Gaan na inhoud

Dagga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Dagga
Vroulike Cannabis sativa plant wat blom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. sativa
Binomiale naam
Cannabis sativa
Subspesie

C. sativa L. subsp. sativa
C. sativa L. subsp. indica

Daggablare
'n Daggaplant wat blom.
Sewe ton se gekonfiskeerde dagga.
Poolse marijuana
Wêreldwye wette op die besit van klein hoeveelhede dagga: ██ Wetlik of essensiël wetlik ██ Onwettig maar gedekriminaliseer ██ Onwettig maar dikwels nie vervolg nie ██ Onwettig ██ Geen inligting beskikbaar nie
Wêreldwye regstatus van dagga vir mediese doeleindes: ██ Wettig soos deur 'n geneesheer gemagtig ██ Wettig vir enige gebruik (geen voorskrif nodig nie)

Dagga (ook bekend as cannabis of marijuana) is 'n geharde struikagtige plant wat byna oral kan groei. Dit kom voor in streke met 'n warm, vogtige klimaat, soos die Transkei en KwaZulu-Natal. Dagga sluit 3 spesies in: Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hierdie 3 daggaspesies is inheems aan Sentraal-Asië en Suid-Asië. Dagga is vir dekades gebruik vir vesel, saad, saadolie, rekreasie en ook vir medisinale doeleindes.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Dagga is 'n eenjarige blomdraende kruid en is geslagtig, maar kan ook tweeslagtig word onder stres. Die plant vorm 'n bos en die grootte kan wissel na gelang van temperatuur, reënval, samestelling van die grond en weens die plant se gene. Die blare van die daggaplant kan groen, groen-bruin en pers van kleur wees en die blare groei in ongelyke getalle van 3 blare tot 11 blare per vertakking en is gewoonlik digby die stam van die plant. Dagga groei maklik in swak toestande en word gewoonlik tussen ander gewasse in klowe van berge geplant. Bestuiwing vind met behulp van wind plaas.

Na tabak en drank word dagga die mees algemeen in Suid-Afrika gebruik.

Samestelling van dagga

[wysig | wysig bron]

Die daggaplant bevat 113 cannabinoïde en verskeie terpene. Dagga bevat geen teer. Die aktiewe bestanddeel, delta-9-tetrahidrocannabinol (THC) is die dekarbilose van THC-suur (THCA). THC is kompleks en word stadig deur die liggaam opgeneem. Dit neem omtrent tussen 7 en 30 dae vir die liggaam om THC af te breek en uit te skei.

Die menslike liggaam, die endo-cannabinoïdsisteem en dagga

[wysig | wysig bron]

Die menslike liggaam is ontwerp met 'n voledige cannabinoïdsisteem. Cannabinoïde wat deur die menslike liggaam vervaardig word, word endo-cannabinoïde genoem.

Die menslike liggaam het cannabinoïdreseptore waarmee die cannabinoïde soos bv. THC en CBD kan bind om funksies van die liggaam te bevorder soos byvoorbeeld honger reguleer, 'n voorbeeld daarvan word getoon deur die endo-cannabinoïde wat in borsmelk voorkom, wat 'n baba se eetlus bevorder.[1] Hierdie reseptore word orals in die liggaam gevind, in die brein, vel en verskeie organe.

Ongeag van die metode van gebruik is die aksie en uitwerking van die cannabinoïde dieselfde. Die cannabinoïde vind hul pad in die bloedstroom in en gaan selfs verby die bloed-breinskans waar dit dan koppel met CB1- en CB2-reseptore in die brein. Dit is hierdie koppeling wat verantwoordelik is vir die euforie wat slegs kan plaasvind wanneer THCA[2] (suur) verhit word om dit te omskep in psigo-aktiewe THC. Dit wil sê, om dit moontlik te maak vir THC om te bind met die reseptore moet die THCA in die plantmateriaal eers verhit of verbrand word om in sy psigo-aktiewe vorm, THC, voor te kom. Dus kan 'n mens nie hoog word as jy rou dagga sou in neem deur dit te eet of drink nie.[3]

Name vir dagga

[wysig | wysig bron]

Van die straatname vir dagga sluit in:

  • Parkiegras
  • Toebroodjies
  • Aaptwak
  • Insangu
  • Mbjane
  • Marijuana
  • Zol
  • Skyf
  • Peperskyf
  • Joint
  • Weed
  • Grass
  • Shit
  • Pot
  • Boom
  • Ghanja
  • Dope
  • Hash
  • Smoke
  • Hemp
  • Green Gold (verwys na afstammeling)
  • Malawi Gold (verwys na afstammeling)
  • Mabange
  • Majat (verwys na lae-kwaliteit dagga)
  • Lebake
  • Durban Poison (verwys na afstammeling)
  • Poison (verwys na 'Durban Poison')
  • Congo Black
  • Giggelgras
  • Insperasie-spinasie
  • Lagtwak
  • Rondkyk-Rothmans
  • Parkiegras
  • Papegaaislaai
  • Devil's lettuce
  • Birthday Cake
  • Stardog
  • New York City Diesel
  • Kaas
  • Zkittels
  • Jungle Boys
  • Cookies

Redes vir gebruik

[wysig | wysig bron]

Stres, slapeloosheid en ander medisinale waarde, soos om pyn ná operasies te verlig. Die Chinese het al 5 000 jaar gelede dagga in kruiemedisyne gebruik.[4]

Verkope van dagga

[wysig | wysig bron]

Dagga word in die volgende vorms verkoop:

  • 'n Stop dagga
  • 'n Vinger dagga
  • 'n Pakkie (Parcel) (koerant met dagga in)
  • 'n Vuurhoutjiedosie dagga
  • 'n Banksakkie vol dagga (bankies)
  • 'n Streepsak vol dagga

Dagga verkoop vir tussen ongeveer R50,00 tot R500,00 per gram en die pryse wissel vanaf R1,00 vir ’n stop tot R2 000,00 vir ’n streepsak van 20 kg. Dagga word gewoonlik gerook, as daggakoekies geëet of as tee gedrink.

