van foto’s, tekste, e-posse, genoteerde gesprekke. Natuurlik ook ’n opsomming, in leketaal, van die staatspatoloog se wesenlike bevindings wat spruit uit sy regsgeneeskundige lykskouing.

    Maar daai enkele DNS-uitslag kort nog.

    Dokter Koster verwag dit binne dae van die lab. Dié uitslag is deurslaggewend, dis ’n kerndeel van die gevolgtrekking.

    Donna Maas se moontlike reaksie op die verslag pla Ella nie. As moordspeurder – en dus elke slagoffer se gelastigde, gewete en stem – kon sy simpatie voel en wys, en dit was háár plig om te sorg dat reg geskied. Nie meer nie. Nou fokus sy – ongeag die lewende of die dode – absoluut en onbevange op net een aspek: die waarheid.

    In die parkeerterrein klim sy in haar nuwe klein Suzuki – haar sieklike ou Golfie het oplaas ’n genadekoeël gekry – en wonder oor die gefladder wat haar onthullings gaan veroorsaak. Dalk sal ’n prosaïese afsluiting gepas wees:

    Met die oorhandiging van hierdie verslag is my ondersoek dus afgehandel. Ek hoop u vind dit in orde so en tot u tevredenheid. Vind aangeheg ook die faktuur vir uitstaande koste.

    Maar twyfel dan. Miskien nóg ’n opmerking, as naskrif? Sou haar kliënt daaroor wonder:

    LET WEL: Oor die moontlikheid dat speurders kan besluit om ’n moorddossier te open, kan en wil ek my nie uitlaat nie.

    CHRONOLOGIE VAN DIE ONDERSOEK

    Donna se weergawe

    1ste ontmoeting met Amalia Rojas | Sondag 18 Oktober

    Selfs Oupa ry saam. En Antonie, rolstoel en al. Nie Patty nie, sy is by ’n repetisie, vir die gesin se volgende uitstappie: die Finzikonsert vir klarinet en klavier, met Patty op die klarinet.

    Vandag s’n is om die jongste Masie se verjaardag te gaan vier. Aan Florie se slaapkamermure is nie plakkate van akteurs en popsangers nie. Haar neus het sproete, haar hare is die kleur van strooi en pal in ’n ponie, en naskools boer sy in T-hemde, jeans en tekkies. Teen háár mure pryk perde.

    Hulle laatlammetjie.

    Hulle is so trots wanneer sy en Thomas oor hulle kinders praat. Donna het selfs ’n slag gesê sy voel asof hulle as ouers spesiale seëninge ontvang het, asof ’n engel se vinger elke verwekking aangeraak het. Vir drie mooi, talentvolle spruite, wat eendag, so glo Donna, voetspore gaan trap wat deur ander opgemerk sal word, spore wat nie in sand toegewaai sal word nie.

    Patty met die talente vir musiek. Florie se sagte hart vir diere, spesifiek perde. Antonie die petrolkop – dirt bikes was sy ding. Tot sy ongeluk twee jaar terug. Dít het alles verander. In dieselfde jaar het hulle Donna se ma begrawe. Ook toe die begin, so blyk dit nou, van haar pa se slepende siekte.

    Nóg sy nóg Thomas is ’n perdemens, jaagduiwel of besonder musikaal – sy kan Let It Be en Sweet Home Alabama op die klawers uittokkel, hy Hound Dog en La Bamba op ’n kitaar se snare tjingel. Waar hulle kinders se liefde vir musiek, kragfietse en perde vandaan kom, slaan hulle dronk. Donna het eenkeer gelag en vir Thomas gesê: Jý’s die sielkundige, jy behoort mos sulke goed te weet!

    Patty het ’n Buffet Crampon-klarinet gekry, Antonie ’n Honda CRF250X. Vandag is dit Florie se beurt. Ook sý, het Donna en Thomas gereken, verdien iets spesiaals, veral op haar tiende verjaardag, groot genoeg vir ’n perd se rug. En kry sy haar sit en hou van die rug, goed, dan is perdrylesse háár geskenk. Dalk later selfs haar eie perd.

    Maar natuurlik kom Antonie se ongeluk toe ter sprake.

    Daardie Superman, sê Donna die aand in die bed toe hulle oor die perdrylesse praat. Onthou jy, die Superman wat destyds van sy perd afgeval het? Wat verlam is? Ek dink hy’s intussen dood.

