Geography P2 Nov 2018 Afr

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 15

NASIONALE

SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

GEOGRAFIE V2

NOVEMBER 2018

PUNTE: 75

TYD: 1½ uur

EKSAMEN-
NOMMER:
SENTRUM-
NOMMER:

M In SM In DM In CM In IM In MC EA EX RM In
V1
V2
V3
V4
TOT

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en

1 bladsy vir rofwerk en berekeninge.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 2 DBE/November 2018
NSS

BRONMATERIAAL

1. 'n Uittreksel uit topografiese kaart 2930CB PIETERMARITZBURG.

2. Ortofotokaart 2930 CB 8 PIETERMARITZBURG.

3. LET WEL: Die bronmateriaal moet deur skole vir hul eie gebruik ingeneem
word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die ruimtes op die

voorblad.

2. Beantwoord ALLE vrae in die ruimtes wat in hierdie vraestel verskaf is.

3. Jy word voorsien van 'n 1 : 50 000 topografiese kaart (2930CB

PIETERMARITZBURG) en 'n ortofotokaart (2930 CB 8 PIETERMARITZBURG)
van 'n gedeelte van die gekarteerde gebied.

4. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5. Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en
berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.

6. Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules wat verskaf word, waar van
toepassing. Punte sal hiervoor toegeken word.

7. Dui die maateenheid in jou finale antwoord van die berekeninge aan, bv.
10 km; 2,1 cm.

8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9. Jy mag 'n vergrootglas gebruik.

10. Die gebied wat met ROOI op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied
voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

11. Die volgende Afrikaanse begrippe en hulle Engelse vertalings word op die
topografiese kaart getoon.

AFRIKAANS ENGELS
Brandgordel Firebreak
Gholfbaan Golf Course
Hospitaal Hospital
Kanaal Canal
Rivier River
Rioolwerke Sewerage Works
Staproete Hiking Trail
Uitgrawings Diggings
Vliegveld Aerodrome
Waterwerke Waterworks

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 3 DBE/November 2018
NSS

ALGEMENE INLIGTING OOR PIETERMARITZBURG

Pietermaritzburg (umGungundlovu) is die hoofstad van KwaZulu-Natal. Hierdie tweede

grootste stad in die provinsie is in 1838 gestig. Dit is 'n belangrike nywerheidskern in
die streek wat bekend is vir aluminium-, hout- en suiwelprodukverwerking. Dit het 'n
geskatte bevolking van 500 000 (die omliggende townships ingesluit). Pietermaritzburg
lê op die N3 nasionale roete, die hoofroete tussen die Pretoria-Witwatersrand-
Vereeniging-konurbasie en die hawestad, Durban, wat ongeveer 90 km van
Pietermaritzburg af is. Die Oribi-lughawe is net buite Pietermaritzburg geleë en bied 'n
gereelde geskeduleerde diens na die OR Tambo Internasionale Lughawe in
Johannesburg.

[Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/pietermaritzburg]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 4 DBE/November 2018
NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (2930CB

PIETERMARITZBURG) sowel as die ortofotokaart van 'n gedeelte van die
gekarteerde gebied gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die
volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie
langs elke vraag neer.

1.1 Pietermaritzburg is die hoofstad van …

A Mpumalanga.
B KwaZulu-Natal.
C Vrystaat.
D Limpopo.

1.2 Die naaste hawe aan Pietermaritzburg is …

A Richardsbaai.
B Port Elizabeth.
C Durban.
D Kaapstad.

1.3 As jy met die N3 in 'n noordwestelike rigting reis, sal jy die dorp/stad … bereik.

A New Hanover
B Donnybrook
C Merrivale
D Harrismith

1.4 Die ware peiling van punthoogte 1031 (K) in blok B6 vanaf peilbaken 263 (J) in
blok D7 op die topografiese kaart is …

A 341°
B 161°
C 140°
D 19°

1.5 Die ekonomiese aktiwiteit by U in blok A12 is 'n ... aktiwiteit.

A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre

1.6 Die grondgebruiksone by 1 op die ortofotokaart is die …

A SSK.
B oorgangsone.
C groen gordel.
D landelik-stedelike oorgangsone.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 5 DBE/November 2018
NSS

1.7 Die mensgemaakte verskynsel by 2 op die ortofotokaart is 'n …

A veeartsenykliniek.
B meenthuiskompleks.
C winkelsentrum.
D kantoorpark.

1.8 Die helling by lyn 3 op die ortofotokaart is …

A konkaaf.
B konveks.
C trapvormig.
D konstant.

1.9 Die hoof mensgemaakte faktor wat die standplaas van die plaasopstal by L in
blok B9 op die topografiese kaart bepaal het, is …

A die ander pad.

