Gaan na inhoud

Stephenson 2-18

Koördinate: Sky map 18h 39m 02.3709s, −-06° 05′ 10.5357″
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stephenson 2-18
St2-18 en sy sterreswerm, Stephenson 2 (links bo), soos gesien deur 2MASS.
St2-18 en sy sterreswerm, Stephenson 2 (links bo), soos gesien deur 2MASS.
Sterrebeeld Skild
Spektraaltipe ~M6[1]
Soort Rooisuperreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 18h 39m 02.3709s[2]
Deklinasie -06° 05′ 10.5357″[2]
Skynmagnitude (m) Nie sigbaar
Besonderhede
Radius (R) 2 150[3]
Ligsterkte (L) 437 000[3]
Temperatuur (K) 3 200[3]
Afstand (ligjaar) 18 900[4]
Ander name
Stephenson 2 DFK 1, RSGC2-18, 2MASS J18390238-0605106, IRAS 18363-0607
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Stephenson 2-18 (St2-18), ook bekend as Stephenson 2 DFK 1 of RSGC2-18, is ’n rooisuperreusester in die sterrebeeld Skild. Dit lê naby die oop sterreswerm Stephenson 2, wat sowat 20 000 ligjare van die Son af is en is vermoedelik een van ’n groep sterre op min of meer dieselfde afstand. Dit is een van die grootste bekende sterre, indien nie die grootste nie, en een van die rooisuperreuse met die grootste ligsterkte. Dit het ’n geraamde radius van sowat 2 150 keer die Son s'n, wat beteken sy volume is amper 10 miljard keer dié van die Son. As dit in die Sonnestelsel geplaas sou word, sou sy fotosfeer verby Saturnus se wentelbaan strek.

Waarneming

[wysig | wysig bron]
’n Vergelyking van die groottes van die geëvolueerde rooisuperreus Stephenson 2-18, die uiterse hiperreus VY Canis Majoris en die helder rooisuperreus UY Scuti.

Die oop sterreswerm Stephenson 2 is in 1990 deur die Amerikaanse sterrekundige Charles Bruce Stephenson ontdek in data wat in ’n diepinfrarooi-opname verkry is.[5][6] Die swerm, ook bekend as RSGC2, is een van verskeie massiewe oop swerms in die Skild wat elk verskeie rooisuperreuse bevat.[7]

Die helderste ster in die omgewing van die sterreswerm het die aanwyser 1 gekry in die eerste ontleding van die lede van die swerm. Dit word egter nie as lid van Stephenson 2 beskou nie omdat dit ’n entjie daarvan lê en vanweë sy buitengewone ligsterkte en effens ongewone eiebeweging.[5] In ’n latere studie het dié ster die aanwyser 18 gekry en is dit toegewys aan ’n ander groep sterre bekend as Stephenson 2 SW – dit is vermoedelik op dieselfde afstand van ons af as die eerste swerm.[8]

Die afkorting St2-18 (vir Stephenson 2-18) word dikwels gebruik na aanleiding van die nommerstelsel van Deguchi (2010).[3][8] Om verwarring daarvan te verminder dat dieselfde nommer vir verskillende sterre en verskillende nommers vir dieselfde ster gebruik word, kry name van Davis (2007) dikwels die voorvoegsel DFK of D by,[7] byvoorbeeld Stephenson 2 DFK 1.[9]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

St 2-18 toon die eienskappe van ’n uiterse rooisuperreus met ’n groot ligsterkte en van spektraaltipe M6, wat ongewoon vir ’n superreus is.[1] Dit plaas die ster in die boonste regterkantse hoek van die Hertzsprung-Russell-diagram.