    Dit was ’n fratsongeluk, Donna.

    Hy was ’n ervare ruiter.

    Sulke goed gebeur, sê Thomas. Ongelukke gebeur.

    Soos met hom, en soos met Antonie.

    Waaroor g’n mens beheer het nie.

    Hy was Superman! Florie is net ’n kind. Sy was nog nooit eens op ’n perd se rug nie. Sy sien hulle by die skou en op TV, dis al.

    Hy was net ’n gewone mens, ’n akteur, Donna, g’n Superman nie.

    Ek wéét hy was net ’n akteur. Maar hy was groot, sterk genoeg om Superman te wees. Toe val hy af en breek sy nek.

    Hoeveel kinders val van perde af? vra hy.

    Hoeveel kinders val van motorfietse af? vra sy. Wat het jy gesê, Thomas, toe jy my omgepraat het om vir hom die motorfiets te koop? Elke seun met ’n motorfiets val die een of ander tyd, dis par for the course, maar hulle staan op en ry weer. Dis wat jy gesê het. Soos wanneer ’n perd jou afgooi. Dit was jou woorde, onthou jy? Net, Antonie het nie opgestaan en weer gery nie.

    Donna …

    Die stekie moet sy áltyd inkry. Al weet sy dat dit onregverdig is, dat dit niemand se skuld is nie, net God se wil. Want hoe verklaar jy so iets? Ander seuns breek ’n arm, of been. Antonie breek sy T11- en T12-werwels. An act of God. Hy gee, Hy neem.

    Nou is hulle op pad in die rigting van Honeydew, na die perdryskool aan die westelike buitewyke van Johannesburg.

    En agter in die Kombi vra haar pa so in die algemeen, maar Donna vermoed dit is spesifiek vir Florie se ore bedoel: Waarheen ry ons nou eintlik?

    Dis mos ’n geheim, Oupa, sê Florie.

    Watse geheim?

    My present.

    Watse present?

    Dis my verjaardag, Oupa!

    O, jy verjaar? Hoe oud is jy nou?

    Ag, Oupa … Oupa weet mos goed. ’n Knorrigheid in die stem oor die oupa wat so vergeetagtig is, of besig is om haar siel uit te trek te midde van ernstige sake soos verjaardae.

    Donna het simpatie met Florie. Natuurlik weet Oupa goed hoekom hulle waarheen op pad is. Soms is hy aspris, kastig vergeetagtig. Of hou hom doof. Wanneer dit hom pas om speletjies met die kinders te speel. Ander kere is dit eg. Jy kan dit in sy oë sien. Dit is asof sy oë ook verward word wanneer hy régtig nie kan onthou of mooi kan hoor nie.

    Natuurlik weet ek, Florie, ek terg net, sê Oupa.

    Ons weet almal, net jý weet nie van jou present nie, sê Antonie van heel agter in die Kombi.

    Dit is Annie wat dié spesifieke ryskool aanbeveel het. Die dogter van Annie se vriendin is al twee jaar daar. Doen glo dressage, sê Annie met ’n rol van haar oë.

    Partykeer wonder Donna hoe Thomas ooit sy praktyk sonder Annie Philander sal kan bedryf? Annie het ook die afspraak gemaak: Sondagmiddag drieuur, en vra vir Sue by die perdryskool se ontvangs.

    Thomas draai in na die imposante ingang. Die naam ROJAS EQUESTRIAN CENTRE met laser in swart plaatmetaal uitgesny en bo teen ’n wit suileboog vasgebout. Groot dubbele hekke van swart gegote yster. Weerskante palissadeheinings wat lyk of dit die hele landgoed omring.

    Florie roep met handeklap uit: Perdry! Perdry!

    Thomas leun na die paaltjie met die interkom, druk ’n knoppie, kondig Florie se afspraak aan. Die hekke gly oop.

    In geil groen weikampe kyk blink perde nuuskierig op na hulle Kombi wat stadig tussen witgekalkte paalheinings verbyry. Florie hang by haar venster uit. Die aromas van veld en hooi en diere bereik Donna se neus en sy sit haar palm op haar man se bobeen om gerusstelling te soek.

    Sy hou van die netjiese opset. Hierdie is duidelik nie ’n agterplaasbesigheid nie. Lyk of daar groot geld in dressage is.

    By die vurk draai Thomas na links, by die bordjie met die pyl na ontvangs.