B 'n mark.
C 'n reservoir.
D gelyk grond.

1.10 Die stroom-/dreineerpatroon wat gebied M in blok B10 en blok B11 op die
topografiese kaart domineer, is 'n … patroon.

A sentripetale
B radiale
C reghoekige
D tralie-

1.11 Die dominante straatpatroon in blok G2 op die topografiese kaart is …

A radiaal.
B onbeplan onreëlmatig.
C ruitvormig.
D beplan onreëlmatig.

1.12 Die verskynsel wat die hoeveelheid water beheer wat deur die kanaal in blok H8
op die topografiese kaart vloei:

A Brug
B Geboue
C Stuwal
D Helling

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 6 DBE/November 2018
NSS

1.13 Swartkop in blok F1 op die topografiese kaart is 'n …

A tafelkop/butte.
B tafelberg/mesa.
C gepunte tafelkop/butte.
D spitskop.

1.14 Die algemene vloeirigting van die rivier in die vallei wat deur die kronkellyn by 4
op die ortofotokaart voorgestel word:

A Noord
B Wes
C Oos
D Suid

1.15 Die afstand tussen T in blok A12 en New Hanover op die topografiese kaart is
… kilometer.

A 0,2
B 22
C 20,2
D 2
(15 x 1) [15]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 7 DBE/November 2018
NSS

VRAAG 2: KAARTBEWERKINGS EN -TEGNIEKE

2.1 'n Toeris wat Town Hill in Pietermaritzburg besoek, het spesifieke inligting oor
die plek se ligging nodig.

2.1.1 Noem die topografiesekaartindeks/-kode van Pietermaritzburg.

___________________________________________________________
(1 x 1) (1)

2.1.2 Bepaal die ruitverwysing/koördinate van Town Hill by punt N in blok F7 op

die topografiese kaart.

__________________________________________________________
(2 x 1) (2)

2.1.3 Die toeris wil die Voortrekker Wagon-staproete in blok F6 stap en 'n
kompas gebruik. Bereken die magnetiese afwyking vir 2018.
Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word. Dui
die maateenheid duidelik in jou finale antwoord aan.

Verskil in jaar: ______________________________________________

Gemiddelde jaarlikse verandering: ______________________________

Totale verandering: __________________________________________

Magnetiese deklinasie vir 2018: ________________________________

________________________________
(5 x 1) (5)

2.2 Verwys na die Voortrekker Wagon-staproete in blok F6 op die topografiese

kaart.

2.2.1 Noem die otofotokaartindeks/-kode wat die toeris sal gebruik wanneer
hy/sy die Voortrekker Wagon-staproete stap.

____________________________________________________________
(1 x 1) (1)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 8 DBE/November 2018
NSS

2.2.2 Bereken die gemiddelde gradiënt tussen kontoerlyn O (hoogte 820 m) en

die peilbaken by P op die topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge.
Punte sal vir berekeninge toegeken word.

vertikale interval (VI)

Formule: Gemiddelde gradiënt =
horisontale ekwivalent (HE)

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________
(5 x 1) (5)

2.2.3 Beskryf die kronkelroete van die Voortrekker Wagon-staproete vanaf die
beginpunt by O tot by die peilbaken by World's View.

___________________________________________________________

___________________________________________________________

___________________________________________________________
(2 x 1) (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 9 DBE/November 2018
NSS

2.3 Verwys na hoogtemerk 1060.9 by Q in blok D4 en punthoogte 1106 by R in

blok C6 op die topografiese kaart. Die dwarssnitte hieronder verteenwoordig die
lyn tussen Q en R.

Q R

Q R

2.3.1 Pas deursnitte X en Y by die vertikale vergrotings hieronder.

25 keer: ___________________________________________________

6,25 keer: _________________________________________________

(2 x 1) (2)

2.3.2 Verduidelik hoe die vertikale vergroting van dwarssnitte die interpretasie
van die landskap sal vergemaklik.

___________________________________________________________

___________________________________________________________

___________________________________________________________
(2 x 1) (2)
[20]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 10 DBE/November 2018
NSS

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1 Die valleibodem by gebied M op die topografiese kaart ervaar vroegoggend in

die winter ryp.

3.1.1 Benoem die plaaslike/tersiêre wind wat vir die vorming van ryp
verantwoordelik is.

__________________________________________________________
(1 x 1) (1)

3.1.2 Verduidelik hoe die wind wat in VRAAG 3.1.1 genoem is, ryp veroorsaak.

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________
(2 x 2) (4)

3.2 Verwys na helling 5 (lae-inkomste residensiële gebied) en helling 6 (hoë-

inkomste residensiële gebied) op die ortofotokaart.