Die ster het ’n geraamde ligsterkte van amper 440 000 L en ’n effektiewe temperatuur van 3 200 K, wat ooreenstem met ’n baie groot radius van 2 150 R – dit is aansienlik groter en helderder as teoretiese modelle van die grootste en helderste moontlike rooisuperreuse (onderskeidelik rofweg 32 000 L en 1 500 R).[10][3] As die ster as deel van die sterreswerm beskou word, word ander waardes verkry.[8][4]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Negueruela, I.; González-Fernández, C.; Dorda, R.; Marco, A.; Clark, J. S. (2013). "The population of M-type supergiants in the starburst cluster Stephenson 2". Eas Publications Series. 60: 279. arXiv:1303.1837. Bibcode:2013EAS....60..279N. doi:10.1051/eas/1360032. S2CID 119232033.
  2. 2,0 2,1 Brown, A. G. A.; et al. (Gaia collaboration) (Augustus 2018). "Gaia Data Release 2: Summary of the contents and survey properties". Astronomy & Astrophysics. 616. A1. arXiv:1804.09365. Bibcode:2018A&A...616A...1G. doi:10.1051/0004-6361/201833051.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 Fok, Thomas K. T; Nakashima, Jun-ichi; Yung, Bosco H. K; Hsia, Chih-Hao; Deguchi, Shuji (2012). "Maser Observations of Westerlund 1 and Comprehensive Considerations on Maser Properties of Red Supergiants Associated with Massive Clusters". The Astrophysical Journal. 760 (1): 65. arXiv:1209.6427. Bibcode:2012ApJ...760...65F. doi:10.1088/0004-637X/760/1/65. S2CID 53393926.
  4. 4,0 4,1 Humphreys, Roberta M.; Helmel, Greta; Jones, Terry J.; Gordon, Michael S. (2020). "Exploring the Mass Loss Histories of the Red Supergiants". The Astronomical Journal. 160 (3): 145. arXiv:2008.01108. Bibcode:2020AJ....160..145H. doi:10.3847/1538-3881/abab15. S2CID 220961677.
  5. 5,0 5,1 Davies, B.; Figer, D. F.; Kudritzki, R. P.; MacKenty, J.; Najarro, F.; Herrero, A. (2007). "A Massive Cluster of Red Supergiants at the Base of the Scutum‐Crux Arm". The Astrophysical Journal. 671 (1): 781–801. arXiv:0708.0821. Bibcode:2007ApJ...671..781D. doi:10.1086/522224. S2CID 1447781.
  6. Stephenson, C. B. (1990). "A possible new and very remote galactic cluster". The Astronomical Journal. 99: 1867. Bibcode:1990AJ.....99.1867S. doi:10.1086/115464.
  7. 7,0 7,1 Negueruela, I.; González-Fernández, C.; Marco, A.; Clark, J. S.; Martínez-Núñez, S. (2010). "Another cluster of red supergiants close to RSGC1". Astronomy and Astrophysics. 513: A74. arXiv:1002.1823. Bibcode:2010A&A...513A..74N. doi:10.1051/0004-6361/200913373. S2CID 118531372.
  8. 8,0 8,1 8,2 Deguchi, Shuji; Nakashima, Jun-Ichi; Zhang, Yong; Chong, Selina S. N.; Koike, Kazutaka; Kwok, Sun (2010). "SiO and H2O Maser Observations of Red Supergiants in Star Clusters Embedded in the Galactic Disk". Publications of the Astronomical Society of Japan. 62 (2): 391–407. arXiv:1002.2492. Bibcode:2010PASJ...62..391D. doi:10.1093/pasj/62.2.391. S2CID 24396370.
  9. Verheyen, L.; Messineo, M.; Menten, K. M. (2012). "SiO maser emission from red supergiants across the Galaxy . I. Targets in massive star clusters". Astronomy & Astrophysics. 541: A36. arXiv:1203.4727. Bibcode:2012A&A...541A..36V. doi:10.1051/0004-6361/201118265. S2CID 55630819.
  10. Emily M. Levesque; Philip Massey; K. A. G. Olsen; Bertrand Plez; et al. (Augustus 2005). "The Effective Temperature Scale of Galactic Red Supergiants: Cool, but Not As Cool As We Thought". The Astrophysical Journal. 628 (2): 973–985. arXiv:astro-ph/0504337. Bibcode:2005ApJ...628..973L. doi:10.1086/430901. S2CID 15109583.

Skakels

[wysig | wysig bron]