    Florie spring uit en stap saam met Donna en Thomas. Die vrou agter die toonbank glimlag. Die jonge dame is seker Florie Maas. Ek’s Sue.

    Later sit hulle almal op die klein paviljoen in die arena, Donna se oë stip op Florie. Nou uitgedos in gehuurde ruiterdrag en swart veiligheidspet op die mooi bruin ponie. Sy en die ponie word al in die rondte gelei. Haar kind lyk so klein en broos daar in die saal, so gesnaar van spanning.

    Maar Donna merk hoe sy mettertyd begin ontdooi. Sy sien dit aan die manier hoe Florie ingenome na hulle begin loer elke keer wanneer sy by hulle verbykom, by hierdie waarderende skare van vier.

    Die uur is gou verby. Buite onder die restaurant se bome sê Thomas vir Florie: Toe? Jy’t maar skrikkerig gelyk?

    Kan ek weer kom? Onseker of die verjaardagpresent nou verby is.

    Was jy nie bang nie? vra Donna.

    Nee, dit was baie lekker.

    Goed, sê Thomas, dan bespreek ons nog ’n paar lesse en kyk of jy regtig daarmee wil aangaan.

    Dankie, dankie!

    Thomas staan op en sê vir Donna: Kom ons gaan kyk sommer nou na datums wat almal pas.

    Die ontvangslokaal is leeg, geen Sue nie. Maar dan verskyn ’n ander vrou met ’n glimlag. Florie se ouers? Sy is donker en aantreklik. Blas vel, swart hare, donker oë. Vol lippe.

    Ja, sê Donna. Ons wil nog ’n les bespreek, sy’t dit so geniet.

    Ek’s Amalia Rojas, sê die vrou. Sue is besig met ’n ander les. Sy praat goed Afrikaans, maar met ’n duidelike aksent, wat Donna nie kan plaas nie.

    Rojas? sê Thomas. Jy’s die eienaar?

    Die einste. Vir wanneer wil julle die les bespreek? Dalk meer as een, ons is taamlik vol.

    Vir volgende naweek, sê Donna.

    Amalia Rojas tik op die rekenaar. Ons het weer ’n opening vir Sondag vieruur?

    Rojas? Watse van sou dit wees? wonder Donna. Spaans? Een of ander Suid-Amerikaanse land?

    Ons vat dit, sê Donna.

    Sy tik weer. Goed, afgespreek. Sien julle volgende Sondag.

    Hulle stap deur toe.

    O, meneer Maas …

    Hy steek vas en draai om. Donna wag in die deur.

    As julle belangstel, aangesien dit lyk of Florie nou meer dikwels gaan kom perdry. Ons het môreaand ’n vergadering. Voorligting vir nuwe lede, spesiale aanbiedings. As julle Florie vir ses maande of ’n jaar wil laat aansluit, gaan dit aansienlik goedkoper wees. Julle moet net self die gepaste ruiterdrag koop. Klere is belangrik, soos in enige sportsoort. Julle kan ook ander ouers ontmoet, dit sal julle dalk meer gerusstel as julle hoor hoe hulle oor die ruiterkuns voel. Ons begin sesuur. In die restaurant. Niks formeels nie, net gesels.

    Dankie, sê Thomas, ons sal probeer kom.

    Toe hulle uitstap, sê Donna: Jy moet maar alleen kom. Sesuur saans op ’n weekdag is nie ’n goeie tyd vir ’n ma van drie skoolgaande kinders om te lank uit die huis te wees nie. Darem tyd vir ’n pilatesklas.

    KANTNOTA

    In die parkeerarea onder groot koeltebome kry Ella haar sit in haar Suzuki en laat sak haar venster. Sy slaan die sonskerm af vir die spieëltjie, trek haar hare los, vat weer met die rekkie al die ongehoorsame los slierte glad teen haar kop vas in ’n netjiese ponie. Beloer haarself, dep met ’n tissue bietjie hier, bietjie daar, en rond die haastige opskik met ’n veeg lipstiffie af. Smak haar lippe, slaan die skerm weer op en grou ’n hand vol kleingeld uit vir die geduldige karwag.

    So ja, dink sy toe sy wegtrek. Voel amper weer normaal ná die intense gesprek van flus. En onthou op pad kantoor toe haar groot aarseling vroeg in die ondersoek: Moet sy Thomas Maas eerder vroeër as later in die oë gaan kyk? Of moet sy eers wag?