3.2.1 Verduidelik hoe hellingsaspek die standplaas van die hoë-inkomste

residensiële gebied by 6 bepaal het.

___________________________________________________________

___________________________________________________________

___________________________________________________________
(1 x 2) (2)

3.2.2 Gee EEN rede, sigbaar op die ortofotokaart, wat die ligging van die lae-
inkomste residensiële gebied by helling 5 bepaal het.

___________________________________________________________

___________________________________________________________
(1 x 2) (2)

3.2.3 Stel voor hoe natuurlike plantegroei die grondwaardes van residensiële
gebiede 5 of 6 kon beïnvloed het.

___________________________________________________________

___________________________________________________________

___________________________________________________________
(1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 11 DBE/November 2018
NSS

3.3 Verwys na die Mabanerivier en die Gordon Falls (Gordon-waterval) in blok H2 op

die topografiese kaart. Direk stroomop van die Gordon Falls kronkel die rivier en
direk stroomaf van die Gordon Falls vloei die rivier reguit. Verduidelik die redes
vir die verskil in die stroomkanaalpatrone van die Mabanerivier soos hierbo
genoem.

________________________________________________________________

3.4 Is die inkopiesentrum by 7 op die ortofotokaart 'n buurtinkopiesentrum of 'n

streekswinkelsentrum? Gee 'n rede vir jou antwoord.

Antwoord: ______________________________________________________

Rede: __________________________________________________________

__________________________________________________________
(1 + 2) (3)

3.5 Is die nywerhede by Willowton by 8 op die ortofotokaart markgeoriënteerd of

grondstofgeoriënteerd? Gee 'n rede vir jou antwoord.

Antwoord: _______________________________________________________

Rede: __________________________________________________________

__________________________________________________________
(1 + 2) (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 12 DBE/November 2018
NSS

3.6 Die steengroef by S in blok D4 op die topografiese kaart is langs die Leonard
residensiële gebied geleë. Stel EEN sosiale geregtigheid en EEN sosiale
ongeregtigheid voor wat die inwoners van Leonard as gevolg van die steengroef
kan ervaar.

Sosiale geregtigheid: ______________________________________________

______________________________________________

Sosiale ongeregtigheid: ____________________________________________

____________________________________________
(2 x 2) (4)
[25]

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

4.1 Verwys na blok D8 op die topografiese kaart.

4.1.1 Noem die tipe vektordata wat in blok D8 gebruik is om die sekondêre pad
aan te dui.

__________________________________________________________
(1 x 1) (1)

4.1.2 Verduidelik die toepaslikheid daarvan om vektordata op die topografiese

kaart te gebruik.

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________
(1 x 2) (2)

4.2 Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

4.2.1 Is skaal 'n voorbeeld van attribuut- of ruimtelike data?

__________________________________________________________
(1 x 1) (1)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Geografie/V2 13 DBE/November 2018
NSS

4.2.2 Verduidelik die toepaslikheid van skaal tydens 'n geografiese

navraag/probleem, bv. 'n moontlike veldbrand in blok D8 op die
topografiese kaart.

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________
(1 x 2) (2)

4.2.3 Hoe kan die skaal van die topografiese kaart en die ortofotokaart
gemanipuleer word om integrasie van die twee kaarte te vergemaklik?

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________
(1 x 2) (2)

4.3 Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart. Die statistiek hieronder
verwys na geselekteerde woonbuurte in Pietermaritzburg en die persentasie (%)
toename in misdaadvlakke van 2015 tot 2016.

PERSENTASIE (%) TOENAME IN MISDAADVLAKKE

TIPE MISDAAD WOONBUURTE
Townhill Mountain Rise Plessislaer
(F7) (F1) (I6)
Huisbraak 18,6% 11,3% 23,4%
Motorskakings 100% 177,8% 36,4%
[Aangepas uit SAPD misdaadstatistiek 2015–16 deur Theuns Kruger, Graphic 24]

4.3.1 Noem EEN manier waarop die data hierbo ingesamel kon word.

__________________________________________________________
(1 x 1) (1)

4.3.2 Is die inligting in die tabel hierbo primêre data of sekondêre data?

__________________________________________________________
(1 x 1) (1)

4.3.3 Watter tipe misdaad het die hoogste persentasie toename in hierdie
voorstede getoon?

__________________________________________________________
(1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geografie/V2 14 DBE/November 2018
NSS

4.3.4 Verduidelik waarom dit vir die welstand van die gemeenskap in
Pietermaritzburg belangrik is om hierdie statistiek te ontleed.

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________
(2 x 2) (4)
[15]
TOTAAL: 75

Kopiereg voorbehou
Geografie/V2 15 DBE/November 2018
NSS

ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: Moet NIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE]

Kopiereg voorbehou

You might also like