Gaan na inhoud

Musée d'Orsay

Koördinate: 48°51′36″N 2°19′37″O / 48.86000°N 2.32694°O / 48.86000; 2.32694
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Musée d'Orsay
'n Beeld van die museum.
Die museum se hoofsaal

Plek Parys
Land Frankryk
Openingsjaar 1986
Tipe museum Kunsmuseum
Webtuiste www.musee-orsay.fr

Die Orsay-museum (Frans: Musée d'Orsay) is 'n groot museum in die hart van Parys, Frankryk op die linkeroewer van die Seinerivier. Dit is ook een van die grootste kunsmuseums in Europa. Die gebou was voorheen die Orsay-treinstasie (Frans: ''Gare d'Orsay''), wat tussen 1898 en 1900 in 'n Beaux-Arts argitektoniese styl gebou is. Hierdie museum beskik meestal oor Franse kunswerke wat tussen 1848 en 1914 gedateer is, insluitend skilderye, beeldhouwerke, meubels en foto's. Die museum het die grootste versameling impressionistiese en post-impressionistiese meesterstukke in die wêreld, onder andere deur skilders soos Berthe Morisot, Claude Monet, Édouard Manet, Degas, Renoir, Paul Cézanne, Seurat, Sisley, Paul Gauguin, Gustave Courbet en Vincent van Gogh. Baie van hierdie kunswerke was voor die Orsay-museum se opening in 1986 in die Jeu de Paume-galery gehuisves.

In 2022 het die museum 3,2 miljoen besoekers gehad, teenoor 1,4 miljoen in 2021. Dit was die sesde mees besoekte kunsmuseum in die wêreld in 2022 en die tweede mees besoekte kunsmuseum in Frankryk, naas die Louvre.[1][2]

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Art Newspaper", March 27, 2023
  2. [1] Franceinfo Culture, 5 January 2023

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

48°51′36″N 2°19′37″O / 48.86000°N 2.32694°O / 48.86000; 2.32694