    In haar eerste lewe het sy sulke lesse op die harde manier geleer. Moenie ’n verdagte té gou op sy hoede stel nie, maak hom eers mak. Maar wag jy weer te lánk, het hy kans om sy alibi’s en verweer gereed te kry. Of hy verdwyn bloot.

    Haar vertwyfeling was daarom net oor die regte strategie en tydsberekening, nie omdat sy skrikkerig was vir die onbekende sielkundige in wie se bedsake sy rondkrap nie. Nee, vir sulkes skrik sy lankal nie meer nie, veral nie vir kwakke van die kop nie. Van hulle het sy ’n goeie dosis weg. Ná elke onderonsie – bloedig én onbloedig – met ’n psigopatiese geweldenaar moes haar gees hard werk om die sielkundige reste in haar kop op te ruim.

    Sy het net gewonder hoe sinvol so ’n besoek sou wees. Hy, die onderwerp van haar ondersoek, hoekom sou hy hoegenaamd wou saamwerk?

    Maar, het sy ook geredeneer, persoonlike kennis van haar teiken was noodsaaklik.

    Teikens. Meervoud.

    Die eggenoot én die bitch (Donna se indelikate benaming).

    Vir haar, die teef, sou Ella ook van naderby moes gaan beskou. Maar eers Thomas Maas, het sy besluit, sommer net daar in sy kantoor. Sy sou ’n rol speel. Sy kon kwalik by hom instap en aankondig: Ek’s ’n private speurder. Jou vrou het my aangestel. Ek ondersoek jou affair.

    Beweerde affair, want Donna het vertel hoe driftig hy alles ontken.

    Ja, sy wás ietwat onkant betrap. Sy het iets anders verwag. Iémand anders. Haar verwagtinge dalk bakgetrek deur arme Donna se lot.

    En dit is óók ’n ou les: Moet jou nooit laat lei, of mislei, deur ander se suspisies, wantroue, spesmase of emosies nie. In só ’n werk, hetsy as speurder of PI, loop jy oopkop, vertrou net jou eie intuïsies, net jou eie oë en ore.

    Op die oog af was Thomas Maas allesbehalwe die stereotiepe jagter van rokke. Eintlik heel innemend, bereid om te luister, en wanneer hy gepraat het, was dit sag en rustig.

    Met ’n tissue teen die neus het sy haar storie uitgespin van die swart hond wat aan haar hakke hap oordat haar geliefde haar ingeruil het vir ’n blonde hokkiespeler met beswete dye.

    Maas het haar simpatiek aangekyk, asof sy oë sag in haar siel vroetel, sy vrae ligvoets rondom haar broosheid.

    Om die storie gelooflik te maak het sy biografiese brokkies ingeroer. Oor haar eerste werklik groot liefde: Bam, die rugbyspeler. Hom het sy inderdaad saam met ’n hokkiespeler in haar bed betrap. Maar dit was lank terug. En sy het dit alles destyds met die polisie se traumaterapeut uitgepraat. Oor Bam. Oor karma in die vorm van Abel Lotz. Daai siek, siek man wat met ’n skalpel besig was om ’n stuk van haar maagvel te oes toe Bam ingestorm kom.

    Verneuk haar eers, offer dan sy eie lewe op om hare te red. Die waarheid vreemder as fiksie.

    Maar ás sy dit dan alles so uitgepraat het, wat soek hulle dan steeds in haar kop – Bam en Abel?

    Nee, al daai grimmige besonderhede hoef Maas nie te weet nie, net van hierdie onskuldige, beklemde siel in haar liefde verraai en verlaat.

    Gebruik jy medikasie? het hy gevra, pen oorgehaal.

    Medikasie vir wat?

    Vir enigiets. Veral chroniese medikasie?

    Is daar ’n pil vir swart gal? Want dis hoe ek voel, my glase bly halfleeg, pleks van halfvol.

    Het jy ’n geskiedenis van depressie?

    Nie eintlik nie. Net as ek my vasloop teen sekere soorte mans. Húlle konfoes my.

    Hy het na haar linkerhand geknik. Geen ring nie. Is jy geskei? Het jy ’n liefdesteleurstelling gehad?

    Sy het hom ’n oomblik betrag. Aantreklike man, reeds ’n fyn opslag van grysheid. So ’n bietjie ouer as Lou. As jy wil weet: ja, daar ís iemand spesiaals in my lewe. Hy’s ’n goeie man wat my goed laat voel. Nie een van daai … jy weet, van daai wat rondslaap om hulleself te probeer bewys nie.