’n Algemene gebruik in Suid-Afrika is om dit deur ’n bottelnek te rook. Die nek van ’n drankbottel word afgeslaan en 'n filter, bekend as ’n "bottelnek", word van opgerolde papier gemaak. Die filter word dan in die mond van die bottelnek geplaas met die dagga bo-op. Persone wat dagga deur ’n bottelnek rook se hande word gewoonlik geelbruin gevlek, en swart as dit saam met ander middels gebruik word.

Effekte van dagga

[wysig | wysig bron]

Dit neem slegs ’n paar minute om ’n uitwerking op die persoon te begin hê. Dagga lei tot 'n matige euforie wat tot twee ure kan duur. Dit kan ook tot verskerpte persepsie, giggel, moontlike angstigheid en soms vervolgingswaan lei, as gevolg van streng daggawetgewing.

Fisiese effekte sluit in dors, eetlus, verhoging in hart- en polsslag (nie noodwendig nie), 'n droë mond en rooi oë afhangede van die stam waarvan die dagga afkomstig is.

THC word in die vetweefsel van die liggaam geberg en stadig vrygestel vir tot ’n maksimum van twee maande na inname. Die meeste vetselle in die liggaam kom in die brein en geslagskliere voor. Dagga kan tot drie weke na gebruik nog in die liggaam opgespoor word.

Die uitwerking van die dagga kan dramaties wees vir mense wat aan psigiatriese probleme ly. Alhoewel die aantal mense wat wêreldwyd dagga gebruik daagliks groei is daar geen toename in daggaverwante psigiatriese siektes nie.

Gevolge van daggagebruik

[wysig | wysig bron]

Van die gevolge van daggagebruik sluit in:

  • Onvermoë om afstand en tyd te skat
  • Oormatige aggressie in kombinasie met alkohol
  • Ernstige skade aan die asemhalingstelsel
  • Skade aan longe: longkanker en keelkanker
  • Versteuring van die vroulike hormone
  • 40% hoër kans by tieners om breinskade op te doen
  • Tieners wat dagga gebruik dink drie keer meer aan selfmoord as ander tieners
  • Versteuring van die liggaam se immuunstelsel
  • Afname in die seksdrang; onvrugbaarheid
  • Verlaagde of verhoogde eetlus
  • Skade aan die ongebore baba indien ’n swanger vrou dit rook

Wetlike aspekte

[wysig | wysig bron]

Alhoewel lande soos Noord-Korea geen wetgewing toepas teen dagga nie, is daar weer ander lande soos Thailand waar daggasmouse en -verbruikers die doodstraf opgelê kan word vir die gebruik of besit van dagga.

In Suid-Afrika was die wet op Dwelms en Dwelmhandel (Wet 140 van 1992) dat alle dele van die daggaplant onwettig is, insluitend die saad, blare, vrug sowel as meeste van die cannabinoïde wat in die daggaplant voorkom.

Toe as 'n persoon dagga kommersieel groei of daarmee handel dryf, kon die hof so ’n persoon ’n swaar boete of gevangenisstraf van tot 15 jaar oplê.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het op 31 Maart 2017 beslis dat volwassenes in die privaatheid van hulle eie huis dagga mag besit, kultiveer en gebruik. Die hof het toe beslis dat die parlement 24 maande gegun word om die wetgewing aan te pas.[5]

Rehabilitasie

[wysig | wysig bron]

Die onttrekkingsimptome van dagga is nie soos dié van persone wat heroïen of ander dwelms soos drank en tabak misbruik nie.

Dagga kan 'n psigologiese en fisiologiese onttrekkingsimptome toon.

Ligte gebruikers van dagga ondervind weinig onttrekkingsimptome.

Die meeste verbruikers van dagga wat rehabilitasie ontvang was deur die staat verwys waar die hof die verbruiker skuldig bevind het aan die besit van dagga en was rehabilitasie deur die beskuldigde bo tronkstraf gekies. Baie min verbruikers is enigsings verslaaf aan dagga.

Mense wat voel hul is verslaaf aan dagga kan by die volgende bronne om hulp aanklop:

  • Familie
  • Vriende
  • Narkotikaburo
  • Drugwise-sentrum
  • SANRA-kantoor
  • Alkoholiste Anoniem
  • Maatskaplike dienste
  • Munisipale gesondheidskliniek
  • Heilsleër
  • Apteker
  • Dagga-unie van Suid-Afrika [6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Endocannabinoid system
  2. "Leaf Science – What is THCA". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2017. Besoek op 21 Augustus 2017.
  3. "Leaf Science – Raw Cannabis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2017. Besoek op 21 Augustus 2017.
  4. Medisinale nut van dagga getoets[dooie skakel], Beeld, 21 Augustus 2003
  5. "News24: Dagga can be used in the home, Western Cape High Court rules" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 April 2017.
  6. Dagga-unie van Suid-Afrika

Eksterne bronne

[wysig | wysig bron]