    Hy het sy oë laat sak na waar hy skryf, en gevra sonder om op te kyk: So, die swart hond, of die swart gal, hoe jy dit ook al wil noem. Dis eerder terugkerend as durend? Soos ’n nagmerrie wat jou sporadies kom teister?

    Ja, maar ek verstaan nie hoekom nie?

    Is jy bang dit, daardie ou gedagtes van ’n vroeëre, onvervulde liefde, is nadelig vir jou verhouding met jou nuwe vriend?

    Hy’s nie meer so nuut nie. Maar ek sien jý’t ’n ring. Dink jy jou vrou sal jou weer vertrou as jý rondloop?

    Uh, kom ons hou die gesprek maar by jou, juffrou Neser. Het jy al vantevore berading gekry?

    Wat sy eintlik wou geweet het, was hoe sy tweede besoek op daai Maandagaand 19 Oktober aan die Rojas-ryskool verloop het. En al die ander besoeke daarna. Wanneer hy Florie vir rylesse gevat het. Maar dit kon sy mos nie vra nie. Die gebeure rondom daardie besoeke kon sy eers later rekonstrueer uit gesprekke met ander betrokkenes wat in die loop van haar ondersoek opgeduik het. Soos Sue Greene. Vir Sue het Ella opsetlik, maar baie omsigtig, begin bearbei. Sue was haar belangrikste kontak in Amalia Rojas se binnekring. En uit haar latere gesprekke met Thomas Maas self, toe sy hom openlik gaan konfronteer het.

    Waaroor Ella nou skielik op pad Linden toe wonder, is of Pepler en Kie die uitgawe van haar sogenaamde konsultasie met Maas aan haar gaan terugbetaal. Dalk moet sy dit by Donna Maas se rekening insluit as lopende uitgawe. Dit is tog wat dit is. Boonop is sy absoluut oortuig dat Donna ál haar kostes vir hierdie private speurondersoek uit haar man se beursie gaan invorder. Op welke wyse ook al. En hoe pragtig gaan daardie som nie balanseer nie: vir sy vrou se PI wat sy affair ondersoek het, skud Thomas Maas sy eie sak!

    Thomas se weergawe

    2de ontmoeting met Amalia Rojas | Maandag 19 Oktober

    Maandagaand in die restaurant se tuin sit die sowat twintig besoekers in die gemoedelike skemeraand by tafeltjies onder bome, omgeef deur die aromas van koffie en blomme. Sue Greene spreek hulle toe, die bekwame, vriendelike gesig van die Rojas-perdryskool. En Thomas voel instinktief dat Florie in goeie hande gaan wees.

    Maar hy voel ook bietjie bekaf. Hoekom, weet hy nie juis nie. Want hy kry al die antwoorde.

    Hy loer rond, hoor die vrae uit die gehoor, luister na Sue. Al wat hý wil weet, is oor veiligheid: hoe veilig ’n tienjarige op die rug van so ’n perd is, hoe mak die perd is, of hy nie vir ’n koue pampoen gaan skrik en met sy kind op loop sit nie? Sue stel hom dadelik gerus, sê dit is ’n algemene kwelling onder ouers en sy is bly oor die vraag. Maar hulle kinderponies is goed en professioneel afgerig en sag van aard. Nog nooit het ’n kind afgeval nie.

    Dit verlig die onrus wat Donna geplant het, maar nie die ongedurigheid nie. Nee, teleurstelling. Dis wat dit is. Is hy teleurgesteld omdat sý nie hier is nie … Amalia Rojas? Want dis tog die indruk wat hy gister van haar gekry het, dat sy self hier sal wees om nuwe lede te verwelkom. En is hy nie ’n nuwe lid nie … wel, die pa van ’n nuwe lid nie?

    Is dit sý wat so aan hom jeuk?

    Halfnege begin die besoekers opstaan. Daar is nie meer vrae nie, alles lyk uitgepluis, almal lyk tevrede. Thomas, nou alleen by ’n tafeltjie, sluk sy koffie, reg om ook te ry.

    Dan, plotseling, is sy hier, onverwags uit die skaduwees van die lowertuin se wasige ligte. Van agter om sy stoel, haar hand ligweg oor sy skouer. A, meneer Maas, jy’t toe gekom.

    Hy probeer orent kom, maar die hand hou hom ferm op plek. Nee, sit.

    Gedog jý gaan ons kom toespreek?

    Sy skuif om na oorkant sy tafeltjie, in stywe T-hemp en fleurige los romp, haar hande op die rug van ’n stoel. Dis Sue se werk, sy’s die bestuurder. Sy’s omtrent alles. Sy ken die besigheid amper beter as ek. Sy kyk na die ruiters, ek kyk na die perde. Sy glimlag. Jy’s alleen hier. Vroulief by die huis … Donna, nè?

    Hy knik.

    Sy trek die stoel uit en die armbande ritsel. Gee jy om as ek ’n oomblik sit?

    Toe ruik hy haar. Half verdoesel deur die soet vanielje uit die maanblomme se wit kelke bereik ’n vleugie van háár geur sy neus. En stuur, asof deur ’n ligte skok, ’n impuls tot iewers diep in die sentrum van sy lyf, waar dit ’n wyle vertoef, voor dit sy onderlyf bereik.

    Hy kyk op, betrap haar donker oë op hom, steeds die glimlag om daardie vol lippe, klam in die onhelder lig.

    Hy skuif die koppie weg en vra: Uh … iets om te drink?

    Sy bepeins die vraag. Ja, ek dink tog so, en wink vir die kelner. Twee glasies rooiwyn, seblief, Vusi. Sy kyk vraend na Thomas: Is shiraz oukei?

    Hy knik weer, begin voel soos een van daardie knikkende honde van jare her op paneelborde of in agtervensters van ou karre. Dis wat sy aan hom doen! Want aan sy gesonde selfvertroue skort gewoonlik min. Maar vanaand, in die geselskap van hierdie betowerende vrou, is hy skoon van sy klip af. Duidelik is Amalia Rojas daaraan gewoond om haarself te laat geld.

    Jou aksent? vra hy.

    Ja, almal wonder altyd. Dis Spaans. Ek’s van Argentynse herkoms. Dis waar my perde ook vandaan kom. Ek voer hulle uit Argentinië in en ek rig hulle almal self af.

    Maar jy praat so vlot Afrikaans?

    Omdat ek al so lank hier woon, langer as ’n dekade. My man, uh, hy’s ’n Boertjie. ’n Daneel. Sy betrag hom eers weer voor sy byvoeg: Boertjie, maar nie plaasboertjie nie.

    O so, tog getroud, maar sonder ring. Wel baie armbande wat klingelend saampraat.

    Hy’s nie hier nie?

    ’n Sigeuner. Dít is waaraan Amalia Rojas hom herinner. So rustig agteroor in haar stoel, vingers spelend met die armbande.

    Hy’s nooit hier nie, sê sy. Die perde is mý stokperdjie. Hulle hou my besig terwyl hy elders sy eie ding doen. ’n Hartklop of twee. Hy ontwikkel landgoedere en bou huise.

    Vusi bring die wyn en skink. Thomas se oë bly oor háár landskap dwaal, uitgedaag deur die welige kontoere van die stywe bloes.

    Cheers! sê sy en lig haar glas.

    Cheers. Hy sluk. Om hulle kuier die laaste klompie voornemende klante. Dit word laat …

    Hy’s in Argentinië, sê sy sag, afgetrokke, asof dit net ’n gedagte is wat onverhoeds in woorde uitglip, turend by hom verby na iets in die verte.

    Wie – jou man?

    Sy sel lui. Donna. Thomas …

    Wat’s fout? Hy herken oombliklik daardie hoë toon van angstigheid in haar stem, wat neig om aan paniek te grens, gewoonlik gereserveer vir nuus oor een van die kinders.

    Dis Pa …

    Donna, haal diep asem. Wat van Pa?

    Hy’s weg.

    Weg? Wat bedoel jy? Hoe kan Rolf weg wees?

    Tant Lizzie het gebel. Dis donker en Pa is nie by sy huis nie.

    Thomas blaas ’n sug eenkant toe uit, lig sy wenkbrou na die mooi Argentynse vrou met die rooiwyn aan haar klam rooi lippe. Tant Lizzie, huh?

    Dis negeuur, Thomas! En hy antwoord nie sy sel nie, ek’t al hoeveel boodskappe gelos.

    Hy’s by Willem Nolte, Donna. En hy’t sy foon by die huis vergeet, jy weet hoe verstrooid hy word.

    Hy’s nie by Willem nie, ek’t klaar soontoe gebel.

    Dan drink hy en Wollie ’n knerts en speel skaak. En jy weet hoe hulle oor die skaakbord van tyd vergeet.

    Amalia Rojas sit haar glas neer. Hy draai sy oë na haar. Dit lyk of sy ’n oomblik huiwer, en staan op. Beskou hom eers weer, draai dan weg. Sy oë volg haar terwyl sy stadig tussen die tafeltjies en gaste wegslenter. Die bos swart hare oor die skouers, rug en skouers kiertsregop soos dié van ’n balletdanser, die geoliede wieg van haar tergende heupe. Hy hou haar dop tot by die groepie waar sy opnuut aan’t gesels raak.

    Thomas! sê Donna.

    Ek’s hier.

    Ek het soontoe ook gebel. En na die Krone en Swanepoels. Nie een het hom vandag gesien nie.

    Wat van sy suster? Het jy tant Sienie gebel?

    Hy merk hoe sy ’n slag na hom loer, half onder haar hare deur. Haar tande pêrels in die glim van ’n lig toe sy vir ’n opmerking lag, die verbeelde ritseling van haar armbande toe sy haar hand lig om die hare met haar vingers van haar gesig weg te kam. Eers dán draai sy haar gesig na haar gespreksgenote terug, beëindig die kontak. Of ’n mimiese boodskap?

    Thomas! sê Donna. Hoe lank gaan jy nog besig wees? Ek’s regtig bekommerd, tant Lizzie sê hy’s nooit so laat uit nie.

    Goed, ek’s op pad.

    Hy staan op.

    By haar raak hy met sy vingers aan haar arm: Jammer oor die onderbreking.

    Sy haal ’n skouer op, leun effe na hom oor en fluister vertroulik met ’n warm asem: As die baas bel … Hou haar hand dan formeel vir hom. Sien jou later, meneer Maas. Groete by die huis.

    Haar hand is warm en sag, en op pad kar toe dink hy: Amalia Rojas het ’n vreemde uitwerking op hom. Is dit hoe alle mans haar ervaar? En hoekom geen ring aan daardie trouvinger nie?

    Maar dan skuif hy haar uit sy gedagtes uit, dwing sy aandag na Donna se oproep en sy skoonpa. Waar kan hy wees? En maak dit saak? Hoekom kan hulle Rolf tog nie in vrede los om sy eie lewe te lei nie? Hoekom hom soos ’n kind oppas? Orige ou Lizzie voor in die koor.

    Thomas stop by Blue Haven se sekuriteit en vee die kaart oor die valhek se oog. Hy leun by die venster uit, ken omtrent al die wagte. Een kom uit die verligte wagkamer.

    Roy, meneer Rolf is weg, het jy hom dalk hier sien uitgaan?

    Ja, meneer Rolf het nog gegroet en gesê hy stap gou winkel toe.

    Stap? Hy’s sonder sy kar uit?

    Meneer Rolf hou mos van stap.

    En hoe laat was dit?

    O, so vyfuur, meneer Maas, so spitstyd, jy weet, toe almal van die werk af huis toe begin kom het.

    Thomas ry in, verby rye meenthuise met netjiese tuine. 32 is Rolf s’n, 34 Lizzie s’n. Lizzie ontferm haar al oor Rolf van hy ’n wewenaar is. En praat van die duiwel! Hy sien hoe sy hom onder haar stoeplig inwag. Donna moet haar laat weet het.

    Hy’s nog nie terug nie, sê sy met ’n armswaai na 32. En hy’t nie eers gegroet sodat mens darem weet waarheen hy gaan nie.

    Hy’s mos winkel toe, of hoe?

    Dit het hy nie vir my gesê nie, anders kon hy vir my twee tamaties saamgebring het. Toe ek weer sien, piekel hy hek toe.

    Doen hy dit gewoonlik? Sê hy altyd vir tant Lizzie wanneer hy winkel toe gaan, of waarheen ook al?

    Altyd. Dalk het ek hom nie hoor klop nie, met dié dat ek die radiostorie sit en luister het. My verbeel ek hoor iets, maar toe ek uitkyk, trek hy al doer.

    Daar was niks snaaks aan hom nie? Ek bedoel, hy’t nie vroeër laat val dat iets hom pla nie?

    Niks van daai aard nie. Rolf is Rolf, hy’s elke dag dieselfde. Dalk bietjie meer verstrooid, maar dis mos hoe ons almal raak, in hierdie verstrooide jare. Hy’t gister sy sleutels hier by my kom soek. Sondagoggend, ja. Gesê hy moet daar by julle gaan eet en hy kry nie sy sleutels nie. Was mos Florie se verjaardag, as ek dit nie mis het nie. Ewentwil, ek loop soek toe saam met hom. Ons keer die hele huis om. Later sê ek wag, nou eers bietjie tee vir krag. Ek haal die melk uit, en daar lê die sleutels in die yskas! Kan jy glo?

    Dankie, tant Lizzie. Ek’s seker hy’t net by een van sy vriende gaan kuier en tred verloor met tyd. En sy selfoon hier vergeet. Laat ek gaan kyk of ek ’n spoor in sy huis kry.

    Ek sal kom help, bied sy aan. Waarna soek ons?

    Dis al amper tienuur, verby slaaptyd, ek sal regkom.

    Rolf en Patricia het afgeskaal tot net twee slaapkamers ná sy aftrede. Veertig jaar ’n onderwyser in dieselfde skool, veertig jaar in dieselfde groot huis in Randburg, Donna en Neels se grootwordplek. Rolf is ’n gewoontedier, haat dit as sy roetines versteur word. In die stilligheid vermoed Thomas dat Rolf sy vrou erg verkwalik het dat sy hom alleen agtergelaat het toe sy ten laaste nie meer die krag kon opvorder teen haar siekte nie.

    Hy stap in. Eetkamer, sitkamer, kombuis alles oop. In die hoek van die sitkamer staan sy teleskoop. Rolf sê hy soek ’n bewoonbare planeet, verkieslik in ’n ander galaksie, want aardbewoners het hierdie een nou so opgeneuk dat dit nie meer lank gaan hou nie. En hy vat vir Antonie en Patty en Florie saam, hulle verdien ’n beter, ongeskonde plek. Dol oor die drie kleinkinders. Hy leer Antonie van sonnestelsels, supernovas en swartgate, speel vir Patty cd’s van duette vir klarinet en tjello uit Bach se Engelse en Franse suites, gesels met Florie oor boerperde, arabierperde, volbloedperde, en oor Pegasus en Bucephalus.

    Thomas dwaal deur die huis. Niks vreemds of uit plek wat hom opval nie. Vir ’n man wat sy hele lewe ’n vrou gehad het, leef Rolf nie slordig nie. Dalk te wyte aan die orde van sy wiskundige brein: wiskundeboeke apart van musiekboeke, musiekboeke apart van sterrekundeboeke. Asof hy sy liefde vir wiskunde en vir musiek en vir die astronomie in drie afsonderlike kompartemente uitleef.

    Thomas besef opnuut hoe sleg hy sy skoonpa eintlik ken. Oppervlakkig, ja, langer as twee dekades al. Maar wat in Rolf Geyer se private kop en hart aangaan, daarvan het hy geen benul nie. Hy het hom verheug gesien by die geboorte van die tweeling, en weer later met Florie. En hy het hom somber en aangedaan gesien op skoonma Pat se begrafnis. Dit is al emosies wat hy van Rolf ken. Hy en sy skoonpa leef by mekaar verby, hulle geselsery is sonder innigheid, algemeen, oor banaliteite soos sport en politiek. Oor sy kleinkinders gesels hy met Donna, sy lieflingdogter. Vir Donna sal hy sekerlik ook wil saamvat na sy suiwer, onbesoedelde eksoplaneet, bestem vir net goeie mense.

    In Rolf se ruimteskip sal daar vir hóm, Thomas, nie plek wees nie. Hy wonder soms oor Rolf se wrewelrigheid teenoor hom. Nee, wrewelrigheid is dalk te erg, eerder mishae. Sy skoonseun het Rolf Geyer nog altyd mishaag.

    Thomas ontken dit nie. In sy en Donna se huwelik was, en is, soms onvrede, selfs stille oproer. In watter huwelik is daar nie verskille nie? Maar hulle beperk dit tot die slaapkamer se vier mure, daardie vertrek wat bedoel is vir min en onmin.

    Of het Donna iets aan haar pa uitgelap, hetsy onbewaak of aspris, wat so aan Rolf se siel bly knaag? Oor daardie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1